Oor die drumpel van die DOOD
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19.

 

`n Aanwysing vir die leser

Tydens die skrywe van hierdie 'sterwenstaferele' ontvang Lorber tussendeur `n mededeling wat die begrip van die beskrewe taferele moet vergemaklik en wat vanweë die belang daarvan hier aan die begin geplaas word. Hierdie mededeling is ook bedoel as antwoord op die af en toe geuiterde kritiek wat bepaalde taferele en segs­wyses onverenigbaar sou maak met die goddelike inspirasie van hierdie diktate. Mens dien daaraan te dink dat `n siel, vóór sy met haar gees één geword het, nie anders kán dink, spreek en handel as op aarde nie. Uit hierdie mededeling neem ons hier die volgende sinne oor:

‘Dat sommige taferele hier in beeld en woorde weergegee word, soos wat dit werklik in die geesteswêreld plaasvind, gebeur om die leser insig te gee in die feit dat die mens, na die aflegging van sy aardse liggaam, presies dieselfde mens bly met sy taalgebruik, sy menings, gewoontes, sedes en gebruike, neigings en hartstogte. Dit geld ook vir sy daaruit voortvloeiende spraak en sy handels­wyse, soos dit in sy aardse lewe plaasvind. En dit bly alles so, solank hy nie die volledige wedergeboorte in die gees bereik het nie. Daarom heet hierdie toestand na die oorgang die 'natuurlik-geestelike toestand', terwyl `n volledig wedergebore siel haarself in die 'suiwer geestelike toestand' bevind. Die weergawe van die omgewing laat altyd sien hoe hierdie geeste hoofsaaklik innerlik geaard is’.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205