Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Oor verliefdheid en oor die liefde vir die Heer

50 Julle sê: Liewe vriend en broeder, jy sal ongetwyfeld wel gelyk hê en dit is soos wat jy gesê het. Maar kyk, dit is met die skielike opwekking van ons liefde `n moeilike saak; dit het ons so hier en daar al uit ervaring geleer. Daar sit selfs, wat die sogenaamde "verlief word" betref, nog `n addertjie onder die gras. As mens goed daaroor nadink, kom mens baie gou tot die gevolgtrekking dat mens die liefde gladnie in sy mag het nie. Mens kan nie sê dat mens op iemand verlief kan word, wanneer mens maar wil nie. So iets gebeur onder bepaalde omstandighede en onder bepaalde voorwaardes en as verliefde is mens gewoonlik nie `n aktiewe nie, maar `n suiwer passiewe wese en moet mens die liefde dikwels letterlik as `n loodsware las saamdra; daar is dan ook dikwels heeltemal geen middel om jou van haar, soos van `n ander las, te bevry nie.

2 So is ons dan ook van mening dat, sou ons egte meesters in die liefde wees, dit verseker nie sou uitbly dat ons met alle vurigheid van ons hart die Heer sou kan liefhê nie. Maar ons kan doen wat ons wil, ons kan ons hart en ons gevoelens pers soos druiwe in `n wypers, alles kom wel daaruit, behalwe die deur jou beskrewe vurige liefde.

3 Daarom dink ons dat ons liefde vir die Heer van `n baie ander aard moet wees, as die liefde wat `n man dikwels in die bloei van sy lewe voel vir `n mooi meisie; maar as die liefde vir die Heer moet lyk soos die liefde vir `n meisie, dan moet dit regstreeks deur die Heer self, volgens Sy groot barmhartigheid, in die hart gegiet word. Anders is dit byna onmoontlik dat die mens uit eie krag die Heer, altyd wanneer hy maar sou wil, met die hewigste liefde sou kan omvou.

4 En as dit nou derhalwe van ons afhang om hier ter plaatse skielik die grootste liefde vir die Heer op te wek, dan sal dit met die aanskouing van die wonderbaarlike dinge op hierdie galery, ook sekerlik groot probleme oplewer. Want ons kan wil, soveel as wat dit maar vir ons moontlik is, tog kan ons, ondanks die diepste wil, ons hart op daardie oomblik van wil nie so maklik laat ontvlam soos `n kers wat ons snags aansteek nie. Dus hier, liewe vriend en broeder, sal goeie raad hard nodig wees.

5 Ja, my liewe vriende en broeders, aan die een kant het julle gelyk, want die liefde is steeds die leermeester van die mens, soos ons gister al in die voorbeelde gesien het, omdat sy eintlik die lewe self is. Die lewe kan egter nie beheers word deur iets wat geen lewe is nie. Daarom moet daar `n ander middel bestaan waaraan die liefde gehoorsaam en waardeur sy gewillig die hoëre raad opvolg van hulle na wie sy luister.

6 Waaruit bestaan die middel egter? Die middel bestaan uit `n duidelike voorstelling van dit wat mens eintlik met sy liefde wil omvou.

7 Probeer net of julle verlief sou kan word op een of ander meisie, van wie jy maar net die naam, ook al klink dit hoe indrukwekkend, gehoor het. Ja, met hierdie kennis sal julle dit nie al te ver bring in die liefde nie, want vir iets wat mens gladnie of baie min ken, kan mens geen liefde opwek nie, net so min as wat mens iets wat heeltemal nie, of slegs subtiel aanwesig is, met die hande kan vasgryp nie. 

