Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Gemeenskaplike gees en tegelykertyd afsonderlike gees. Waarom is die algemene vorm van `n hemelse vereniging die menslike?

66 Hoe mens egter in `n sekere sin nog `n gemeenskaplike gees kan wees, terwyl mens op sigself eintlik `n afsonderlike gees is, dit sal ons, soos gesê, met nog `n paar duwweltjies probeer duidelik maak. `n Duwweltjie vind mens die allerduidelikste in `n uitspraak van die Heer Self, waarin Hy sê:

2 "Ek is die wynstok, en julle is die ranke". Wat wil dit sê? Hoe pas dit in ons begrippe? Die Heer is die mees eintlike "gemeenskaplike Gees", omdat elke afsonderlike mens- en engelegees in `n sekere sin `n volmaakte ewebeeld van Homself is en die tallose geeste saam as `n geheel weer volkome gelyk is aan die een Gees van God. Soos dit egter by die Heer, ten opsigte van elke afsonderlike gees en ten opsigte van alle geeste as geheel die geval is, so is dit ook by die mensegeeste onderling.

3 Die mensegees wat deur sy liefde, deemoed en wysheid die naaste aan die Heer staan, is al steeds meer `n gemeenskaplike gees, omdat sy liefde, deemoed en wysheid al baie ander geeste in sy sfeer getrek het en sommiges nog voortdurend bly aantrek, ook al lewe sulke gemeenskaps-geestesmense lankal nie meer liggaamlik op aarde nie. So iets manifesteer hom in die geestelike wêreld as `n vereniging, wat so gevorm is, weliswaar in haar mees uitdyende omvang, sodat die spesifieke gemeenskapsgees op sigself `n selfstandige persoonlikheid is.

4 Maar mens sou hier kan vra; hoe kry so 'n vereniging nou juis die gestalte van so 'n gemeenskapsgees-mens? Hy sou tog ook wel as `n bewoonbare wêreld daaruit kan sien. Waarom moet dan juis die gestalte van `n mens in die hoë ryk van die geeste die basis vorm van `n bewoonbare vereniging vir hemelse wesens?

5 Om hierdie vraag heeltemal begryplik te beantwoord, moet ek julle daarop attent maak dat die wêrelde wat vir julle natuurlik en bewoonbaar is, eintlik op sigself niks anders is nie as, ten minste in julle oë, chaotiese konglomerate van siele en nog eens siele wat in die oertyd van alle tye as geordende omhulsels van die geeste uit God by die algemene val van die een groot gemeenskaplike gees noodgedwonge moes saamval. Uit hierdie siele, of geestelike omhulsels is die wêrelde soos hulle is, toe eers deur die erbarm­ende en eindelose wilskrag van die Heer geskape, en hulle is nou daar, sodat hierdie siele na `n wyse uitgestippelde opeenvolging van fases, weer met hulle geeste verenig mag word.

6 Kyk julle nou egter na al die nouliks te tel voorfases en vra julleself, aan die hand van wat julle nou weet, net af wat die doel is van so `n trapsgewyse voortskryding, dan sal die antwoord, by die eerste en die beste aanskouing van elke willekeurige mens, aan julle gegee word. 

7 Wat is die mens dus? Hy is in sy volmaakte, aan God gelyke gestalte in `n sekere sin `n gemeenskaplike lewe van tallose voor­afgegane, afsonderlike lewens, wat sy eerste lewenstekens by die klipmos begin ontwikkel het, hom daarna deur die gehele planteryk heen gewerk, vanuit die plantewêreld oorgegaan het na die dierewêreld en homself vanuit die gesamentlike dierewêreld eers tot die volmaakte mensevorm ontwikkel.

8 In die mens begin dus die wese van alle vroeëre verskeurde siele en geeste eerste haar oorspronklike vorm te herwin. Daarom is dit tog baie natuurlik dat daar in die ryk van die volmaakte geeste in diepste wese geen ander vorme kan bestaan as juis die oorspronk­like vorm van die op God lykende mens nie.

9 So is dus `n vereniging in die gestalte van `n mens die korrekte vorm en kan dit in die ware en mees volmaakte betekenis `n heerlike bewoonbare wêreld vir geeste genoem word, omdat hierdie vorm op sigself met alle afsonderlike dele van die mens ooreenstem en derhalwe hoef geen bewoner van so 'n wêreld te saai en daarna te oes nie. Hy vind in so 'n volmaakte wêreld sy korrekte plek, wat hom alles gee wat hy ook maar nodig het, soos `n senuwee in die menslike liggaam ook nie vir homself hoef te saai en te oes om hom met die oes te voed nie, want presies op die plek waar hy hom in die liggaam bevind, is al vir hom vir alles gesorg en hoef hy niks anders te doen as om te lewe en te geniet nie. 

