Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Ontmoeting met die bewoners van hierdie sentrale son

58 Maar hoe sal ons dit doen? Allereers hang die uitwerking daarvan van die Heer af en vervolgens van ons vasberade wil, waarmee ons onsself in `n sekere sin op onsself moet fikseer; het ons dit gedoen, dan sal ons weldra vir hierdie mense sigbaar word.

2 Dit doen ons nou dan ook en julle sal julle met die innerlike waarnemingsvermoë daarvan kan oortuig dat hierdie mense ons, as synde volkome aanwesig, kan sien.

3 Dit het ons gedoen, en kyk nou net hoe hierdie mense groot oë reg as hulle drie, vir hulle wêreld geheel vreemde gaste, in hulle midde gewaar! Enkeles word baie vreeslik te moede en daarom trek hulle hulleself terug; die ander weet nie wat hulle van ons moet dink nie.

4 Daarom gaan daar ook al `n deputasie na die oudste van die paleis met die versoek om te kom, sy oordeel oor ons te gee en vas te stel wie ons is.

5 Enkele wyse oudstes beraadslaag weliswaar oor ons, maar soos julle wel merk, het niemand die moed om na ons toe te kom en ons self te vra wie ons is nie. Mens sou homself kan afvra waaraan dit eintlik lê, dat hierdie andersins so wyse mense, nie die moed het om na ons toe te kom en ons self te vra nie. Die oorsaak is tog nie so moeilik te vinde as mens eers daaraan sou dink nie. Luister dus!  

6 By sommige geleenthede verskyn geeste hier aan hierdie mense. Maar volgens hulle wete sou `n gees hom nog nooit op hierdie plek vertoon het of ooit wil vertoon nie, en omdat hulle gewoond is om geeste maar net op bepaalde plekke te sien, val dit hulle des te meer op, dat hier op hierdie, vir alle geeste verbode plek, nou wesens waargeneem word, wat hulle vir niks anders as geeste aansien nie. Hierdie rede klink weliswaar ietwat ongegrond, maar in die geheel is dit nie en dit kan selfs taamlik goed met soortgelyke verskynsels op julle aarde vergelyk word.

7 Laat ons aanneem dat daar baie mense is op aarde wat die vermoë het om geeste te sien; baie kan dit nog weer ten minste waarneem. Wanneer sulke mense byvoorbeeld in ou kastele, op kerkhowe of op ander berugte plekke snags een of ander gees sien, dan sal dit nie bepaald as iets ongewoons vir hulle opval nie. Mag dit egter gebeur dat hulle sulke wesens op `n baie ongebruiklike plek gewaar, byvoorbeeld op `n openbare weg, op `n plek vir publieke vermaak of by `n openbare volksfees, dan sal so `n verskyning seker `n uiters depressiewe indruk op hulle maak.

8 En kyk, ongeveer `n soortgelyke indruk maak ons verskyning in hierdie plek op hierdie mense en des te meer, omdat vir hierdie mense die reël en orde geld, dat hier nooit `n geestelike wese te sien is nie, omdat dit hier `n vryplek is, wat vir alle geeste verbode moet bly.

9 Hoe hierdie saak hom egter verder sal ontwikkel, sal ons weldra ondervind, want die oudste kom al na ons toe, met `n versameling afgevaardigdes vir die ondersoek en verdrywing van geeste.

10 Kyk, in sy hand hou hy `n lang staf, wat met allerlei glansende stroke omgewerk is; `n ander een dra `n sewehoekige tafeltjie, waarin `n ander geheimsinnige teken op elke hoek gegraveer is. Daaruit blyk dit dat dit hier op die toets van geeste uitdraai. `n Ander langs die oudste dra `n groot goue ring, wat van binne hol is; deur hierdie holte is `n lint op `n kunstige manier gespan. Dit het in `n sekere sin vir die geloof van hierdie mense dieselfde magiese werking as die sogenaamde amulette of ‘skapuliere’ (skouerbande) by julle. `n Derde een dra agter die wyses en oudstes, soos `n voormalige Romeinse lictor (byldraer) `n hele bundel rooiglins­terende stawe. `n Vierde dra nog `n groot bondel opgerolde koorde. Wat sou al hierdie toebehore wel beteken?

11 Die ervaring sal dit dadelik vir ons leer. Julle moet veral nie verwag dat iemand ons direk sal aanspreek en vra wie ons is nie. Dit sal alles deur middel van hierdie instrumente gebeur; let dus maar goed op!

12 Kyk, die oudste het die ring al op die grond geplaas en laat hom deur twee ander wyses in die ring tel, want self mag hy nie loop nie, anders sou hy nie voldoende geïsoleerd wees teen die geeste nie en sou hy hulle nie die nodige onbuigsaamheid van sy wil kan toon nie. Nou staan hy in die ring, hef sy staf omhoog en maak asof hy ons `n geweldige hou wil gee. Hy toon ons daardeur slegs die mag van sy wil en die vasbeslotenheid van sy heerskappy oor ons geeste. Sou ons baie gewone geeste van hierdie wêreld gewees het, dan sou ons, soos julle gewoonlik sê, nou die hasepad moet kies. Aangesien ons egter geen geeste van hierdie wêreld is nie, bly ons staan. Wat sal daar nou gebeur?

13 Kyk, nou word ook die misterieuse tafel in die ring geplaas en die oudste blaas saggies oor die tekens op die hoeke, stryk daarna met sy staf oor die tafel en rig dit dan op ons gesigte. Sou ons geeste van hierdie wêreld wees en bowendien ietwat hardnekkig van natuur, dan sou ons onsself nou ook onmiddellik uit die voete moet maak, wil ons nie dat ons koppe aan die brand slaan nie.

