Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Deel 1

Voorwoord

Dit is `n onmeetlike barmhartigheid om met `n suiwere geestelike kennis in die hiernamaals te kan ingaan, want dit beteken soveel as om `n helder ligkleed te dra wat oor alles heen sy lig uitstraal en verder versprei.

Daarom lê daar in die openbaringe van die Meester en in Sy woord `n enorme krag, wat in staat is om die sterkste mure, dit wil sê, die valse geloofsleer te laat omval.

Die siel word skielik deur die lig van die waarheid deurdring en waarvoor sy tot nou toe geen begrip gehad het nie, word vir haar skielik duidelik. En hoe groot die verwarring en die ellende ookal is wat die dwaalleringe veroorsaak, so verblydend is die begryp van die waarheid.

Daarom, besin u nog en streef die voltooiing van u siel na. U gedagtes sal steeds gehelp word om korrek te dink as u teenoor die Meester u goeie wil toon om nader aan Hom te kom, om eenmaal in die ryk hierna vir goed by Hom te mag bly, sodra u siel waardig geword het daarvoor.

M. G.

Die geloof aan `n voortleef van die siel. Die barmhartigheid van God

B.D.2767 – 7 Junie 1943

Deur die barmhartigheid van God word u `n weg getoon wat, as u dit bewandel, onherroeplik omhoog moet voer. Daar is geen gawe van Bo so seënryk soos die aanbied van die Goddelike woord nie, want dit gee u die riglyne vir u aardse lewenswandel en verklaar die wil van God aan u. En die vervulling van die Goddelike woord is `n geestelike voortgang, en laasgenoemde is die doel en die betekenis van die aardse lewe.

Die mense begryp nie die geestelike nood waarin hulle hulleself bevind nie, hoe verskriklik laag die vlak van hulle sielsrypheid is nie, omdat `n geestelike opwaartse ontwikkeling op die aarde nie vir hulle belangrik is nie, omdat hulle slegs met hart en siel aan die aarde gebonde is. Hulle beskou `n vervolmaking van die siel as doel van die aardse lewe, as `n fantasie of inbeelding, wat uit die wil van die mens self voortkom, en dat dit ook nie bewysbaar is nie.

Die geloof van `n voortlewe na die dood is nog maar by weinig aan te tref. Tog maak hierdie geloof eers die noodsaaklikheid van `n opwaartse ontwikkeling op aarde begryplik, want eers dan het die hele skepping `n doel en `n betekenis, naamlik om tot `n hoër geestelike ontwikkeling te kom.

Maar omdat hierdie geloof by die mense ontbreek, omdat hulle `n lewe van die siel na die dood ontken, besef hulle nie dat daar `n geestelike doel in die skepping is nie. Veeleer beskou hulle alles vanuit die gesigspunt dat die aardse lewe self die sin en die doel daarvan is. Hulle dink dus dat alles maar net daar is ten behoewe van die liggaam, om haar welsyn ten volle te ontplooi. En hierdie houding verhoog nie die graad van rypheid van die mens nie, maar bevorder veeleer die verlaging daarvan, as die mens nie gehelp word nie, as die liefde van God nie ingeskakel word en Sy barmhartigheid hom te hulp kom sodat hy siende word nie.

En hierdie barmhartigheid stroom na hulle toe, maar word tog nie deur baie mense besef nie, waar hulle andersins dolgelukkig sou wees en die stryd op aarde sou kon voer met groter weerstandsvermoë. Maar die mense is geestelik blind. Hulle herken die suiwerste waarheid uit die Hemele nie, hulle sien slegs die wêreld. Vir al die wêreldse het hulle begrip, maar om hulle blik op die hoëre te vestig, om verborge dinge te weet, daartoe ontbreek die innerlike drang hulle, omdat niemand hulle die bewyse van `n voortlewe na die dood kan lewer nie.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205