Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die toestand van die siele in die hiernamaals. Dwaalleer - Ongeloof- Liefde

B.D.5332.-.8 Maart 1952

Dit is vir baie mense onbegryplik dat hulle regstreeks met My in verbinding kan staan en kan bewys word deur My aan te spreek en deur die verneem van My woord in die vorm van gedagtes. Daarteenoor is `n teken van verwydering van My, soos `n dooie geloof, `n geloof wat wel tradisie getrou aangeneem word, maar nie lewend is nie.

Dit is `n skool aangenome kennis, waar maar selde so oor nagedink word dat die mens `n standpunt daaroor inneem. Maar ook uit so `n aanvaarde kennis kon die mense afgelei het, dat die Ewige Godheid Homself moet en sal openbaar, maar ook die geloof aan `n Ewige Godheid is swak en daarom word die geloofsleer ook nie ernstig geneem sodat `n geestelike vooruitgang daar behaal sou kan word wat slegs daaruit bestaan dat die mens die verbinding met My tot stand probeer te bring.

Eerstens moet Ek ernstig erken word, voordat Ek My aan `n mens kan openbaar. En daardie oortuigende geloof aan My ontbreek by oneindig baie mense, wat die oorsaak is dat hulle ook in geestelike duisternis lewe en in hierdie duisternis die hiernamaals ingaan.

En wat hulle op aarde versuim het, moet nou in die hiernamaals ingehaal word. Hulle moet nadink, maar sal dikwels te swak wees deur eie skuld daartoe. Word hulle in die ewigheid gevolg deur hulle liefdeswerke, dan is hulle nie heeltemal kragteloos nie, ondanks hulle ongeloof. Hulle krag bestaan daarin dat die herinnering aan die kennis wat hulle op aarde nie ernstig opgeneem het nie, hulle nie heeltemal ontneem is nie. Dat hulle nou dus kan nadink, terwyl die ongelowige siele, wat geen werke van liefde met hulle saamgeneem het nie, hulleself in onsegbare nood bevind, omdat hulle nie in staat is om suiwere gedagtes op te neem om hulleself hiermee besig te hou nie.

Tog kan ook hierdie siele nog onderrig word in die geestelike ryk deur siele wat dit wat hulle moet weet, vir hulle op `n begryplike manier aanbied, as hulle tenminste hulle onderrig wil aanneem. Om ten gunste van hierdie siele voorspraak te doen, is `n werk van groot liefde en barmhartigheid, sodat hulle die krag tot wil kry en aansluiting soek by die sfere waar hulle opheldering gegee kan word.

Werke van liefde kan elke tekort vereffen en die siel tot geloof bring. Maar die geestelike duisternis, wat `n gevolg is van die ongeloof op aarde, sal eers van hulle wyk as hulle Jesus Christus erken, omdat Hy alleen hulle skuld kan delg wat deur die ongeloof op aarde veroorsaak is. Die denke wat op `n dwaalspoor was, kan spoedig goed gerig word, waar liefde en geloof aanwesig was op aarde. Maar aan ongelowige mense moet kennis eers bygebring word, omdat hulle dit nie vir hulleself op aarde wou laat geld nie, ook al was hulle `n voorstander teenoor hulle medemense daarvan.

Ek kan die siele wat My nie erken en wie se liefde nie vir My of hulle medemense geld nie, nie dadelik die insig gee nie. Ek kan hulle slegs die moontlikheid gee om die kennis hulle eie te maak onder die voorwaarde, dat hulle wil nie meer aan My weerspannig sal wees nie. Dan is My erbarmende liefde ook bereid om hulle lig te gee - as hulle daarna verlang. En dan word die evangelie ook weer vir hulle gebring, wat hulle nou in vrye wil kan aanneem, of ook kan afwys. En na gelang hulle wil tot die goeie neig en hulle verlange na onderrig, sal My leer hulle nou lig gee en kan hulle opgang begin.

Maar veel leed en ellende in die duisternis gaan daar vooraf, voordat `n ongelowige, van die aarde weggenome siel, deur `n ligstraal aangeraak word en dit volg. Dan egter is sy ook bereid om haar wese te verander, as sy eenmaal die weldaad van die lig ondervind het, waarna sy nou steeds verlang totdat dit haar ten deel val.

Die duisternis laat haar siele maar selde vry, dog weet Ek wanneer Ek die poorte kan open en die siele die vryheid gee. Ek weet, wanneer hulle vir `n ligstraal ontvanklik is en Ek help hulle om die weg te vind wat uiteindelik tot My en tot saligheid voer.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205