Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Wat is `n valse getuienis?

86 Sodat ons dan ook hierdie gordiaanse knoop met één ruk kan ontwar, sal ons dadelik begin om die hoofbegrip van die agtste gebod uitvoerig te bespreek.

2 Ons weet dat die Heer aan elke gees `n vrye wil gegee het en dus ook die vrye gedagte waarmee hierdie vrye wil belig kan word. Hierdie gedagte in die gees is eintlik die gesigsvermoë en die lig van die gees, waarmee hy die dinge in hulle natuurlike sfeer kan sien.

3 Naas die lig, wat elke gees wesenlik van God as eiendom gekry het, het hy ook nog `n tweede vermoë om `n mees innerlike, allerheiligste lig van God op te neem; maar nie deur middel van sy oog nie, maar via die oor, wat eintlik ook `n oog is. Dit word voortgebring deur die almagtige wil van die Heer, maar `n oog vir die opneem van die suiwer geestelike lig uit God, naamlik die woord van God.

4 Julle, met nog julle natuurlike geaardheid, kan al begryp, as julle tenminste ietwat ag daarop slaan, hoe groot die verskil is tussen dit wat julle met die oë sien, en daarnaas met die ore hoor. Met julle oë kan julle slegs natuurlike beelde sien, maar met julle ore kan julle strale uit die mees innerlike, goddelike diepte opneem.

5 Julle kan die taal van die geeste in die harmonie van die klanke hoor of beter gesê: Julle kan die geheime vorme van die mees innerlike, geestelike skepping reeds uiterlik materieel met julle vleeslike ore verneem. Hoe ver staan die oog dan agter by die oor!

6 Kyk, so is dit ook met die gees. Hy is danksy sy geaardheid in staat om tweërlei sake op te neem, naamlik die uiterlike figuratiewe en die innerlike wesenlik ware.

7 Aan die dubbele aanskouing lê die geheim van die vrye wil ten grondslag.

8 Elke mens, hetsy suiwer geestelik, hetsy nog met materie omhul, hang deur die vermoë baie natuurlik tussen `n uiterlike en `n innerlike. Hy kan daarom steeds `n tallose hoeveelheid uiterlike vorme aanskou, maar kan ook tegelykertyd eweveel van die innerlike, suiwer goddelike waarheid in homself opneem.

9 Met die lig van buite neem hy van alles wat hy sien slegs die uiterlike vorm op en kan in homself, juis deur die opname van hierdie vorme, die skepper van sy gedagtes wees.

10 Met hierdie gedagtes kan hy ook die vrye wil wat aan hom ter beskikking gestel is, in beweging bring, hoe en wanneer hy wil.

11 Gebruik hy nie die ander oog van die innerlike goddelike lig nie, maar neem hy genoegdoening met die vorme en hou hy hom slegs daarmee besig, dan is hy `n mens wat homself kennelik bedrieg, want die vorme bly vir hom immers leë verskynsels solank as wat hy nie die diep betekenis daarvan kan begryp nie.

12 Wanneer `n mens egter ook, tegelykertyd met die innerlike lig wat van die Heer ontvang word, die innerlike van die vorme aanskou wanneer hy maar wil, maar daarby veins en iets baie anders oor die uiterlike vorme weergee as haar hoë betekenis wat hy met die innerlike geestelike oog, wat die oor is, sien, dan gee hy van die uiterlike waargenome vorme tog duidelik `n valse getuienis.

13 Nou het ons al tot in die wortels uiteengesit wat in die diepste wese "`n valse getuienis gee" is. Maar in hoofsaak kom dit weer daarop neer, dat die mens oor die goddelike waarheid in homself nie anders moet spreek as wat hy haar in homself waarneem nie.

14 Maar in die allerdiepste innerlike is die saak dan as volg: Die liefde is gelyk aan die innerlike aanskoue waarheidslig regstreeks uit God en die wysheid is gelyk aan die uitstralende lig uit God deur alle oneindige ewige ruimtes.

