Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Liefde tot die Heer en van daaruit tot die naaste, lei tot die volmaaktheid van die lewe

53 Omdat julle nou goed rondgekyk het, kan julle ook wel begin te vertel wat julle alles hier gesien het. Julle sê: Liewe vriend en broeder, ons het baie wonderbaarlike dinge hier gesien, maar wie is in staat om dit met behulp van ons beperkte begripsvermoë en ons beperkte woordeskat so volledig te skilder, dat iemand daaruit sou kan wys word en uit die beskrywing duidelik sou kan aflei watter dinge dit is! Daarom dink ons dat dit nou baie goed sou wees as jy in `n sekere sin tolk sou wil speel.

2 Ja, my liewe vriende en broeders, die bedenkinge wat julle uitspreek, met betrekking tot die beperktheid van julle begrips­vermoë en julle woordeskat, is inderdaad baie begryplik, maar desondanks moet julle, oor alles wat julle gesien het, tog soveel vertel as wat met julle begripsvermoë en woordeskat moontlik is; want as julle van my uiteensetting geestelik voordeel wil hê, dan moet julle dit steeds voor oë hou dat julle julleself hier eintlik op eie bodem bevind. Ek sê vir julle, as julle nie julle verhaal vooraf doen nie, haal ek daarmee die grond onder julle voete uit en vanaf daardie oomblik bestaan daar geen aanknopingspunt meer tussen my uiteensetting en julle innerlike opnemingsvermoë nie.

3 Hierdie aangeleentheid geskied net soos wanneer twee vriende, waarvan die een die ander in sy huis ontvang, mekaar met `n handdruk wil groet. Volgens die reëls van die vriendskap sal die heer van die huis die besoekende vriend tog eerste die hand reik, dan eers is dit die beurt van die besoeker.

4 Julle sou nou wel kan dink en sê: Met sulke reëls neem ons dit nooit so eng nie; daarom kan dit vir ons nie as `n gangbare reël geld nie, waaruit sou volg dat ons die eerste verslag oor dit wat ons gesien het, sou moet uitbring.

5 Maar ek sê vir julle, beste vriende en broeders, as die vriendelike huislike voorbeeld nie steekhoudend genoeg vir julle lyk nie, kan ek julle wel met `n oortuigender een bedien.

6 Kyk net na die verhouding tussen julle aarde en die son. Die aarde is tog sekerlik tuis by haarself en die son is, ten opsigte van haar, slegs soos `n op besoek komende gas te beskou. Wat moet die aarde egter eers doen as sy deur die son se strale verlig wil word?

7 Julle sê: Die aarde moet eers die een, dan die ander kant, na die son toe draai, dan eers sal die sonstrale ook dadelik op die toege­wende deel val wat na die son gedraai is.

8 Goed, my liewe vriende en broeders, kyk net tydens die nag na die aarde: Is daar dan nie ook die mees veelsoortige dinge in oorvloed as oordag nie? Julle kan egter net `n baie klein deeltjie regtig onderskei, naamlik wat dit is en hoe dit lyk; maar dat dit daar iets is, is seker, gewis en waaragtig. Sou die aarde egter bly stil­staan en wag totdat die son bokant haar onbeligte gedeelte sou kom, waarlik, dan sou sy ten eerste baie ontsettend lank moet wag en sou ten tweede die voorwerpe wat op haar is, nooit voltallig en in hulle ware gedaante sigbaar word nie. Wanneer die aarde voortdurend bly draai, waarby die een na die ander kant onder die son deurskuif, dan sal die voorwerpe wat sy dra en wat die mens nouliks tydens die nag kon onderskei, spoedig volkome sigbaar word.

9 Kyk, so moet ook julle as huiseienare, julle eers uit julleself na my toe wend, want ek is nou volledig in die Naam van die Heer by julle en die gedeelte wat julle na my toe wend, sal dan ook dadelik belig word, sodat julle dit duideliker sal herken en kan beskrywe.