8 Wanneer julle egter `n volledige beskrywing van hierdie jonge­dame se uiterlike en karakter kry en as julle bowendien langs onbekende weë nog `n briefie van haar ontvang waarin sy teen een van julle haar liefde betuig, en wel omrede sy ook van jou uit `n beskrywing `n baie positiewe indruk gekry het, dan sal jou liefde vir hierdie jongedame baie gou ontwaak en sal daar `n groot verlange in jou opkom om so vinnig as moontlik daarheen te gaan, waar sy vol liefde op jou sal staan en wag. Jou liefde sal heftiger word, namate jy onderweg, of na verloop van tyd, iets meer positief oor die meisie te hore kry. 

9 Kyk, die ervaring leer ons dat dit waar is. Maar nou vra ek jou: Hoe is dit moontlik dat jy die meisie so innig in jou hart kan insluit, terwyl jy haar tog nooit gesien het nie en jy haar met opset ook geen portret gestuur het om jou in `n sekere sin geen voorsmakie te gee nie, wat die eintlike liefde sou kon verswak. Die antwoord is eenvoudig en vloei ook uit ervaring voort; jy het vir jou `n goed gefundeerde beeld gevorm, waardeur die voorgenoemde juffrou steeds veelsydiger en op die aller voordeligste manier aan jou voorgestel word.

10 Jy het deur haar eienskappe en haar skoonheid so geboei geraak, dat jy nie anders kan as, by alle voordele wat sy jou bied, haar hoog te ag en lief te hê nie; jy moet dus wel van haar hou.

11 Kyk, uit hierdie natuurlike voorbeeld blyk tog immers baie duidelik op watter wyse die mens die liefde vir die Heer sy eie kan maak.

12 Die ken van die Heer is die magtige dryfveer wat die vonke in die hart saamtrek, waardeur die gehele hart in vuur en vlam gesit word.

13 Wie sou God kan liefhê, sonder om Hom te ken? Wie Hom egter steeds beter leer ken, sal Hom ook steeds meer liefhê.

14 Tog moet julle die liefde tot die Heer nie domweg vergelyk met die liefde vir die bo beskrewe meisie nie, maar julle moet haar eerder op `n lyn stel met die meer suiwer liefde tussen kinders en hulle ouers.

15 Hierdie liefde is egter nie bepaald `n hartstogtelike vuur nie, maar eerder `n suggie wind, wat nie die vryheidsfeer van die mense in die geheel versteur nie, soos ook die kinderliefde nie die kinders in die minste in hulle aktiwiteite steur nie. Hulle hou sekerlik buitengewoon baie van hulle ouers; natuurlik wat goeie kinders wel verstaan. Ja, hulle weet dikwels nie eens hoeveel hulle wel van hulle ouers hou nie.

16 Om te sien hoe groot so `n liefde is, hoef julle slegs by die tragiese dood van `n vader of moeder van sulke kinders aanwesig te wees. Deur hulle trane en hulle handwringing sal dit vir julle baie gou duidelik word hoe sterk die liefde van kinders vir hulle ouers is. Tog sou julle, al het julle hoe goed opgelet, nie so 'n intense liefde ontdek toe die ouers nog geleef het nie. Kyk, so is dit ook gesteld met die liefde vir die Heer. Dit is, soos gesê, `n asemtog, `n gevoel van hoogagting met `n verhewe teer weerklank en dit bring niemand in sy vryheidsfeer van rigting af nie.

17 Dit belas die hart van hulle wat God liefhet, nie met hartstog nie, maar vervul en versadig die gees, hart en liggaam van die mens voortdurend met groot blymoedigheid en met voldoende lewendige spyse. Daarom hoef julle slegs in julle hart "Vader" te roep en julle het genoeg gedoen! En die Vader sal julle harte altyd, vir sover dit nodig is, versadig en versterk met Sy liefde.

18 Julle hoef nie eens `n beeld vir julle te vorm nie, maar God slegs in julle hart te erken, en dan het julle voldoende liefde, vir sover dit hier nodig is, om die wondere wat hom voor ons oë bevind, te verlig. Doen so en kyk dan! 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205