15 Wanneer iemand egter die liefde het en dit nie aanwend nie, maar in plaas daarvan met sy uiterlike lig en sy wil wat deur die lig gedeel is, voortdurend verder na buite in die oneindigheid uitgaande strale gryp, dan word hy steeds swakker, maar as gevolg van sy na alle kante toe uitwaaiende, geestelik gesien, steeds verwaander en ook steeds minder ontvanklik vir die inwendige liefde- waarheidslig uit God.

16 As dit die geval is dan gaan die mens steeds minder na God lyk en gee daardeur met elke atoom van sy wese `n volslae vals getuienis van die goddelike Wese, wie se volkome ewebeeld hy moes wees.

17 Wie derhalwe die goddelike woord verneem, en dit nie volg nie, maar slegs volg wat sy uiterlike oë behaag en waardeur sy sinlike wil geprikkel word, gee met elke tree wat hy doen, met elke woord wat hy spreek en met elke handbeweging wat hy maak, `n vals getuienis. Al sou hy ook die suiwerste goddelike waarheid, die suiwer woord van die evangelie wil spreek, dan lieg hy tog en gee die Heer `n valse getuienis, omdat hy nie volgens die woord en volgens die waarheid handel nie.

18 As iemand bid en sy aandag op God rig, maar nie volgens die woord van die Heer leef nie, dan is hy `n leuenaar, sowaar as wat hy leef. Sy gebed is dan slegs `n uiterlike vorm, waarvan die innerlike waarde geheel en al verlore gaan omdat die innerlike, goddelike lig nie gebruik word om die inwendige van hierdie uiterlike vorm te verlig en te verlewendig nie.

19 Presies so is dit wanneer iemand `n ster met die grootste verrukking aanskou. Wat het hy aan al die verrukking en beskouing as hy die ster nie van baie naby as `n wonderbaarlike wêreld kan aanskou nie? Hy lyk dan soos `n hongerige voor `n afgeslote broodkas. Hy kan hierdie broodkas hoe verlangend en vererend aanskou, maar word hy daardeur versadig? Sekerlik nie, want solank hy nie in die brood kan byt en dit nie in sy maag kan opneem nie, het hy niks aan alle beskouing, verering en verrukking van die broodkas nie.

20 Maar hoe kan mens die broodkas van die ware gelykenis met God, dan in homself open en homself versadig? Sekerlik nie anders as deur die in homself aanwesige innerlike middel sodanig aan te wend, dat mens hom na die van God verneemde waarheid rig. Dat mens verder van die van buite af aanskoue vorme slegs dit vir daadwerklike gebruik opneem, wat mens en in hoeverre mens dit as volledig in ooreenstemmende gelykenis met die innerlike lig, dus goddelik waar bevind het. Sodra dit nie die geval is nie, is alles wat die mens doen en onderneem `n valse getuienis oor die innerlike goddelike waarheid en dus `n suiwer leuen teenoor elke medemens.

21 Daarom spreek die Heer: "Wie bid, moet in die gees en in die waarheid bid" en "As julle bid, gaan dan in julle kamertjie" en verder; "Dink nie daaroor na wat julle sal sê, want op die korrekte oomblik sal dit julle in die mond gelê word".

22 Hier word kennelik die uiterlike gedagtes bedoel, wat op sigself al geen waarheid is nie, omdat dit gedagtes is; want die waarheid is volkome innerlik, het die motief tot handelinge volgens God se woord en bied homself altyd aan voor `n daaropvolgende losse gedagtestroom.

23 Daarom sou elkeen hom ook na hierdie innerlike waarheid moet rig en volgens haar werke. Hy sal so sy gedagtes steeds meer werksaam met die innerlike lig verbind en daardeur innerlik tot eenheid en dus tot goddelike gelykenis kom, waarin dit vir hom dan vir ewig onmoontlik word om nog te lieg.

24 Maar dat elkeen wat anders spreek as wat hy dink en anders handel as wat hy spreek en dink, `n leuenaar is, is vanself­sprekend; want so iemand is al heeltemal in die alleruiterste, grofste materie begrawe en het sy gees haar gehele goddelike vorm ontneem. So word die gebod ook hier aan die leerlinge volgens sy mees innerlike betekenis uitgelê. Aangesien ons dit nou weet, kan ons onsself dadelik verder na die negende saal begewe. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205