10 Begin dus maar in ieder geval die herkenbare te beskrywe. Tel eens die pilare van `n versierde pilaar; hoeveel vind julle daar op hierdie tiende verdieping?

11 Julle sê: Liewe vriend en broeder, as ons onsself nie by die tel vergis het nie, is daar nou twee minder as op die vorige galery, dus slegs tien. Daarenteen sien ons in die middel van die versierde pilaar, in plaas van een of ander versiering, twee geweldige sterk, stewig teenoor mekaar geplaaste pilare, wat soos die tien ander, die plafon van die versierde pilaar, net soos die van die hele galery, help dra. `n Nog hoër opleidende trap gaan nie meer langs die binnekant van die kring van die tien pilare nie, maar langs die twee pilare in die middel. Origens lyk alles volkome glad hier en ons kan kyk soveel ons wil, maar daar is nêrens iets van `n versiering te ontdek nie. Ook is die plafon van hierdie galery, vir sover ons kan onderskei, nie meer gewelfd nie, maar heeltemal plat. Alles is deursigtig en het oral dieselfde meer as sneeuwit kleur, slegs die vlak binnemuur blyk ietwat in die rooiagtige-blou oor te gaan, terwyl die poorte van deursigtige silwer blyk te wees.

12 Hiermee, beste vriend en broeder, is ons dan ook klaar met die beskrywing van die dinge hier, vir sover dit tenminste in ons vermoë lê. Die vlugtige vorme egter, wat hulle, sowel in die vaste massa van die pilare, as in die ander dele van hierdie galery voortdurend afwisselend vertoon, kan ons onmoontlik beskryf. Ten eerste is hulle te vlugtig en wissel te vinnig en ten tweede is hulle vorme nie intensief genoeg en daarom is ons oë nie in staat om veel meer daar te ontdek nie, as net `n voortdurende chaotiese mengeling van vorme. Sodoende het ons geheel en al aan die einde gekom met die beskrywing van alles wat ons hier gesien het. Die verklaring van die betekenis daarvan laat ons, liewe vriend, liewer aan jou oor.

13 Wel nou, liewe vriende en broeders, ek is volkome tevrede met julle verhaal en dit sou besonder dwaas van my wees om meer van julle te verlang as wat julle kan gee. Let nou egter goed op, ons sal alles wat julle gesien het, dadelik ietwat van naderby belig.

14 Die betekenis van die tien pilare van die versierde pilaar is voor die hand liggend, want hulle verteenwoordig tog kennelik die tien gebooie, wat eintlik uit die goddelike wysheid voortkom. Want die liefde stel geen wette op nie; sy doen slegs die goddelike wysheid, wat die basis van die goddelike ordening is. Die wette is `n voorgeskrewe weg wat mens moet bewandel om die doel van die lewe te bereik. Hulle is tewens die fondament waarop die lewe volgens die goddelike ordening berus.

15 Wat het iemand egter aan die weg in die pikdonker nag, al sou hy ook hoe graag daarop wil wandel? Net so min sou `n êrens geplaaste steunpunt iets vir iemand baat as hy dit eers in `n pikdonker nag sou moet soek.

16 Daarom moet die wette, wat aan die, origens nog in die nag blywende liefde gegee word as weg en as steunpunt, wat lig uitstraal, sodat die wandelaar nie op die weg sal verdwaal nie, maar altyd die steunpunt wat aan die ordening van die lewe beantwoord, kan vind.

17 So is hier tog duidelik sigbaar hoe hierdie tien witstralende pilare op tasbare wyse die tien gebooie van die goddelike lewens­ordening weergee. In die laer geleë galery het ons gesien dat die twee pilare van die liefde nog in die buitenste ring ingedeel was, en in plaas daarvan, was die merkwaardige kruis in die middel, wat ook die lydende liefde voorgestel het.

18 Hier sien ons egter die twee pilare van die liefde, in plaas van die kruis, in die middel van ons versierde pilaar. Hulle sit stewig teenoor mekaar en die trap wat na bo lei, loop nie meer langs die tien buitenste, maar slegs nog om die twee middelste pilare omhoog.