14 Omdat hierdie manipulasie ons ook nie geraak het nie, word die saamgebinde koord nou na binne aangereik. Die een end word bevestig aan die staf wat die oudste in sy hand hou en waarmee hy tegelykertyd op die geheimsinnige tafel steun, waarna die saamgebinde koord weer na buite teruggee word. En kyk, by alle aanwesiges word hierdie koord van hand tot hand gaande, steeds verder afgewikkel, waarby iedereen die koord in die hand hou. Wat het dit nou weer te beteken? Dit beteken die versterking van die wil; mens sou die koord magneties kan noem. Deur hierdie gesamentlike wilsverbinding moet ons vas en seker wyk, sodra die staf op ons neergelaat word; - maar ons wyk nie.

15 Daarom trek ons mooi geeste uitbannende hulparbeiders van albei geslagte wanhopig getrekte gesigte en daar bly vir hulle niks anders oor as om hulle toevlug te neem tot die magtige eksorsistiese (geeste beswering) stawe. Kyk, die stawe word vinnig verdeel en die oudste in die ring neem drie daarvan, terwyl die ander daar slegs een kry. Die oudste gee homself nou drie tikke op sy skouers; die ander doen dieselfde. Dit moet ons, as ons geeste sou wees, baie verseker laat wyk. Omdat ons egter nie wyk nie en ons baie goed voel by al hierdie fatale manipulasies, word ons nou nie meer as geeste nie, maar as wesens soos hulle beskou. Weliswaar nie as wesens wat in so 'n paleis gebore is nie, maar as baie gewone swerwers, wat hulle onbevoeg die brutaliteit veroorloof het om die uitsonderlike heiligdom van die allerver­naamste en mees wyse mense van die groot woongebied te betree; `n gebied wat `n groter oppervlakte het, as honderd-duisendmaal julle aarde. Maar wat gaan daar nou in die geval met ons gebeur?

16 Kyk, die ring word opgeraap, die tafeltjie weggedra en die geestesuitdrywing word fisiek op ons toegepas.

17 Maar kyk nou net, die oudste het nou net met sy drie stafies `n hou op my skouer gegee en sy stafies het in `n sekere sin baie maklik deur my sigbare liggaam heengegaan. Dit was dan ook genoeg om hierdie gesamentlike mensemassa geweldig te laat skrik.

18 Wat sal hierdie verskrikte mense nou doen? Enkeles wat hulleself ietwat verder weg en nader aan die poortjies bevind, en gelukkig nie kon deelneem aan die eksorsisme met die koord nie, omdat hulle so veraf gestaan het, het reeds gebruik gemaak van die sogenaamde vinnige ‘consilium abiundi’ (die vergadering is beëindig). Hulle wat die koord vashou, met inbegrip van die oudste, sou graag dieselfde wil doen, maar die oudste wil tog geen dom lafaard teenoor sy kinders wees wat weghardloop nie. Daarom het hy inmiddels besluit, om nie tot ons nie, maar eers tot syne `n bemoedigende woordjie te spreek. Kyk, hy vra hulle aandag en rig nou net die volgende woorde tot hulle:

19 Luister, julle my kinders en kindskinders, ek het teen hierdie drie geheimsinnige wesens al die moontlike aangewend wat sedert onheuglike tye steeds kragtig gewerk het op sodanige gaste, waar hulle hulleself ook maar vertoon het. As hulle goed van aard was, soos ons, dan maak hulle hulleself onmiddellik bekend en vertel ons dan getrou die rede van hulle koms. Was hulle egter listig van aard, soos gewoonlik die geeste van diegene uit bepaalde landstreke, vir wie dit, as gevolg van hulle minder goeie manier van lewe, nooit geoorloof was om die heilige woonoord te nader nie, dan het hulle ten minste, selfs by die grootste listige hard­nekkigheid, by die laaste handeling met die stawe en by die volledige aaneensluiting van ons wil, tog spoedig gewyk.

20 Sou hulle natuurlike wesens gewees het, dan sou hulle na my tik met die drie stawe, sekerlik onmiddellik gewyk het; maar soos julle almal gesien het, het my hou heeltemal deur die middelste wese heengegaan, en tog het hy hom nie verroer nie. Dit is dus `n teken dat hierdie wesens van `n hoëre soort moet wees.

21 Daarom het ek met volle oortuiging besluit om hierdie wesens te benader en allerdeemoedig navraag te doen wat die rede van hulle ongewone verskyning wel mag wees. Hou egter desondanks die koord vas, sodat ons daardeur in staat sal wees om hierdie misterieuse wesens eensgesind en met goeie gevolg te nader.

22 Kyk, na hierdie oproep kom ons oudste, wat volgens sy uiterlike te oordeel, wel die jongste kon wees, met die grootste eerbied, soos hier gebruiklik is, na ons toe, waarby hy beide sy hande voor sy voorhoof hou om daarmee aan te gee dat sy wysheid ten opsigte van ons, van nul en gener waarde is. Vervolgens tree hy ons met `n vrye bors tegemoet, waarmee hy wil sê dat hy bereid is, om ons al sy liefde en sy lewe ten offer te bring.

23 Nou staan hy voor ons; wat `n adel, wat `n allerverhewende skoonheid in sy gestalte! Kan mens vir homself ook maar iets meer liefdevoller en sagter voorstel? Ek dink dat dit vir niemand van julle moontlik sal wees nie. Nou maak hierdie onbeskryflike mooi mens aanstaltes om met ons te spreek en dus sal ons hom aanhoor!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205