Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Derde verdieping. Die karakter van die verstandsontwikkeling in ooreenstemmende vorme en kleure

36 Ons het ook hierdie vierde galery oftewel die derde verdieping bereik. Dat hier alles nou nog baie keer heerliker en verhewener is as op die vorige verdieping, hoef nouliks vermeld te word.

2 `n Blik in hierdie galery, wat vlammend straal in duisend skitterende kleure, laat ons kristalhelder sien van welke onuit­spreeklike skoonheid hierdie vierde galery is; die eienaardige bak in die dekoratiewe pilare verdien egter ekstra aandag. Bekyk hom eens goed van alle kante, en dan sal julle ten slotte moet sê: Waarlik, dit lyk eerder soos `n skip as na een of ander blombak. Tog is hierdie bak, wat soos `n skip lyk, gevul met rooiagtige-blou glinsterende aarde, waaruit `n pragtige boom in die middel van die bak groei. Sy stam is verblindend wit en glad soos gepolyste silwer, terwyl die takke en blare baie na die takke en blare van `n vyeboom op aarde lyk; die takke is slegs glansend rooi soos koraal op die bodem van die see en die blare is blougroen, aan die rande met klein goudglansende strokies afgewerk en bokant die blare vertoon waarlikwaar al knoppe, waarvan daar enkeles op die punt staan om oop te breek.

3 Die skeepsvormige bak blyk wel om uit ligrooi goud te bestaan en is aan die rand buitengewoon sierlik omgewe deur `n betreklike stewig, van deursigtige goud gemaakte hekwerk, waaruit klein, na binne toe gebuigde pypies loop wat, soos te sien is, die aarde in die bak druppelsgewys met water vogtig hou. Die water het `n aangename geur soos van die allerfynste nardusolie. Die vloer van die versierde pilaar blyk van dieselfde materiaal gemaak te wees as die van die groot binneplaas tussen die drievoudige rondegang en die sentrale hoofgebou, want oral waar mens ook maar heen kyk, golf en dein die oppervlak voortdurend en tog weet ons verseker dat dit vas is.

4 Merkwaardig is bowendien nog die afsonderlike pilare se dekorasies. Hulle kleur is liggrys, maar deursigtig en in die middel van elke pilaar lyk iets ligrooi soos `n soort rooi deursigtige vloeistof in gedraaide buise wat op en af gaan, en dit is wat die pilare `n besondere, merkwaardige verhewe aansien gee. Nog merk­waardiger is dat al die ander versierde pilare in alles volkome na mekaar lyk. Oral staan daar in die middel so 'n skeepsvormige bak met `n boom en oral ontdek ons in die middel van die pilare gedraaide buise, waarin `n gelyksoortige rooi vloeistof op en af gaan. So is die wenteltrappe binne so 'n versierde pilaar hier blykbaar ietwat steiler as in die vorige en dit lyk of hulle uit `n materiaal bestaan wat lyk soos ons donkergroen glas, met die verskil dat die glas op aarde geen eie lig het en dus ook nie in staat is om met so 'n lewendige kleur as`t ware vanuit homself te gloei nie.

5 Dit is korrek, my liewe vriende en broeders, maar wat mag dit alles wel beteken? Ons sal nie lank daaromheen draai nie, maar reg op ons doel afgaan.

6 Ons het al in die vorige galery oor die boom in hierdie skeepvormige bak te wete gekom en dat hy uit die vaas vandaar na hier oorgeplant is, nadat hy die korrekte grootte daar bereik het. Wat gebeur daar egter hier met hom as hy ook hier vir hierdie bak te groot word? Lane soos hierdie het ons al lankal verbygegaan. Wanneer die boom hier vrug gedra het, dan word die vrugte versamel en word dit sonder veel moeite na buite in die lane en die ander boomgroepe geplaas, waar hy dan voortdurend kan bloei en oorvloedig vrugte kan dra. En het hy daar eenmaal sy diens gedoen, dan plaas mens sy hout, takke en blare op die altaar wat julle dan eerste in die laan gesien het. Op die altaar word dit aangesteek en dus aan God geoffer. Dit is dus die lot van die boom, - maar ons het nog die bak voor ons.

