Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die leer van die slaap van die siel

B.D.8991.-.7 Junie 1965

Dat u van plan is om My van Bo aan u gegewe woord in te neem, gee My aanleiding om ook vir u kennis te ontsluit met betrekking tot `n dwaling wat u tot nou toe aangehang het.

Dit is die leer van die slaap van die siel, die sogenaamde sieleslaap, wat u `n totale valse beeld gee van die siel en haar staat wanneer sy die geestelike ryk betree. Hierdie leer word gemotiveer met die bewering dat daar in die Skrif nêrens gespreek word van `n onsterflike siel nie, wat egter weerlê kan word met die stelling : "Wie in My glo sal lewe in ewigheid!"

En die slaap is `n broer van die dood, dus sal `n slapende nie lewe nie, maar dood wees. Hy sal in diepe duisternis ten prooi val aan `n toestand soos `n doodslaap, dus kan daar geen sprake van `n lewe in ewigheid wees nie.

En die ergste is dat u almal van die aarde skei met hierdie idee, want dit ontbreek u waarlik aan alle kennis en dit sal baie lank duur voordat u tot `n sweempie van insig kom. Want waarlik, u gaan geheel en al blind van hierdie aarde af weg en u sal dan in die hiernamaals slegs weinig lig ontvang, as u aardse lewenswandel nie `n lewe in liefde was nie.

Maar as u uself nie vroeër van hierdie dwaalleer losmaak nie, sal u ook nie weet dat u gesterf het nie, omdat u uself nog in `n toestand van `n ek-bewussyn sal bevind, wat vir u ook die bewussyn in die verdere lewe is. U dink net dat u `n ander streek oorgesteek het, maar sal ewig nie tot die rus kom, wat vir u die slaaptoestand beteken nie.

Dus sal u wel nog steeds lewe, maar nie in `n staat van saligheid nie, maar in `n verwarde denke wat beantwoord aan die leer wat u as mens op aarde aangehang het.

Alles wat uit My voortgekom het, bly bestaan tot in alle ewigheid, maar dit kan in `n toestand van dood wees as dit die ryk hierna ingaan. En hierdie dooie toestand kies u almal wanneer u hierdie dwaalleer verbrei. En u streef nie na die lewe wat u lot moet wees wanneer u die geestelike ryk ingaan nie. Want dan eers begin u lewe, vooropgestel dat u `n lewe van liefde lei en u uself van hierdie dwaalleer kan losmaak.

Want al glo u ook ernstig aan `n opstanding op die jongste dag, waarop almal wat in hulle grafte rus tot lewe gewek word, tog sal dit ook u lot wees, dat u nie vroeër tot lewe gekom het totdat u die dwaasheid van hierdie leer ingesien het nie. En u bestaan in die hiernamaals sal so wees dat u in `n toestand van niksdoen, in `n slaaptoestand, vir `n ewige lang tyd sal verkeer, of dat u uself net solank in `n wêreld sal bevind wat u nog steeds as die aarde aansien - wat u egter lank reeds verlaat het.

Waarlik, u mense wat hierdie dwaalleer aanhang, u weet nie aan welke verderflike gees u ten prooi geval het nie. U sal `n oormaat aan liefde moet ophaal sodat u onverwags sal besef hoe dit in werklikheid daar lyk. En u kan van geluk spreek as u op aarde iemand sal agterlaat wat vir u bid, wat u sal help om tot die regte insig te kom. Maar steeds is die graad van liefde beslissend of u by die verlaat van hierdie aarde die insig u soos in `n blits sal tref.

Maar omdat u nie aan die “onsterflikheid van die siel" glo nie, glo u ook nie aan `n bemiddeling uit die geestelike ryk wat u kennis sou gee nie en dit is tot u nadeel. Want dit sou u opheldering kon gegee het oor die stadige opstyg van die siele wat die ryk hierna binnegaan. U sou hierdie dwaalleer verwerp as satanies, want dit het alleen die bedoeling om u van `n vooruitgang in die hiernamaals af te hou, welke u spoedig die ware lewe sou oplewer wat u almal eens sal bereik.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205