Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Voorwaardes ter verkryging van die kindskap van God

59 Luister na hom, want hy begin die woord tot ons te rig en hy sê die volgende:

2 (Die oudste) Luister na my, julle uitermatige misterieuse wesens! Ek het volgens ons wyse manier van handelinge ons afweer­middele wat van oudsher altyd effektief gewerk het, aangewend, maar dit het nie gehelp nie. Julle is geeste, want dit het ek na die hou met die staaf ontdek, en julle moet selfs buitengewone magtige geeste wees, omdat al my afweermiddele julle nie kon verdrywe nie. Vertel my tog wie julle is en waar julle vandaan kom, sodat ek my, met my baie huisgenote, kan voorberei om julle waardig te ontvang. 

3 Dit is wel in ons diepste wysheid aan ons bekend dat God die Heer, die almagtige Skepper van alle dinge van ons groot wêreld en van ander wêrelde en van alle hoë geeste, eens op een of ander wêreld neergedaal het en die kinders van die wêreld tot Syne gemaak het. En hierdie kinders, as kinders van die oneindige God, sou `n onbegrensde volmag en krag hê en dit in elkeen gelyk, sowel wat die werksame krag betref, asook die daartoe vereiste wysheid.

4 Sê my net, kom julle miskien daarvandaan? As dit so is, dan wee ons, arme bewoners van hierdie wêreld! Ons weet naamlik uit ons diepste wysheid dat die geeste van sulke godskinders nie slegs `n wêreld soos die van ons nie, maar hele leërs van wêrelde met één sagte asemtog kan vernietig.

5 Is julle dus geeste van die soort en is ons vir julle growwe sondaars, vra dan offers ter versoening, maar vernietig nie ons wêreld nie, asseblief!

6 Nou sê ek: Luister, wyse oudste van hierdie plek! Ons is inderdaad wat jy veronderstel. Ons is egter gladnie hier om julle en julle wêreld te vernietig nie. Daar sal selfs geen haar van julle gekrenk word nie en ons verlang nie die geringste offer van julle nie, want dit betaam slegs God die Heer, ons allerliefdevolste Vader wat leef, skep en regeer van ewigheid tot ewigheid!

7 Ons sou julle egter graag wil vra of julle ons vir `n kort tydjie met dieselfde liefde sou wil opneem as waarmee ons na julle toe gekom het, naamlik met God se liefde in julle harte.

8 Die doel waarmee ons hier verskyn het is egter, volgens die wil van die Heer om `n leersame blik op julle wêreld te werp en julle by hierdie geleentheid ook die groot, oneindige liefde en erbarming van God vir al Sy geestelik lewende skepsele te verkondig!

9 Wees daarom nie bevrees vir ons nie, maar wees vrolik en vol goeie moed, want God ons Heer en Vader het al Sy skepsele slegs vir vreugde en saligheid geskape, maar nooit vir verskrikking, droefheid, kwale en pyn nie.

10 Nou sê die oudste: `n Buitengewone groot eer en `n ewe so groot lof sy die heilige Skepper van alle dinge vir die genadige besoek wat Hy ons bring deur middel van Sy eindelose magtige kinders. Ons is nou daarvan oortuig dat julle nie vir ons ondergang, maar slegs ter vergroting van ons welsyn hierheen gekom het. Ons heet julle daarom ook dan met niks anders en soos geen ander skepsel op hierdie wêreld nie, met die grootste moontlike liefde in ons harte welkom!

11 Nou wend die oudste hom tot sy kinders en sê aan hulle: Kyk hierheen, julle almal, kinders van my huis. Die groot God het ons baie liefdevol besoek om ons die nietigheid van ons wysheid en die swakte van ons liefde te toon. Kyk, hulle wat onoorwinlik, hoogs beskeie en eenvoudig voor ons staan, sonder prag en praal, is waaragtige kinders van die ewige almagtige groot God. Wat is al ons prag en praal ten opsigte van die onbegryplike verhewenheid van so 'n nederige eenvoud, wat egter desondanks vervul is van alle rykdom aan goddelike krag!? Kniel neer en loof en aanbid ons groot God wat ons deur hierdie verskyning `n oneindige groot genade en erbarming betoon het!

12 Sien, al enkele male het die hout op die altaar gebrand en geeneen van ons het die moed gehad om sy hande daarop te lê om daardeur op die wêreld te kom wat God die Heer vir Sy kinders geskape het nie, en juis daarop, hetsy in `n nuwe liggaam of in die funksie van beskermgees, ook die kindskap van God te verkry nie. Maar nou het ons die geleentheid om die voorwaardes wat daarvoor nodig is, grondig te leer ken. Tot nou toe het ons weliswaar gewis uit die tekens in die vlam, wat die groot God alles verlang van hulle wat tot Sy kindskap wil oorgaan. Die tekens was sekerlik korrek, maar ons insig en ons geloof nie. Hulle hier sal vir ons sê wat `n mens nou eintlik presies moet doen om so 'n eindelose genade te verkry. Let dus op, want die hoë gees in die middel het my begryp en hy sal ons meedeel wat die suiwer wil van God is en wat ons moet doen om God se welgevalle te verwerf.

