Die Geestelike Son - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 94

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128.

 

Wie is die "jy" in die tiende gebod?

94 In die wet staan: "Jy mag die vrou van u naaste nie begeer nie". Kan mens nie hier vra: Wie is nou eintlik die ‘jy’? Is dit iemand wat getroud is, `n wewenaar, `n ongehude jongman, `n jongeling of is dit miskien ook `n vrou, vir wie mens tog ook kan sê: Jy sal dit of dat nie doen nie? Mens sal nou sê: Dit is vernaamlik vir die manlike geslag bedoel, sonder onderskeid, getroud of ongetroud, en dat die vrouens terloops ook saam gereken kan word en nie die reg het om ander manne te verlei en te begeer nie, spreek vanself.

2 Ek sê daarenteen: As mense reeds in staat is om hulle wetgewing so haarfyn vas te lê en in hulle wetgewing vir alle moontlike voorvalle aparte baie noukeurige en verstandige riglyne opstel, dan sal mens die Heer tog nie kan verwyt dat Hy uit onkunde onduidelik geformuleerde wette sou gegee het of dat Hy, soos `n slim advokaat, sy wette so dubbelsinnig sou opgestel het, dat die mense onvermydelik wel daarteen moet sondig.

3 Om uit die nadere beskouing van hierdie inderdaad onduidelik geformuleerde lykende wet `n sodanige gevolgtrekking te trek, lyk my tog ietwat al te bar. Mens kan daarom veeleer die gevolgtrekking maak dat hierdie wet, net soos alle ander, hoogs noukeurig is. Dit was slegs mettertyd en in die besonder in die tyd van die hiërargie se ontstaan, sodanig verdraai en verkeerd uitgelê, dat geen mens nou meer die eintlike, ware betekenis van hierdie wet ken nie. En dit het uit suiwer hebsug gebeur. In haar eintlike suiwer betekenis sou hierdie wet die priesterdom nooit `n sent opgebring het nie, maar in haar versluierde betekenis gee dit aanleiding tot allerlei betaalde bemiddelings, dispensasies en egskeidings, en dit natuurlik vroeër baie meer as teenswoordig. Want destyds was dit so gestel, dat twee of meer bure hulle gladnie kon beskerm teen die sondiging teen hierdie wet nie. Waarom dan nie?

4 Hulle moes natuurlik uit oorgrote vrees vir die hel verskeie kere per jaar gewetensvol bieg. Dan word hulle op die punt baie ywerig ondervra en dan word, ingeval een of ander buurman `n mooi jong vrou het, selfs al `n gedagte, `n blik, of uiteindelik `n gesprek van die kant van die ander manlike bure reeds tot owerspelige sonde teen die gebod verklaar, waarvoor meestal `n offer as boetedoening opgelê was. Was daar selfs sprake van `n ietwat sterker toenadering, dan was ook die volledige verdoemenis al `n feit en hulle wat op die weegskaal van St Michael al tot in die hel gesink het, moes op die ander leë skaal baie aansienlike offers werp, sodat dit weer `n oorwig kry en die arme verdoemde sondaar gelukkig weer uit die hel trek. Die oor Gods mag beskikkende priesters behoort gladnie tot hulle wat net baie verlang nie, nee, hulle was daarvan vrygestel!

5 Op hierdie wyse moes eertyds baie welgestelde ridders en grawe die onderspit delf en bowendien nog, as `n uit die hel verlossende boete, hulle goedere aan die kerk bemaak. Hulle uiteindelik agtergeblewe vrouens was as versoening vir die straf van hulle ontroue man, in `n klooster opgeneem. Ook die eventuele kinders, sowel jong seuns as meisies, was dan gewoonlik ondergebring in kloosters, waarin mens geen aardse rykdomme mog besit nie.

6 Ek dink dat dit genoeg sal wees om al die werklik smadelike wat uit die verdraaiing van hierdie wet tevoorskyn gekom het, te onderken. Die onbepaalde "jy" van die wet was die oorsprong van die dispensasies, want gewoonlik het die meeste dit opgebring. Het iemand `n groot offer gebring, dan kon mens die "jy" so wysig dat die sondaar in ieder geval nie in die hel kom nie. Daarenteen kon aan die "jy" egter ook so `n verdoemende definisie gegee word, en wel ten gevolge van die aanmatigende mag tot binding en ontbinding, wat slegs baie aansienlike offers die sondaar by sy verlossing uit die hel behulpsaam kon wees.

7 Ons het nou gesien tot watter afdwalinge die onduidelike ‘jy’ aanleiding gegee het. Ons sal daarmee egter geen genoegdoening neem nie, maar nog enkele van sulke belaglike uitlegginge beskou, sodat dit vir elkeen des te duideliker mag word hoe noodsaaklik dit vir elkeen is om die suiwer betekenis van die wet te ken, waarsonder mens nooit vry kan word nie, maar altyd slaafs onder die vloek van die wet moet bly. Laat ons dus verder gaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205