Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Absolute wysheid nie geskik vir `n nog gebonde gees nie

43 Soos wat ek kan sien, het julle die sierstuk vol oorgawe in oënskou geneem en het dit as`t ware van atoom tot atoom baie intensief bekyk. Daarom sal dit nou ook nie vir julle moeilik wees om alles daarvan oor te vertel en dit presies so te beskryf soos wat julle dit gesien het nie. Julle kan dus dadelik met die beskrywing van die sierstuk begin. Maar volgens wat dit vir my lyk, is julle nog nie met die ondersoek klaar nie. Wat is daar dan aan die ornament wat julle blik so seer gevange hou? Is dit die ornament self of is dit die onderdele?

2 Ek merk nou egter wel deeglik waarom julle maar bly kyk. Die ornament van die pilaar verander voortdurend en vanweë die steeds nuwe verskyningsvorme kan julle nie iets daaruit wys word nie. Ja, ja, die ornament is `n ware kaleidoskoop, waarin ander vorme ook met elke draai verskyn en die vorige nie meer terugkom nie. Ek sê dan ook vir julle: 

3 Dit sal julle weinig baat: Ook al sou julle die ornament `n hele ewigheid bekyk, dan sou julle tog nooit tot `n uiteindelike vorm kom nie, maar in plaas van die verdwyning, steeds nuwe en ook vreemder vorme te siene kry. Beskryf daarom net dit aan die ornament wat konstant daaraan te siene is en laat die wisseling van die vorme binne-in maar agterweë. Dus, waaruit bestaan dit dan?

4 Julle sê nou: Liewe vriend en broeder, die ornament op sigself is hoogs eenvoudig vir sover ons dit as geheel in oënskou kan neem. In `n baie eenvoudige goue ring met `n deursnee van ruim twee klafter is `n glasbol aangebring, ongeveer op die manier soos `n hemel- of aardhuls binne `n beweegbare as tussen twee kussingblokke, by ons op aarde. Die bal draai voortdurend binne hierdie groot ring, wat hy byna heeltemal opvul. Die ring is nêrens meer vanaf die grond bevestig nie, maar hang aan `n massiewe goue koord, wat met sterre ingeplaas is vanaf die plafon tot op manshoogte omlaag. By die minste draaibeweging merk mens in hierdie deursigtige glasbol voortdurend nuwe vorme wat ook deursigtig, maar tog bont gekleurd is, en die vorme is dikwels so bekoorlik dat mens nie uitgekyk raak daarna nie. Maar sodra `n mens `n vorm met sy oë wil vashou om hom te beskrywe, is hy nie meer aanwesig nie en `n ander een, wat geen gelykenis met die vorige toon nie, neem sy plek in en so hou dit voortdurend aan.

5 Maar wanneer mens dink dat daar, wanneer die bol homself met sy gordel, weer op dieselfde punt sal bevind, waar mens by `n vorige rotasie `n bepaalde vorm gesien het, weer presies dieselfde vorm tevoorskyn sou kom, dan het mens hom deeglik vergis, want van `n vorm wat mens eenmaal gesien het, het ten minste tot nou toe, nie die allerminste spoor voor ons oë opgedoem nie. Dit is, beste vriend en broeder, al wat ons as hoogs merkwaardig aan die vreemde ornament gevind het.

6 Dat ook die ander versierde pilare presies dieselfde ornament het, kan ons vanaf die punt baie goed sien. Daarom bly hier slegs die vraag; wie draai hierdie bal voortdurend om sy as en wat beteken dit, en wat is die betekenis van die hele ornament?

7 My liewe vriende en broeders, kyk, daar hang alweer aan die ornament so 'n fatale, absolute brokkie wysheid, waarvan daar met julle insig bepaald nie al te veel afgeknibbel sal word nie. Die rotasie van hierdie bal is op sigself wel maklik te verklaar en te begryp.

8 Wanneer julle nou weet dat hierdie groot, volkome ronde buisvormige ring inwendig hol is en daar op die plek waar die as van die bal in die ring steek, `n buitengewone knap berekende meganisme aangebring is wat as `n ware "perpetuum mobile" (ewigdurende beweging) beskou kan word, waardeur nou juis hierdie deursigtige bal, wat uit die fynste glas blyk te bestaan, in `n voortdurende gelykmatige draaiing gebring word, dan kan julle julleself volkome tevrede stel met die antwoord.

9 Julle sou nou wel van naderby wil weet hoe die aandryfkrag van die meganisme van so 'n ‘perpetuum mobile’ werk. Dit is egter nie so moeilik om uit te lê nie, maar as julle dit weet, sal julle die ornament daardeur nog geen snars beter begryp as sonder so `n uitleg nie.

10 Ek sien egter dat julle nog baie graag wil weet hoe die meganisme van `n ‘perpetuum mobile’ werk. Daarom moet ek julle die een en ander oor die konstruksie daarvan vertel. Julle moet julle daarby wel `n onverslytbare materiaal voorstel, wat egter maar net voorkom op hemelliggame soos hierdie sentrale son. Op hemelliggame soos julle aarde kan sulke materiaal onmoontlik nie voorkom nie, omdat alle aardse materiale van `n onnoemlike veel laer lig- en hittegraad afkomstig is, as die van so 'n sentrale son­wêreld.

