Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Sewende saal - sewende gebod

82 Ons is in die sewende saal. Kyk, in die middel daarvan is daar `n bord aan `n ligte wit pilaar aangebring, waarop in duidelik leesbare skrif geskrywe staan: "Jy mag nie steel nie!" By die eerste blik op die gebodsbord kom tog by iedereen dadelik die vraag op:

2 Wat sou hier gesteel kan word? Niemand het immers eiendom nie, maar elkeen is slegs `n vruggebruiker van dit wat die Heer gee. Hierdie vraag is natuurlik en het haar goeie rede, maar kan ook met dieselfde reg op aarde gestel word; want ook op aarde is alles wat daar is, van die Heer en tog kan mense mekaar op alle moontlike maniere besteel.

3 Sou mens hom dan nie ook kan afvra; het die Heer die wêreld nie vir alle mense gelyk geskape en het elke mens nie dieselfde reg op alles wat die geskape wêreld aan veelsoortige genot bied nie? As die Heer die wêreld egter verseker nie vir enkelinge nie, maar vir almal geskape het, en dus elkeen die reg het om die produkte van die aarde volgens behoefte te gebruik, waartoe dien die gebod dan vervolgens, waarmee aan die mens kennelik een of ander eiendomsreg verleen word en waardeur diefstal eers dan moontlik word? Waar geen myn en dyn is nie, maar slegs `n algemene "van ons almal", daar sou ek graag iemand wil sien wat in staat sou wees om sy naaste te besteel.

4 Sou dit dan nie verstandiger gewees het, om in plaas van die gebod, waardeur ruimte gebied word aan die gevaarlike eiendomsreg wat saamgebring word, om alle eiendomsreg vir alle tye op te hef nie? Daardeur sou die gebod dan volkome oorbodig word, as alle eiendomsregsake nooit op aarde ontstaan het nie en sou die mense op die maklikste manier soos waaragtige broeders met mekaar kon lewe.

5 Daarby moet mens nog bedink dat die Heer juis die gebod deur Moses in `n tyd gegee het, waarin ook nie een van die talryke kinders van Israel een of ander eie vermoë gehad het nie; want die saamgeneemde goud en silwer uit Egipte was die eiendom van die hele volk en dit het onder toesig van hulle leiers gestaan.

6 Wat die kleding egter betref, dit was uiters eenvoudig en so armsalig dat so `n kledingstuk in julle teenswoordige tyd sekerlik nie meer werd sou wees as enkele miserabele stuiwers nie. Bowendien het nie een van die Israeliete ekstra kleding in voorraad gehad nie, maar wat hy aan sy lyf gedra het, was alles wat hy besit het.

7 Vervolgens het die gebod gekom. Die Israeliete moes hulle tog sekerlik verbaas afgevra het; wat kan ons dan wel van mekaar steel? Miskien ons kinders? In hierdie huidige, benarde situasie is elkeen tog bly wanneer hy so min moontlik kinders het. Sou ons miskien die potte van mekaar steel? Wat sou ons daarby wen? Want wie geen pot het nie, het sonder meer die reg gehad om, as hy iets te kook het, dit in die pot van sy buurman saam te kook. Maar het hy net een pot, dan is dit tog nie nodig om nog `n tweede te bemagtig om daardeur nog meer te moet saamsleep nie. Ons sien waarlik nie in, wat ons hier van mekaar sou kon steel nie. Miskien ons eer? Ons is almal dienare en knegte van een en dieselfde Heer, wat die waarde van elke mens baie goed ken. Ook al sou ons mekaar wil verkleineer, wat sou ons daardeur bereik voor die aangesig van Hom, wat ons altyd volkome deursien? Ons weet dus absoluut nie wat ons met die gebod moet doen nie. Sou die gebod vir toekomstige tye geld, vir die geval dat die Heer ons eendag `n aparte eiendom sou wil toeken? As dit so is, dan mag Hy ons wel laat soos wat ons is, en dan hef die gebod hom vanself op. 

8 Kyk, so het die Israelitiese volk ook werklik hier en daar geredeneer en hulle was dit in hulle situasie in die woestyn ook nie kwalik te neem nie, want daar was elkeen ewe ryk en ewe hoog in aansien.

9 Sou die teenswoordige, gelowige volk van die Nuwe Testament nou egter ook nie opstandig kan word nie en vir die Heer sê: O Heer, waarom het U dan destyds `n gebod gegee waardeur daar mettertyd aan die mense op aarde `n afgesonderde eiendomsreg verleen geword het, as gevolg waarvan `n groot aantal diewe, straatrowers en moordenaars hulleself gevorm het? Hef daarom die gebod op, sodat die leër van diewe, moordenaars, rowers en allerlei bedrieërs, en `n tweede leër van wêreldse regters, elkeen op sy eie gebied, en wat alle naasteliefde verstok het, met hulle besighede mag ophou!

10 Dan sê ek: Hierdie oproep laat hom hoor en lyk by hierdie kritiese beligting volkome billik. Hoe en waarom? In die eerste plek omdat mens van God as die allerhoogste, mees liefdevolle Vader tog sekerlik niks anders as slegs die allerbeste kan verwag nie. Hoe sou mens dan kan dink dat God, as die allerbeste Vader van die mense, vir hulle `n grondwet sou wil gee, wat hulle kennelik, sowel tydelik as ewig, ongelukkig moes maak?

11 Wanneer mens egter aan God tog sekerlik die allerhoogste goedheid, die allerhoogste wysheid en dus die alwetendheid moet toeskrywe, sodat Hy tog ongetwyfeld sou moet weet watter vrugte so `n gebod sal dra, dan kan `n mens tog nie daaromheen kom om te vra: Heer, waarom het U ons so `n gebod gegee, waardeur U ons dikwels onnoemlik ongelukkig gemaak het? Was dit werklik U wil, of het U die gebod nie gegee nie, maar het die mense dit eers naderhand uit eiebelang daartussen ingevoeg? Het hulle hulleself miskien voorgeneem om hulle van die groot massa van hulle broeders af te sonder om hulleself, soos in die situasie, die reg toe te eien om vir hulself skatte te versamel, waarmee hulle hulleself dan des te makliker soos heersers oor al hulle arme broeders sou kon verhef? Kyk, dit alles laat hom hoor en niemand kan iets daarteen inbring nie. Mens moet bowendien nog die menslik verstand bewierook, om in hierdie tyd tenminste nog die moeite gedoen het om die wette van Moses krities op hierdie manier te belig. Maar wie het dan iets met hierdie kritiek gewen? Nie die mense nie en sekerlik ook nie die Heer nie, want met hierdie kritiek kom die goddelike liefde en wysheid kennelik nie tot uitdrukking nie.

12 Hoe moet die gebod egter opgeneem en beskou word, sodat dit volkome geheilig voor God en alle mense sigbaar word dat dit die hoogste goddelike liefde en wysheid uitdruk en dit die mees wyse sorg van die Heer vir die verkryging van die tydelike en ewige geluksaligheid in haarself dra? Dus, soos dit tot nou toe uitgelê was, sou dit, veral in die teenswoordige tyd, tog slegs onheil moet bring. Daarom sal ons, met die erbarming van die Heer, die ware betekenis van die gebod onthul, sodat die mense voortaan hulle heil en nie hulle onheil daarin sal vind nie. Om dit te bewerkstellig, sal ons eers moet bekyk wat onder steel verstaan word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205