Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die seën van geestelike kennis in die hiernamaals

B.D.5554.-.12 Desember 1952

Wat My Gees aan u openbaar, is geestelike kennis vir u wat u eens onsegbaar salig sal maak, as u in die geestelike ryk daarmee sal arbei tot seën van almal wat nog onwetend is.

Die suiwer waarheid is nog maar selde aan te tref by die mense op aarde, en daarom ook nie in die ryk hierna nie - alvorens die mense in `n staat van helder lig sal kom het. Want lig beteken wysheid en kennis van die suiwer waarheid. En elke verkeerde gedagte is `n skaduwee wat die lig verduister, selfs wanneer `n siel reeds ligdeurlatend is. Maar solank die laaste verkeerde gedagte nog nie verban is nie, is daardie lig steeds nog tydelik vertroebel. Die siel moet haarself geheel en al vir die waarheid oopstel, sy moet vir haarself `n waarheidsgetroue kennis eie gemaak het, voordat sy nou self as ligdraer kan werk in die geestelike ryk.

En daarom is dit `n onmeetlike barmhartigheid om met geestelike kennis te kan ingaan in die hiernamaals, want dit beteken soveel as die dra van `n helder ligkleed wat oral straal en weer lig versprei. Haar eie werksaamheid kan sy nou onmiddellik uitvoer, sy kan die onwetendes onderrig en onuitspreeklike seënryk werk waar nog duisternis of skemering is.

Want sy sal in die geestelike ryk ook nog twyfelaars en leuenaars tegemoet kom, vir wie sy egter opheldering kan verskaf deur haar kennis. Want die kennis is die resultaat van die openbarings deur My Gees. Daar sit `n oortuigingskrag agter wat `n wese selde kan weerstaan, tensy die sku is vir die waarheid as aanhanger van die vors van die duisternis. Want ook sulke wesens sal kennis probeer verhinder, om haar lig te doof, waartoe hulle meen om in staat te wees. En aan sulke wesens kan alleen opheldering gegee word, deur `n ligdraer wat sy kennis van My self ontvang het.

Daarom lê daar in My openbarings, in My woord wat Ek u laat toekom, `n enorme krag, wat ook in staat is om sterk mure te laat val. Want Ek self spreek hierdie siele aan as Ek deur u mond spreek, as u in My wil die evangelie aan die siele van die duisternis verkondig, soos wat u dit self van My ontvang het.

Want dit is die suiwer waarheid, en dit oortuig ook `n siel wat tot nou toe in `n verkeerde denke verkeer het. Want sy voel `n innerlike vreugde, sy ervaar as te ware die waarheid as `n weldaad. Die begrip daarvan ontsluit vir haar en sy kan nie meer twyfel aan dit wat sy, in `n sekere sin komend van My, sal aanneem nie.

Die krag van My woord werk duidelik sigbaar, die siel word skielik met lig deurstraal en waarvoor sy tot nou toe die begrip mis, is nou skielik vir haar duidelik - en sy neem dit met vreugde aan. En soos wat die dwaalleringe groot verwarring en ellende aanrig, so vreugdevol en begryplik is die waarheid.

En die waarheid sal steeds wees waar My Gees kan werk. Dit sal altyd waarheid wees wat Ek deur My Gees aan die mense openbaar. Daarom, bly u bewus van die barmhartigheid wat u oordadig ontvang en arbei met hierdie barmhartigheidsgawe, dra My woord verder, bring lig in die duisternis, gee almal opheldering, gee hulle die waarheid wat u van Myself ontvang het en bly besig tot seën van al diegene wat nog dwaal in die duisternis van gees.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205