10 Ek dink dat die taamlike uitgebreide duwweltjie dit tog baie duidelik vir julle gemaak het. Daar is nog slegs één probleem, en wel met betrekking tot die aanskouing van die gemeenskaplike geestelike in `n persoon uit die sfeer van die Heer, en vir hierdie probleem sal ons nog één duwweltjie gee. Mens kan hom naamlik afvra hoe dit moontlik is dat een afsonderlike gees as eenheid, in staat gestel kan word om as sodanig `n hele geestelike veelheid slegs as `n persoonlikheid vir hom te sien.

11 Dit is `n taamlike moeilike punt, maar soos gesê, sal `n stewige duwweltjie wel alles weer in die korrekte ewewig bring. Maar om die duwweltjie so doeltreffend as moontlik te maak, sal ons eers teruggryp na die natuurlike wêreld. Luister dus!

12 Kan julle die hele aarde oorsien? Julle sê: Geensins nie, want haar oppervlak is so uitgestrek dat dit onmoontlik is om haar te oorsien. Goed, sê ek; maar waarom kan julle dan wel die baie groter son oorsien? Julle sê: Omdat sy so ver van ons oë verwyderd is, dat al die van haar gehele oppervlak uitgaande strale, vanuit `n bepaalde hoek in ons oog val, waardeur hy as gevolg van sy bou, hierdie strale maklik kan opneem. Wel nou, ons het die saak dan so volledig as moontlik belig.

13 Kyk, soos daar in die natuurlike wêreld verskynsels is waarvan mens kan sê: Dit lê naby, maar dit lê ruimtelik veraf, so kom daar in die geestelike wêreld ook verskynsels voor waarby `n objek homself tot op `n groot afstand terugtrek. En al sou dit op sigself hoe groot wees, en uit `n ontelbare geestelike veelheid bestaan, dan nog sal dit op die geestelike afstand tog as `n slegs konkrete wese, maklik oorsien kan word.

14 Maar die geestelike afstand is, skynbaar nie van dieselfde aard as die natuurlike nie, waarby die voorwerpe wat die oog as veraf sien, ruimtelik ook werklik so ver weg is. Geestelik gesien is die dinge wat ruimtelik veraf blyk te staan, nie ver van die oog van die beskouer verwyder nie; dit kan egter net so naby wees as die dinge wat van baie naby te sien is, want vir die gees het die begrip afstand eintlik weinig betekenis. Daarenteen kan voorwerpe wat baie naby blyk te lê, dikwels tog baie ver verwyderd wees; dan sien mens dit weliswaar asof hulle tasbaar naby is, maar desondanks is hulle, soos gesê, geestelik buitengewoon ver weg.

15 Julle sê: Dit klink nogal raaiselagtig, maar dan sê ek; niks is minder waar nie; nog `n klein wenkie daarby en die raaisel sal heeltemal opgelos voor julle lê. Die vraag is:

16 Wanneer is mens die verste in die gees van elke ander wese verwyderd? Sekerlik net dan, wanneer mens hom in die onmiddellike nabyheid van die Heer bevind, want tussen Hom en elke ander wese is daar voortdurend `n ewige onoorbrugbare kloof. Tog is mens daarenteen in die naaste sfeer van die Heer weer alle dinge in hulle samehorigheid die naaste, omdat die Heer daarin alles in alles is.

17 Julle was egter op julle eerste geestelike son regstreeks in die sfeer van die Heer. Hoe moes alle verenigings van hemelse geeste hulle dientengevolge teenoor julle gedra? Baie duidelik en begryp­likerwyse onmoontlik anders as baie ver van ons afstaande. Tog het julle hulle ook gesien asof hulle vlakby was.

18 Dit het in hoofsaak gebeur omdat die Heer alles in alles is en omdat die oë van elke gees in die sfeer van die Heer gelyk is aan die van die onmondige kindertjies, wat nie selde na die maan en die sterre gryp asof hulle werklik in hulle nabyheid sou wees, terwyl hulle hulleself tog, soos julle weet, steeds op dieselfde groot afstand bevind.

19 Ek dink dat die probleem met betrekking tot die geestelike son, soos julle dit in die sfeer van die Heer eerste gesien het, nou opgehelder moet wees. Dus sal ons weer ietwat verder rondkyk in die geboomte, op die velde en in die tuine van hierdie, met julle son ooreenstemmende eintlike geestelike son, en ook nader kennis maak met haar baie jeugdige bewoners. Die nabystaande tuin wat ons voor ons sien, sal ons vir die doel ook eers opneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205