19 Ek dink dat die betekenis van die plasing ook nie moeilik te raai sal wees nie. Julle hoef slegs die evangelie van die Heer ter hand te neem en julle sal ontdek dat Hy die hele Mosaïese wet, net so ook alle profete, in die enige dubbele wet van die liefde onder­gebring het, naamlik: "Het God lief bokant alles en jou naaste soos jouself!" Hierdie twee gebooie het die Heer Self as gelykluidend aangemerk; daarom is die twee pilare hier in die middel, ten eerste heeltemal gelyk aan mekaar, en ten tweede ook nog stewig aaneengesmee en is hulle die enigste steunpilare van die weg na bo. Ek dink dat julle dit begryp.

20 Wat die vir julle so wonderbaarlik lykende chaotiese vorme-wisseling in die pilare betref, dit beteken die veranderlike van die menslike gemoed wat homself binne hierdie wette bevind. Vanwaar kom dan die voortdurende golwende chaotiese vormwisseling in hierdie pilare? Wat is wel die oorsaak van so `n verskynsel?

21 Die oorsaak is die sterk, van buite af inwerkende lig, waardeur hierdie lug in `n voortdurende vibrasie gebring word. Omdat die materiaal van hierdie pilare volkome spieëlblink gepoleer en bowendien nog baie deursigtig is en `n straalbrekende vermoë het, skitter hierdie lugvibrasies, of lugbeweging, taamlik lewendig en ons meen daardeur dat ons bepaalde vorme in die pilare heen en weer en op en af sien beweeg. Nou plaas ons `n mens hier, wat onder die wet staan. Hy bevind hom daardeur in die helder lig van die wet, wat van binne uit steeds lewendig op hom inwerk, en verder bevind hierdie mens hom uiterlik in die lig van die wêreld, wat egter van buite af ook steeds as`t ware golwend op hom inwerk. 

22 Wat ontstaan dan daardeur in die mens? `n Voortdurende wisseling van idees; nou eens bekruip vorme van die wêreld hom, dan weer die vorme van sy innerlike lig. Werk die uiterlike lig sterk op die mens in, dan word die vorme van die innerlike lig verduister en het hulle geen helderheid meer nie. In die teenoorgestelde geval word die vorme van die uiterlike lig steeds vaer en minder sigbaar, namate die innerlike lig meer begin te reageer.

23 Wanneer iemand dan die vorme van die innerlike lig gryp en dit met sy gees steeds meer fikseer, dan ontstaan daar uit die vroeëre, steeds wisselende buigbare ligvorme `n konstante vorm wat voortdurend `n deemoedigende weerstand bied aan die van buite af inwerkende lig. Daardeur het die mens dan tot `n bepaalde, helder visie op die innerlike, ewige lewe van die gees gekom.

24 Die ooreenstemmende beeld word vir julle getoon deur die twee middelste pilare, waarin en waaraan julle so `n vorm dan nie meer ontdek nie. As julle egter noukeuriger daarna kyk, sal julle in elke pilaar presies dieselfde, volmaakte en aller edelste gevormde mensegestalte aanskou, waarvan die liggaamsdele oral ewe helder en van lig deurdronge is.

25 Kyk, dit toon aan dat die mens enkel en alleen deur die liefde tot die Heer en van daaruit tot die naaste, tot die volmaaktheid van die lewe in sy oerfondament kan kom. Ek dink dat julle daarmee nou tog duidelik in die reine gekom het. Wat die orige dele van die galery betref, dit beteken niks anders as die volmaakte ordening van die ware wysheid, wat die grondwaarheid in die gees is en `n lig sonder enige versiering of opsmuk; dit is wat julle die naakte waarheid noem. Noudat ons dit weet, sal ons onsself ook weer dadelik via die trap rondom die twee pilare na bo, na die groot oop plein begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205