Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Hemelse skoolgebou vir aardrykskunde en wêreldgeskiedenis

69 Kyk, hier voor ons staan alweer `n ander en verreweg groter gebou; wat word dan hier onderrig? Ons sal gou daaragter kom. Julle weet dat hierdie kindertjies hulle geboorteplek, die aarde, nooit kon leer ken nie, omdat hulle te vroeg, naamlik direk na hulle geboorte, liggaamlik gesterwe het. Maar om die Heer goed te leer ken, is dit ook noodsaaklik om die plek wat Hy as belangrikste plek vir sy erbarming gekies het, van naderby te leer ken. Daarom moet hierdie kindertjies ook juis hierdie plek van naderby leer ken om daardeur te kan begryp hoe en waar die Heer mens geword het, om die hele menslike geslag te verlos en die aarde as leerhuis vir Sy kinders in te rig. So word die geografie van die aarde hier op heel oorspronklike wyse onderrig en verseker op `n meer doelmatige manier as wat dit by julle die geval is.

2 Ons sal ons dadelik daarvan oortuig hoe hierdie geografie van die aarde hier aangebied word. In die middel van die groot saal waarin ons nou is, is `n aardbol op `n groot, pragtige voetstuk, byna gemaak op die manier soos by julle op aarde. Julle moet dit nie sondermeer aanneem nie, maar vas daarvan oortuig wees dat daar op aarde op geen gebied iets bestaan, wat nie reeds lankal vante­vore in ooreenstemmende vorm in die gees aanwesig was nie. Daarom is `n atlas op aarde, ook volstrek geen uitvinding wat nie vantevore in die suiwer gebied van die gees reeds lank, ja ewig lankal beskikbaar was nie.

3 Dit kan julle ook baie goed insien, as julle die vraag aan julleself stel; wat was eerste daar, die aarde of `n deur mense gemaakte sfeer, wat die teenwoordige vorm van die aarde maar hoogs gebrekkig en skamel weergee?

4 Ek is egter van mening, omdat die aarde in die gees van die Heer sekerlik al baie lank al bestaan het, dat daar ook gegronde redes vir die bestaan van die afbeelding van die aarde sal wees. Daarom kan hierdie sfeer hier immers ook geestelik gesien, baie goed op sy plek wees, en is hy waaragtig van beduidende groter omvang as wat hy ooit by julle op aarde sal kan wees. 

5 Gaan maar nader en bekyk hom. Sy oppervlak is nie so geteken soos wat dit gebruiklik is op julle aarde nie, maar dit is as`t ware `n plastiese beeldprojeksie, te vergelyk met julle sogenaamde ligbeelde, wat ook weer die allernietigste voorwerp op die kleinste skaal tevoorskyn bring. Die groot verskil egter tussen die aardse, uiterlike beeldprojeksie en hierdie innerlike, geestelike, is onberekenbaar groot, want hier mag naamlik by die noukeurigste beskouing, ook nie één atoom ontbreek nie en moet die hele natuur van die aarde volkome noukeurig uitgebeeld wees.

6 Dat dit hier gerealiseer is, kan julle alreeds by die eerste aanblik van baie naby sien; want kyk, die spruitjies, riviere en oseane is hier baie natuurlik; die spruitjies en riviere stroom en die see neem hulle op.

7 Kyk net verder! Die berge, wat die van die aarde baie getrou in die kleine voorstel, is duidelik van dieselfde materie. Die gletsers het hulle sneeu en ys, die kalkgebergtes hulle kalk, die laere alpe hulle weivelde en verder na benede hulle bebossing. En kyk net baie goed, elke stad en elke dorp is presies weergegee.

8 Daar lê byvoorbeeld juis julle stad. Bekyk haar maar en dan sal julle sien dat nie die geringste daaraan ontbreek nie. Maar kyk ook net hoe selfs wolke en newels verby trek, presies in die rigtings en in dieselfde vorme soos wat hulle hulleself altyd gelyktydig op die werklike aarde bevind. Kyk, dit is tog sekerlik `n perfekte sfeer. Hy is weliswaar taamlike groot; sy deursnee sal volgens julle maatstawwe ongeveer twintig klafter wees. (38 meter in deursnee)

9 Maar hoe kan hy dan aan alle kante oorsien word? Heel maklik, want kyk, in die eerste plek hang, of beter gesê, rus hy op die groot voetstuk deur middel van `n kolossale spil, volkome parallel aan `n ronde galery, wat presies tot by die hoogte van die pole reik. Op hierdie galery bevind ons leerlinge hulle, saam met hulle leraars, en bekyk `n hele meridiaan sorgvuldig. As hulle dit goed in hulle opgeneem het, dan word die sfeer een meridiaan verder gedraai en somaar deur, totdat die hele aarde op hierdie manier bestudeer is.

