Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die weersien in die hiernamaals in die toestand van voltooiing

B.D.4781.-.14 November 1949

In die geestelike ryk herken die siele mekaar, wat hulleself in dieselfde graad van rypheid bevind en in `n bepaalde graad van rypheid ontvanklik is vir lig. Die wat dus in staat is om geestelik te kan sien, terwyl die siele in die duisternis mekaar nie herken nie, ofskoon hulle op die aarde met mekaar verbind was. Hulle kan dan wel wesens waarneem en met hulle in kontak tree, maar van `n herkenning kan geen sprake wees nie - want liggaamlike kenmerke besit hulle nie meer nie en om geestelik te sien vereis `n bepaalde graad van rypheid.

`n Ligsiel kan egter een van die siele wat vir haar op aarde bekend was, weer vind en haar ook nader sonder om egter deur haar herken te word. Om welke rede die ligsiele ook helpend kan bystaan, maar wel verhoed, sodat die ligstraling wat van hulle uitgaan geen dwingende invloed uitoefen op die onvolkome wesens nie.

Daarom vind sulke op die aarde nie voltooide, gestorwe siele in die geestelike ryk hulpvaardige siele wat hulle tegemoet kom, omdat liefde hulle met mekaar verbind, toe hulle nog op aarde was.

Tog moet die siel haarself uit eie wil vir hulle onderrig en raadgewing oopstel. Aan Haar kan die regte weg gewys word, maar sy moet dit egter nou self gaan. Bevind sy daarenteen siele in so `n rypheids­graad, dat hulle beide ontvanklik is vir lig, al is dit ook in verskillende sterkte, dan is sy ook bekwaam om geestelik te sien en herken mekaar tot hulle onbeskryflike vreugde. - En hulle kom nou byeen om gesamentlik te werk, om mekaar aan te vul en te leer en mekaar steeds in liefde te uiter, wat die siel buitengewoon gelukkig maak. `n Weersien in die geestelike ryk staan dus vas, dit kan nog net `n geruime tyd duur totdat `n siel in die ligsfere binnegaan het en dan eers haar geliefdes weer sien. En dan besef sy dat hulle haar reeds dikwels naby was as raadgewers en leiers op die weg na bo.

Die saligheid van die terugvind is onbeskryflik en weeg teen veel leed op wat die siele eers in die hiernamaals moet verdra, totdat hulle tot die lig kom. Maar waar `n ligsiel help deur haar liefde, daar word die doel ook sekerlik bereik. Want die liefde is die sterkste krag wat die nog onverloste help, wat hom ook die binnegaan in die geestelike ryk verseker, in die ryk van lig en saligheid.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205