Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die weersien in die hiernamaals

B.D. 6312.-.15 Julie 1955

U mense kan daarvan oortuig wees dat daar `n weersien in die geestelike ryk is. Maar of `n weersien met u geliefdes al vir u toegestaan sal wees, dadelik na u skeiding van hierdie aarde, hang af van die graad van rypheid waarin u eie siel, sowel as die siele van u geliefdes hulle bevind. Want waar hierdie graad nog nie so hoog is dat `n geestelik beskouing moontlik is nie, moet dit eers bereik word - wat ook nog lang tye kan duur.

Eers by `n bepaalde graad van rypheid, is die siel in staat om geestelike indrukke in haarself op te neem.

Sy moet dus self in die lig staan om te kan herken wie haar nader. Ofskoon `n siel in `n laer graad van rypheid ook omgeef word deur wesens, wat sy egter nie kan herken, solank die geestelike vermoë om te sien, haar ontbreek nie.

Die saligheid van die wesens bestaan egter nou daarin, dat hulle hulle hart kan uitstort by hulle met wie hulle noue bande op aarde gehad het. En daarom sal die siele wat hulle self reeds, as gevolg van hulle rypheid, in die lig bevind, altyd naby hulle kan kom en wel, om of met gelyke rype wesens gedagtes te wissel, of om die nog swakke siele te help om hoër op te kom.

Dus sal die ryp siele in staat wees om die swakkere siele te herken - maar nie omgekeerd nie, omdat die swak siele aangespoor moet word om te strewe na die lig, terwyl hulle nie deur bewyse daartoe gedwing mag word nie.

Want dit sou altyd `n bewys wees as `n ligsiel haar nader, wat sy herken as iemand met wie sy op aarde in verbinding was.

En so is dus die vreugde van die weersien ook weer `n barmhartig­heidsgeskenk wat hoort by die ryp geestelike, wat onuitspreeklike gelukkig is daaroor en nou van haar kant alles doen om die nog onrype siele ook so te help om hierdie geluk te bereik.

Hierdie siele span hulleself op die mees liefdevolle wyse vir hulle in en laat nie na om hulle voortdurend aan te spoor nie, maar is nog altyd onherkenbaar vir hulle, omdat hulle hulle in gelyke omhulling en in dieselfde kleed nader. Die verlange na siele waarmee hulle noue bande gehad het, trek hierdie ook aan en kan nog `n enorme krag wees. En het die oomblik van herkenning aangebreek, dan is die siele oneindig dankbaar en gelukkig.

Dan eers herken hulle die sorg wat na hulle uitgegaan het, en hulle neem nou op dieselfde manier die sorg op hulleself vir die siele wat nog in die duister smag. Hulle help hulle ook om weer opwaarts te gaan, want elke siel verlang na hulle met wie hulle eens innig verbind was op aarde.

Daar is `n weersien, maar die tydstip wanneer dit moontlik is, bepaal uself. Het u nou al `n sekere kennis op aarde bereik, dan sal u ook alles doen om die graad ten minste op aarde te bereik wat u die ingaan in die ligsfere moontlik maak. U sal dan ontvang word deur hulle van wie u hou en wat in staat is om u dadelik te herken, of, dat u sonder deur hulle herken te word, uself met hulle in verbinding kan stel - om dan reeds vir hierdie siele met u verlossingsarbeid te kan begin.

Sorg in elke geval daarvoor dat u nie heeltemal sonder insig van die aarde heengaan nie. Sorg daarvoor dat u reeds die weg tot God in Jesus Christus gevind het, dat u verlos deur Hom kan ingaan in die geestelike ryk. Dan sal daardie binnegaan u al alleen salighede skenk, wat bestaan uit die genietinge van die weersien. Soms sal u egter lank moet wag, as u self nie die rypheid op aarde bereik het nie. Want alles kan slegs in die raamwerk van die wetlike orde plaasvind en die vryheid van u wil moet ook in die geestelike ryk eerbiedig word - sodat u eens salig kan word.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205