10 Maar is dit die enigste sfeer en het die leerlinge met hierdie studie die geografiese leervak beëindig? O nee! Kyk, daar ietwat verder voor ons lê alweer `n groot saal. Daarin is `n gelyksoortige sfeer, wat die aarde voorstel soos wat hy duisend jaar gelede was, en weer in `n aangrensende groot saal een, wat die aarde nog eens `n duisend jaar gelede voorstel en so gaan dit deur tot by Adam.

11 Op hierdie manier leer die leerlinge tydens die geografie, ook tegelykertyd die wêreldgeskiedenis, hulle gaan altyd net die omgekeerde weg. Hulle begin by die teenswoordige tyd en gaan sodoende van die verskynsels terug na die oorsaak, dit wat soveel wil sê as van buite na binne gaan.

12 Julle vra nou: Op aarde vind enorme veranderinge egter van jaar tot jaar plaas; hoe kan mens dit dan wel op die groot, steeds duisend jaar omvattende sfere bestudeer? Daarop sê ek niks anders nie as: Kyk net ietwat om jou heen en neem alles wat hom in so 'n groot saal bevind, in oënskou. Kyk, op `n afstand staan daar in elke saal nog tien ietwat kleiner sfere. Hulle stel die aarde van eeu tot eeu voor en wel ewe lewenseg soos wat op die grote te siene is. Agter hierdie tien sfere sal julle weer in goeie orde `n nog groter aantal ontdek, waarop die veranderinge op die aarde van jaar tot jaar aangegee word, en daaragter, die verste weg, in die laaste ry, sal julle baie klein sfere ontdek met `n deursnee van nouliks drie voet, waarop die veranderinge op aarde van dag tot dag aangegee word. 

13 In die eerste saal kan julle sien, dat daar, volgens julle berekening, `n nuwe sfeer elke dag aan hierdie laaste ry toegevoeg word, dit wil sê in die saal wat julle huidige millennium voorstel. Sodat die leerlinge nie te veel met die klein sfere te doen het nie, word hulle vooraf deur die leraars op die groot sfere reeds aangegee watter veranderinge hom hier of daar op aarde voorgedoen het. Daardeur leer die leerlinge alles ken en kan hom later, ter eie bevestiging, self van dit alles op die klein sfere oortuig.

14 Aan die einde van die laaste saal, waarin die aarde ten tye van Adam uitgebeeld word, is daar ook `n opening, waardeur ons leerlinge die werklike aarde, soos deur `n soort verkyker, kan bekyk, waardeur hulle hulle volkome kan oortuig van alles wat hulle in hierdie sale oor die aarde geleer het.

15 Hoe lank duur so `n leerproses egter volgens julle tydrekening? Hoogstens ses na sewe dae, want julle moet hier `n verreweg groter en meer onbelemmerde, suiwer geestelike bevattings­vermoë in aanmerking neem, waardeur so 'n geestelik gewekte kind in één minuut meer begryp as julle op aarde in één jaar. Daarenteen doen situasies hulle in die ryk van die onvolmaakte geeste voor, waarby `n gees in honderd jaar minder vooruit gaan as `n mens op aarde in één minuut.

16 So is daar ook op julle ooreenstemmende aarde en in die besonder ook op die maan, onderrig- en verbeteringsinstellinge vir geeste, waarin hulle waarlik erbarmlik sleg vooruitgaan. Maar dit hoort nie hier tuis nie, omdat die geeste hulle hier in hulle volmaaktheid en oorspronklike suiwerheid bevind.

17 Wat leer die kinders egter na hierdie kursus? Kyk, voor ons, verder na die middag, staan alweer `n enorme groot gebou. Wat word daar onderrig? Ek sê vir julle; niks anders nie as die natuurlike samestelling van die uiterlike wese van die aarde, dus die natuurlike geologie en die ontstaan van die aarde. Eers as dit alles aanskoulik en terdeë opgeneem is, gaan mens oor na die geskiedkundige, en van daaruit na die geestelike aarde. Julle sal julle egter ter plaatse daarvan kan oortuig hoe dit alles aangebied word, net soos julle dit tot nou toe gedoen het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205