Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Tweede en derde saal. Onderrig oor die tweede en derde gebod

76 Ons hoef egter nou nie verder te volg wat hierdie kinders nog hier van hulle leraars oor die Heer te hore kry nie, want die tyd, of die toestand waarin hulle die Heer as`t ware volledig verloor het, het hulle deurstaan en daarmee ook die eerste van die lesingsale, waarvan daar in hierdie afdeling, soos julle al vroeër gesien het, twaalf is. Dit sou te lank duur om in al die volgende lesingsale die voortgaande onderrig met hierdie kinders mee te maak. Sodat julle egter tog mag weet wat daar in hierdie sale onderrig word, sê ek vir julle dat julle reeds uit die eerste bord in die middel van die eerste lesingsaal kon aflei waaroor dit in hierdie groot skool gaan, naamlik niks anders nie as die tien gebooie van Moses en ten slotte oor die twee gebooie van die liefde.

2 In elke volgende saal word `n nuwe gebod op praktiese wyse geleer en geoefen, deurgaans op dieselfde manier as hier by die eerste gebod in die eerste saal, waarby julle ruimskoots die geleentheid gehad het om dit gade te slaan.

3 So word dadelik in die volgende saal die gebod: "Jy sal die Naam van God nie ydelik gebruik nie" behandel. Julle begryp weliswaar ook nie wat die gebod wesenlik beteken nie, daarom sal ek ook, vir julle deur middel van klein duwweltjies en voorbeelde, die korrekte betekenis van hierdie gebod duidelik maak.

4 Om te begin word die gebod hier in hierdie tweede saal nie sodanig uitgelê, asof niemand by onbelangrike geleenthede die Naam van die Heer, hoe dit ookal mag lui, sonder die gepaste hoogagting en eerbied sou mag uitspreek nie; anders sou die gebod eintlik so goed as niks beteken nie. As iemand van mening is die hy die Naam van die Heer slegs in die uiterste geval van nood en dan altyd met die allerhoogste agting en eerbied sou mag uitspreek, dan beteken dit nie meer en nie minder nie as: `n Mens moet die Naam van God eintlik gladnie uitspreek nie, omdat twee voorwaardes hier vereis word waaronder die Naam van God uitgespreek sou mag word. Ten eerste staan hierdie voorwaardes self egter op losse skroewe, omdat op grond daarvan niemand verseker meer presies kan weet wanneer daar sprake is van so 'n uiterste geval van nood, waarby `n mens die allerheiligste Naam op `n waardige manier sou mag uitspreek nie. Ten tweede, al sou so 'n situasie hom nou voordoen, soos byvoorbeeld `n oorduidelike geval van lewensgevaar, wat `n mens onder verskillende omstan­dighede kan oorkom, dan is dit die vraag of `n mens wel in so 'n uiterste bedenklike situasie, die teenwoordigheid van gees en die selfbeheersing sal besit, om op `n waardige manier, die hoe dan ook gevormde naam van die Heer, te kan uitspreek. 

5 Wanneer julle die verklaring van die tweede gebod so, soos wat dit gewoonlik op aarde gangbaar is, beskou, dan moet julle ongetwyfeld tot die eindoordeel kom dat die Naam van die Heer eintlik gladnie uitgespreek mag word nie en wel om die eenvoudige rede dat dit tog nouliks denkbaar is dat die twee gestelde voor­waardes ooit met mekaar sal kan ooreenstem. Ek sou wel graag die mens op aarde wil ken wat hom in sy hoogste nood in `n rustig verhewe, eerbiedige en aandagtige toestand kan verplaas, waarin hy die Naam van die Heer op `n waardige manier sou kan uitspreek.

6 As dit korrek sou wees, dan sou geen mens ook mag bid nie, want in die gebed noem hy immers ook die Naam van die Heer. Maar die mens moet tog daagliks bid en God die eer gee en hy moet die gebed nie beperk tot uiterste noodsituasies nie.

7 Uit dit alles blyk dat die gebod as onwaar opgevat kan word. Om egter met één hou aan al die gepieker daaroor, `n einde te maak, sê ek in kort vir julle hoe die gebod in sy diepste wese opgeneem moet word. En so beteken; "Jy sal die Naam van God nie ydellik gebruik nie" soveel as:

8 Jy sal die Naam van God nie slegs met die mond noem nie, nie slegs die geartikuleerde klank van `n paar lettergrepe uitspreek nie, maar jy moet, aangesien God die essensie van jou lewe is, Sy Naam ook altyd vanuit jou diepste wese uitspreek; en dit beteken: Jy moet die Naam van God nie meganies nie, maar in al jou handelinge altyd baie lewendig en kragdadig tot uiting bring, want wat jy ookal doen, dit doen jy met die God verleende krag wat aan jou geskenk is. Wend jy hierdie krag vir slegte handelinge aan, dan ontheilig jy duidelik die goddelike in jou; want dit is jou krag, die lewende Naam van God!

9 Kyk, die gebod wil dus sê, dat die mens die Naam van God in die eerste plek moet ken, moet besef wat dit beteken en waaruit dit bestaan, en dit dan nie ydelik en slegs met uiterlike woorde moet uitspreek soos enige ander naam nie, maar altyd daadkragtig, omdat die Naam van God die daadkrag van die mens is. Daarom moet die mens ook alles wat hy doen, in hierdie Naam doen. Doen hy dit, dan is hy iemand wat die Naam van God nie ydellik gebruik, deur die uiter van woorde nie, maar daadkragtig en lewendig in homself uitspreek.