11 As ons dit vooropstel, dan is die beskrywing van die meganisme so eenvoudig as wat maar kan kom. Hoe lyk dit dan? Kyk, ongeveer `n derde van die onderste gedeelte van die volkome afgeslote ringbuis is gevul met `n vloeistof wat nie kan verdamp nie, ongeveer van `n hoedanigheid wat mens sou verkry wanneer mens by julle op aarde `n soort kwiksilwer sou saamstel wat buiten­gewoon suiwer, volkome deursigtig en uiters vloeibaar sou wees. Maar van bo-af hang daar in die ringbuis `n sogenaamde "polyorganon" tot in die vloeistof, maar slegs aan die één kant.

12 As gevolg van sy sterk aantrekkingskrag op hierdie vloeistof, suig die polyorganon dit voortdurend op. Die polyorganon reik egter aan die teenoorgestelde kant van die ring tot by `n derde van die hele hoogte van die ring en laat die vloeistof, wat aan die een kant opgesuig word, aan die ander kant na benede drup. Voor die einde van die polyorganon is `n tregtervormige druppelvanger aange­bring, waarvan die onderste buis na `n berekende meganisme lei wat voorsien is van lepelvormige skeppers. Hierdie skepper­konstruksie is regstreeks verbonde met die as waaraan die bal self in die ring hang. Wanneer `n skepper deur een of meer neer­vallende druppels volgeloop het, dan word dit natuurlik swaarder, sak na benede en bring op die manier die hele groot bal aan die draai. Het die skepper sy vloeistof heeltemal benede uitgegiet, dan word `n ander een weer intussen gevul, wat weer na benede sak. En omdat die polyorganon voortdurend eweveel vloeistof opsuig en dit dan op die skeprat laat neerdrup, werk die ‘perpetuum mobile’, onder die voorafgaande aangegewe voorwaardes, ook baie voortreflik, veral wanneer julle daarby bedink dat die materiaal waaruit die as en trouens die hele ornament bestaan, geen wrywing en dus ook geen slytasie ken nie. Die gladheid van die as en van die silinder waarin die as draai, is so buitengewoon, dat hulle mekaar nie in die minste by rotasie hinder nie. Dit lyk wel asof so `n as in die suiwerste eter beweeg. Ook die groot, glasagtige bal hang hoogs meetkundig presies in sferiese ewewig aan die as, waardeur die gewig van `n klein druppel al voldoende is om sy rus maklik te versteur. So`n fabrikaat behoort vir hierdie hoogs wyse mense egter nog geensins tot die wonderwerke nie.

13 Julle sê: Die werking van die meganisme van die ‘perpetuum mobile’ is vir ons nou volkome duidelik, maar die voortdurende wisseling van die vorme in die glasbol kan ons moeilik begryp. Ja, my liewe vriende en broeders, dit sal weliswaar nie so eenvoudig wees nie, maar onmoontlik is dit nou ook weer nie om enige insig daarin te kry nie. Op julle aarde sou dit totaal onmoontlik wees om so-iets te maak, omdat op julle aarde, die verskillende, soge­naamde onweegbare stowwe, nie blywend gestoor kan word nie, terwyl dit op `n sentrale son baie goed moontlik is.

14 Ter vergroting van julle kennis moet julle weet dat hierdie bal inwendig hol is, maar wel gevul met diverse onweegbare grondstowwe. By die geringste draaiing word hierdie stowwe voortdurend deurmekaar geskud, sonder dat hulle, as gevolg van hulle onderlinge verskille, vermeng word. Deur die deurmekaar geskud word nuwe figure dan ook voortdurend gevorm wat by elke volgende draaiing van die glasagtige bal noodsaaklikerwys steeds weer moet verander. Julle kan op aarde weliswaar iets soortgelyks in die grootte aanskou, waar onweegbare stowwe ook binne die groot lugruim, wat natuurlik die hele aarde omgewe, ook voort­durend nuwe vorme laat sien. Maar hierdie onweegbare stowwe is op `n aardbol van `n veel geringer aktiewe potensialiteit as op so 'n sentrale son; daarom is hulle maaksels gewoonlik ook nie heeltemal ontwikkel nie, dit wat julle by die formasie van wolke en sommige ander lugverskynsels kan waarneem. In hierdie bal hier, is hierdie stowwe egter in `n sekere sin in hulle mees gekonsen­treerde potensialiteit opgesluit; daarom is die ontwikkelde vorme ook onbeskryflik en gee dan, al is dit op klein skaal, die mees imposante aanblik.

15 Ek dink dat ons nou, vir sover dit vir julle begripsvermoë moontlik en uitvoerbaar was, ook die verskynsel ietwat ontsyfer het; maar wat beteken dit alles? Dit is `n baie besondere vraag. Dit is, soos wat reeds in die begin opgemerk was, `n brok wysheid waaraan nie te torring is nie en ons sal tevrede moet wees as ons `n baie vlugtige, algemene blik daarop kan werp. En so laat die geheel homself as volg saamvat: Deur die ornament word heeltemal net die absolute wysheid op sigself voorgestel en dit is vanuit die gesigspunt `n voortdurende beweging en verandering van vorme, waarvan die betekenis en innerlike samehang slegs deur die Een, maar verder deur niemand anders, ewig nooit ontsyfer kan word nie.

16 So is dit immers ook op julle aarde. Wie kan die tallose vorme van die wolke begryp? Die hoogste wysheid sink by die steeds hernude aanblik in die stof terug en moet sê: Heer, hoe is alle mense en geeste heeltemal niks voor U nie. Dieselfde wil ons ook hier doen en ons moet, in plaas van om ons besig te hou met verdere los uiteensettings, liewer onsself dadelik na die negende galery of agste verdieping begewe. Net soos almal, lyk hierdie trap hier al baie lugtig, maar hy sal ons nog goed dra en dus sit ons ons tog voort.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205