Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Dink gereeld aan die uur van die dood

B.D.7458.-.18 November 1959

Neem dit goed in u op dat met elke dag, die tydsduur wat u nog tot die einde sal bly, minder word, dat die tyd van barmhartigheid waarin u kan doen en laat volgens eie keuse spoedig verby sal wees. En al u werk en besig wees mag nog maar net vir die heil van u siel geld, slegs aan haar moet u dink en al die wêreldse opsy sit. Want in die sorg vir u sieleheil sal u al die nodige daarby gegee word, sodat daar tog buiten u toedoen vir u gesorg sal word. Maar die heil van die siel is in groot gevaar soos u nou u aardse lewe lei, net die wêreldse ag en nie daaraan dink dat u lewensduur spoedig verby sal wees nie.

U leef maar voort met `n verkeerde ingesteldheid, u dink slegs aan u liggaam. En al doen u uself voor om `n Christen teenoor die wêreld te wees, u leef nie met Christus nie, Wie u ewige heil is en wil bly, maar slegs met u verbonde kan wees wanneer u in die liefde leef.

Daar is nog te veel eieliefde in u, want alles waarmee u uself in u gedagte besig hou, geld tot die verbetering van u lewensbehoefte. U wil u slegs met u liggaamlike kant besig hou om hom te behaag, maar dink u wel aan u siel en dit wat sy nodig het om salig te word? En u weet tog dat u verblyf op hierdie aarde nie ewig is nie, dat u al die volgende dag opgeroep kan word en dat net die toestand van die siel dan die lot sal bepaal wat op haar in die ryk hierna wag.

Dan is alle dinge wat die liggaam beset het, sonder waarde, en die mens moet dit agterlaat in hierdie wêreld. Dan was alle inspanning, wat maar net bedoel was vir die liggaam en sy genietinge, tevergeefs, die siel staan egter arm en behoeftig by die poort wat lei na die ewigheid.

As u mense tog maar die ongelukkige toestand van die siel vir uself voor oë wil hou, as u net dikwels aan die uur van die dood wil dink en as u maar wil glo dat die tyd gou ten einde sal wees, wat nog as `n laaste uitstel vir u toegestaan is - sodat u uself kan verander.

Elke dag kan vir u siel rykdom bring as u die dag goed beleef, as u werke van liefde verrig, liefde en goedheid uitstraal na u medemens en help waar u hulp nodig is. Wanneer u uself in gebed verbind met u Vader van ewigheid, as u die ware verstandhouding met Hom tot stand bring soos `n kind met sy Vader.

Dit hoef vir u geen offer te wees nie. U kan waarlik ook so `n God welgevallige lewe ly, maar u moet dikwels aan Hom dink. U mag u gedagte nie uitsluitlik na die wêreld en haar verpligtings rig nie, u moet steeds bedink dat alles wat die wêreld u kan bied, verganklik is - maar dat alles onverganklik is wat van God kom. En om iets van God te verkry wat u as geestelike rykdom kan oes, moet u uself eers met Hom verbind en verbonde bly deur gebed en liefdeswerke.

Daar word nie te veel van u verlang nie, maar sonder hierdie innige verbinding, sal u altyd arm bly en u siel sal by die sterwe verskriklik behoeftig en armsalig daaraan toe wees. En tog kan niks vir haar geskenk word wat sy nie self verwerf het nie. Daarom kan u mense altyd maar net gewaarsku en vermaan word om nie ligvaardig deur die lewe te gaan nie, maar steeds aan die uur van u dood te dink. Want dan sal u moet rekenskap gee hoe u u aardse lewe benut het vir die welsyn van u siel.

Besin uself, keer in uself en streef die voltooiing van u siel na, waarby u steeds gehelp sal word as u maar die goeie teenoor God wil toon om nader aan Hom te kom om eenmaal vir goed by Hom te mag bly sodra u siel dit waardig geword het.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205