7 Waarom het dit dan die vorm van `n skip? Omdat die skip ook hier op die hemelliggaam `n draende vaartuig oor die water­oppervlak is. Om aan te gee dat die boom nog nie hier kan bly nie, word so `n bak aan hom gegee. Die golwende vloer stel skynbaar nog ongeskikte grond voor, waarop mens hom nog nie kan vestig nie. Die grys kleur van die pilare dui op die weemoed oor die nog nie-bestendige lewe van die boom en die rooi, bewegende sap in die gedraaide buise gee aan, dat die waaragtige lewe moet bruis te midde van alle uiterlike vastigheid, net so goed as die uiterlike lewe vas en bestendig moet wees vir die konstante, duursame dra en die vrye beweging van die innerlike lewe. Dit is dus die betekenis van die vorm en die geaardheid van die pilare van so 'n versierde pilaar.

8 Die ietwat steiler omhooggaande trap beteken dat die vooruitgang op onvaste grond moeiliker is en dikwels meer teëgehou word as wanneer mens sy treë oor die vaste land kan rig. Nog begrypliker gesê, beteken die ietwat steiler omhooggaande trap dat die mens, wanneer hy eenmaal `n selfstandige mora­listiese wese geword het, deur die druppels van die insig moeiliker voor- en opwaarts kom, soos dit vir hom getoon word deur die maklik op- en neerwaartse bewegende rooi sap in die middel van die pilaar, waardeur vir die mens, nog ietwat verskuil, maar tog begryplik genoeg aangegee word, welke weg vir die bereiking van die ware lewensvlak die mees voordeligste en die minste belemmerend is.

9 Deur die buisies wat vanaf die hekwerk van die skeepvormige bak na binne buig, sien ons druppels val om die aarde vogtig te hou, maar in die middel van die pilare styg `n ononderbroke hoeveelheid sap voortdurend op en af. Wat beteken dit? Die druppels uit die buisies is die insig van buite af; hulle is in `n sekere sin nooit `n geheel nie, maar altyd van mekaar geskei. Daardeur word die uiterlike lewensvorm ook meestal ontwikkel, maar nie die innerlike, eenvoudige essensiële lewe nie.

10 So word die mens ook weliswaar baie goed deur allerlei kennis ontwikkel, maar bly hy by al sy hoogontwikkelde geleerdheid `n versnipperde, en nie `n tot eenheid gevormde mens. As sodanig lyk hy soos `n boom wat in `n skip groei, waarin hy nog geen vastig­heid het en op hierdie manier nog nie daar kan bly nie. Die beste vir hom is, dat hy aan die baie bont takkies van sy uiterlike kennis goeie vrugte dra; dit word behou, die boom egter nie. Maar die pilaar wat in haar middel `n verenigde lewe laat bruis, bly steeds voortbestaan soos `n vaste, skitterende steunpilaar vir die dra van die ryk van God.

11 Kyk, dit alles word deur so `n versierde pilaar, wat hom voor ons in hierdie vierde galery bevind, uitgebeeld, en daarom kan julle uit hierdie kennis baie maklik die gevolgtrekking trek dat die mense, wat hulle geboue so in ooreenstemming met die lewe uitvoer, sekerlik besonder wys moet wees. Daarvan getuig ook hulle stralende skoonheid. Hierdie mense wat in hierdie vierde galery woon, is ook in ooreenstemming met alles wat julle hier sien. Hulle is buitengewoon wys en mooi en dit in nog `n hoëre mate as al die ander wat ons tot nou toe gesien het.

12 Daarom sal ons ook nie na hulle kyk nie, omdat hulle aanblik julle eerder sou skaad as goed doen, want soos ek al gemerk het, moet julle eers deur die beskouing van die groot prag en wysheid van die sentrale hoofgebou as`t ware afgestomp raak. Eers dan sal julle in staat wees om ook die mense, wat in baie duisende in die enorme gebou woon, in oënskou te neem. En dus sal ons onsself dadelik weer omhoog na die vierde verdieping, oftewel die vyfde galery, begewe en daar weer nuwe prag, heerlikheid en wysheid van hierdie mense aanskou. Laat ons dan nou langs hierdie ietwat steiler trap na bo gaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205