Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Die vierde gebod in die vierde saal (in geestelike sin)

77 Die vierde gebod, soos julle dit op aarde ken, lui so: "Eer u vader en moeder sodat u lank kan lewe en dit met u goed mag gaan op aarde". Dit gebod is net so van goddelike oorsprong as die eerste drie. Maar wat gebied dit en wat beloof dit? Niks anders nie as die gehoorsaamheid van die kinders aan hulle ouers en `n tydelike voorreg vir hierdie gehoorsaamheid.

2 Kan elkeen homself dan nie afvra nie en sê: Hoe het so `n goddelike gebod slegs geldingskrag deur tydelike beloftes? Dit het niks sigbaars voorhande, waarin ewige, geestelike voordele gebied word nie? Wat het die mens dan aan so 'n tydelike voorreg en wat het mens aan `n goeie en lang lewe, as niks hoër daarop volg nie?

3 Dit is waar; `n goeie en lang lewe is beter as `n kort en slegte een. Maar as die onwelkome dood aan die einde van die lewens­periode verskyn, watter voordele het die goeie en lange lewe dan ten opsigte van die slegte en kort lewe? Ek dink dat die mens geen deurwinterde wiskundige hoef te wees nie om te kan sê: Die verskil kom oral op nul uit; want die eerste kry, netsoos die tweede, heeltemal niks nie en daarom maak dit nie saak hoe die weg na hierdie ontvangs was nie, - goed of sleg.

4 Volgens hierdie maatstaf sou die vierde gebod op `n baie wankelende bodem gebaseer wees en die ouers sou werklik beroerd daaraan toe gewees het as hulle kinders al met so `n filosofie op aarde gebore sou word; die kinders self sou naamlik met sulke insigte weinig rede hê om hulle ouers te gehoorsaam. Bowendien kan mens by die gebod nog die volgende kritiese kantaantekening maak: Soos die gebod lui, het dit slegs `n tydelike basis en gee dus slegs die plig van kinders ten opsigte van hulle ouers weer.

5 Die vraag is dus: Hoe moet dit dan met die gebod hier in die ryk van die geeste, waar die kinders vir ewig van hulle ouers vervreem is, lyk? Maar as hulle van hulle ouers vervreem is, dan is hulle tog sekerlik ook onthef van die aardse pligte teenoor hulle. Desondanks sien ons dat hierdie gebod hier in hierdie vierde saal op die bord geskrywe staan. Sou dit miskien vir hierdie kinders op die Heer betrekking hê? Dit sou aanneemlik gewees het as die veelbelowende sin nou maar nie daaronder gestaan het nie: "Sodat u `n lang lewe kan hê en dit met u goed mag gaan op aarde". - As daar sou gestaan het: "Sodat u ewig mag lewe en dit met u goed mag gaan in die hemel", dan sou so `n veranderde versie van die gebod baie goed te begryp gewees het; maar `n tydelike belofte in die ewige ryk van die geeste klink dan tog `n bietjie vreemd.

6 Wat dink julle wat hier gedoen moet word om hierdie wet `n volkome gefundeerde, goddelike aansien te verskaf? Julle trek die skouers op en sê baie saggies by julleself: Beste vriend en broeder, as dit hier van ons redenering afhang, dan sal die suiwer geestelike, goddelike sfeer van hierdie wet `n groot probleem word, want uit bogenoemde beskouing is daar, soos wat ons dink, bepaald nie op `n maklike manier iets veel geesteliks daaruit te haal nie.

7 Ek sê egter vir julle dat juis hierdie gebod, soos byna geen ander een nie, suiwer geestelik is. Nou trek julle weliswaar groot oë, maar dit verander niks aan die saak nie. Sodat julle dit egter op één slag mag sien, sal ek niks anders doen nie as om hierdie wet met ietwat ander woorde uit te spreek, naamlik soos hy ook hier in hierdie leersaal voorgedra word, en dan sal julle die volle waarheid onmiddellik insien. Maar hoe lui dit hier? Luister!

8 Kinders, wees gehoorsaam aan God se orde, wat uitgaan van Sy Liefde en Wysheid (aangedui as vader en moeder), sodat julle op aarde lank en in welsyn mag lewe. Wat beteken `n lang lewe en wat beteken daarenteen die ewige lewe? Die "lang lewe" beteken die lewe in die wysheid; en "lang" word hier nie as tydsduur nie, maar as `n uitbreiding en `n steeds kragtiger word van die lewe beskou, want in die woord of begrip "lewe", lê op sigself immers al die ewige duur beslote. Die woord "lang" beteken dus absoluut nie die duur nie, maar uitsluitlik die uitbreiding van die lewenskrag waarmee die lewende wese steeds meer in die dieptes van die goddelike lewe deurdring en juis daardeur sy eie lewe steeds volmaakter, sterker en werksamer maak.

9 Dit het ons gehad; maar die "in welsyn lewe op aarde"; wat wil dit sê? Niks anders nie as om die goddelike lewe jou eie te maak, want onder "aarde" word hier die eie wese verstaan en onder die “welsyn” in wese niks anders as die vrye bestaan in homself volgens die volledige, sy eie gemaakte goddelike ordening.

10 Hierdie kort verklaring is voldoende om in te sien dat juis hierdie wet van volkome, suiwer geestelike aard is. Wanneer julle dit by geleentheid noukeuriger wil ondersoek, dan sal julle op julle eie aarde ontdek dat dit so is. So word dit hier by die kinders ook prakties bygebring en wel met die grootste nut. Aangesien ons dit nou weet, begewe ons onsself dan ook dadelik na die vyfde saal.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205