13 Nou sê ek: Luister, geagte oudste van die huis, julle seremonie, wat dui op van die tekens in die vlamme, is heeltemal oorbodig vir die bereik van die beoogde doel. Hierdie seremonie is uiterlik nouliks `n afspieëling van dit wat julle innerlik sou moet doen. Ek wil julle egter, en vernaamlik vir jou, in die belang van almal, in volle waarheid toon wat die enigste korrekte weg is; en daarom vra ek jou om my aan te hoor:

14 Weet jy wat die liefde vir God inhou? Wil jy `n kind van die Heer wees, dan moet jy nie die eerste en die vernaamste wil wees nie, maar jy moet soos die minste kneg wees onder al diegene wat jy lei. Jy moet hulle nie die wysheid leer nie, maar die suiwer deemoed en liefde; dan sal jy en jou huisgenote eers die ware wysheid verkry, waarin die basis van alle werkende kragte lê. Die hele reël lui dus as volg:

15 Wees van ganser harte deemoedig! Het God lief bo alles, met al jou lewenskragte en voldoen aan Sy wil deur jou broeders en susters meer lief te hê en hoër te ag as jouself! Wanneer jy dit doen, is jy `n Godskind en hoef jy jou hand nie meer op die altaar te lê nie, want die verskil tussen kinders en ander verstandelik wyse skepsele van God, is dat die kinders hulle hart, maar die skepsele slegs hulle hand, op die altaar lê. God kyk egter nooit na die werke en tekens van die hand nie, maar enkel en alleen na die werke en tekens van die hart.

16 Wat baat dit jou as jy met die aangeleerde wysheid en krag van jou kinders, nog groter werke laat uitvoer as die gebou wat ons dra? Kyk, dit kan die Heer deur `n allersubtielste gedagte doen en ook Sy kinders kan dit deur Sy krag in hulle. Ja, hulle is in staat om nie net sodanige werke in `n oogwenk nie, maar hele skeppinge deur één enkele gedagte in die lewe te roep. As jy daarenteen die werke aanskou wat jou kinders eiehandig en moeisaam moes uitvoer, sê my net, wat is dan daarmee in vergeleke? Niks as ydele moeite vir dit wat op hierdie manier onbereikbaar is.

17 Neem daarom in ag wat ek jou aangetoon het, en dan sal daar by julle almal `n ander lewenslig opgaan. Want wesens soos julle is deur die oneindige liefde van God, nie vir die knegskap nie, maar vir die ewige vryheid geskape! Hierdie vryheid kan julle egter nooit deur julle wysheid verkry nie, maar slegs deur deemoed en liefde vir God. Jy vra my wat mens moet doen om God bo alles lief te hê.

18 Ek sê vir jou: Presies dieselfde wat jy doen as jou hart vir een of ander groot werk wat jy wil uitvoer, in vuur en vlam staan. Dan is dit net asof die res nie meer vir jou bestaan nie en jy slegs nog vir jou werk leef. Keer die sake om. Beskou alles van jou wêreld as waardeloos en plaas die Heer in jou hart bo alles; dan het jy God lief bo alles en in hierdie liefde sal God se gees sy intrek neem in jou hart en jy sal vanaf daardie oomblik `n waaragtige Godskind wees! Nou weet jy alles. 

19 Wil jy daarvolgens handel, dan sal jy ook verkry wat jy sou wil verkry. Want kyk, God die Heer, die goeie Vader van al Sy kinders, skep geen vreugde in prag en praal nie. Daarom is ook ons, Sy kinders, baie eenvoudig en beskeie, en Hyself as Vader, is onder Sy kinders die mees eenvoudige en mees beskeie!

20 Daarom sal jy Hom nimmer met al hierdie groot prag imponeer nie, want Hy is in staat om soortgelyke dinge met één gedagte te skep, soos Hy hierdie enorme groot wêreld en nog tallose ander, net so groot en nog groter wêrelde, geskape het. 

21 Maar met `n suiwer, liefdevolle hart sal jy Hom bekoor en Hy sal jou in één oomblik meer gee as wat jy met al jou wysheid selfs na onvoorstelbare lang tye en nog eens tye sou kan bereik.

22 Nou weet jy ook, hoe dit met God die Heer gesteld is en hoe mens Hom moet liefhê. Daarom kan jy daarvolgens handel en dan sal dit nie vir jou nodig wees om jou na `n ander wêreld te verplaas nie.

23 Oordink dit nou, vat my woorde saam en deel my dan mee hoe jy dit begryp het, en dan sal ek vir jou nog begrypliker maak wat jy moet doen om tot waaragtige liefde vir God te kom.

24 Kyk, ons oudste plaas sy hande op sy bors en begin na te dink. Ons sal afwag en dan verneem met watter resultate hy tevoorskyn sal kom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205