10 En kyk, op hierdie manier, dus prakties, word die tweede gebod in hierdie tweede saal vir die leerlinge geleer en solank deur elkeen van hulle geoefen, totdat hy die korrekte vaardigheid daarin bereik het. Het hy dit, dan word daar in die derde saal tot die derde gebod oorgegaan, wat, soos julle weet, as volg lui:

11 "Jy sal die sabbat heilig". Maar wat wil dit sê, veral hier, waar dag en nag mekaar nie meer afwissel nie en die dag dus ewig voortduur? Wanneer is dit dan wel sabbat? Is die gebod egter van goddelike afkoms, dan moet dit `n ewige en nie slegs tydelike reël wees nie en moet dit in die ryk van die geeste dieselfde volledig geldende betekenis hê as op aarde.

12 By julle beteken dit dat die mens op die sabbat, as verpligte feesdag, geen slaaflike arbeid mag verrig, waaronder immers al die betaalde werk begryp word nie. Dit word mos wel toegestaan om skouspele op te voer, te dobbel en te dans soos die heidene! Daar word aangeraai om `n dag voor die sabbat te vas, om dan op die sabbat des te beter en meer te kan vreet. So is dit ook aan die eienaars van eetgeleenthede toegestaan om hulle geregte te verkoop en hulle gaste op `n feesdag nog meer as op andere dae te bedrieg. Dit beteken mos om die sabbat regmatig te heilig; die meer geseënde arbeid op die veld en op die akker mag nie verrig word nie, maar al die ander is wel geskik vir die sabbat!

13 Die Heer het egter Self op aarde laat sien dat die mens ook op die sabbat baie gepaste arbeid en goeie werke kan verrig. Omdat die Heer Self op die sabbat gewerk het, is ek van mening dat iedereen tog genoeg bewyse het, dat onder "die heiliging van die sabbat" iets baie anders verstaan moet word as om nóg te werk, nóg iets onder hande te neem wat nuttig en lonend is.

14 Wat word daar dan onder die heiliging van die sabbat verstaan? Wat is die sabbat? Ek sê baie kortliks vir julle:

15 Die sabbat is nóg die Saterdag, nóg die Sondag, nóg die Paassondag of Pinkstersondag, nóg een of ander dag van die week of van die jaar, maar dit is niks anders nie as die dag van die gees in die mens, die goddelike lig in die menslike gees, die opgaande son van die lewe in die menslike siel. Dit is die lewende dag van die Heer in die mens, wat hy steeds beter leer ken en moet heilig met al sy handelinge, wat hy uit liefde vir God en van daaruit, uit liefde vir sy naaste moet verrig.

16 Aangesien die mens hierdie heilige rusdag van die Here nimmer in die gewoel van die wêreld wil of kan vind nie, moet hy hom van die wêreld terugtrek en hierdie dag van die lewe, van heilige rus in God, in homself soek.

17 Daarom was die volk van die Israeliete ook gebied om minstens één dag in die week te bestem, om hulle uit wêreldse sake terug te trek en hierdie dag van die lewe van die heilige rus in God in hul innerlike te soek. Maar die mens het die gebod slegs op `n uiterlike en materiële manier in ag geneem en het dit langs hierdie weg ten slotte sover gebring dat die mens nie eens die Heer van die sabbat herken het nie, Hom, die Heilige Vader, toe Hy, deur oneindige liefde gedrewe, na Sy kinders op aarde gekom het nie! 

18 Ek dink dat dit na hierdie woorde vir julle volkome duidelik sal wees wat daar onder die heiliging van die sabbat verstaan moet word en hoe hiermee omgegaan moet word.

19 Tewens sou julle tog ook begrip moet hê vir die vraag of julle heiliging van die Sondag wel vir `n waaragtige sabbatsheiliging kan deurgaan en of mens deur een uur aandag in die kerkdiens, maar daarna suiwer wêreldse vermaak, wel die innerlike lewende, ewige rusdag van die Here kan bereik?

20 As ek met julle op aarde sou gewees het, sou ek `n baie hoë prys wou gesit het op die lewering van die bewys, dat deur kerk toe te gaan, vervolgens die stewige gevretery, ten slotte deur wande­ling, bootreis of perdry, nou en dan ook dans, dobbel of oormatig gedrinkery, dikwels deur lieg en bedrieg, deur gewoonlik afskeep­besoekies af te lê en meer sulke ondernemings, die ware sabbat in die gees gevind en geheilig sal kan word. Wie weet of daar nie `n filosoof is wat in staat sou wees om so `n bewys te lewer nie; by ons sou hy hom sekerlik as `n vervalser onderskei.

21 Dat die kinders hier slegs die lewende sabbatsheiliging geleer en op praktiese wyse met hulle beoefen word, hoef nouliks van naderby vermeld te word. Julle kan duidelik daaruit aflei hoe die gebod van die Heer daadwerklik in sy diepste wese opgeneem moet word.

22 Net soos hierdie twee gebooie en die voorafgaande eerste, sal ons ook die ander baie kortliks deurloop, sodat julle baie goed die diepste sin, vanwaar alle gebooie hier vir die kinders bygebring word, sal begryp. Daarom sal ons vervolgens baie kortliks die vierde gebod in die vierde saal beskou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205