Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die helpende hand van Jesus Christus. Verlossing uit die diepte

B.D.5277.-.20 Desember 1951

Op aarde, sowel as in die hiernamaals, word die reddende hand van die Heiland uitgesteek na die siele wat in die diepte vertoef, om hulle wie Sy hand gryp, te help om uit die diepte omhoog te kom. Die liefde en barmhartigheid van God is onophoudelik besig om hulp te bied wat bevry; die siele moet egter self gehelp wil word - want anders bly elke barmhartigheidsgawe van God sonder uitwerking.

Hierdie wil kan egter slegs deur `n noodtoestand beweeg word om hulp te vra. In die ryk hierna is elke onvolkome siel in leed en ellende gedompel, terwyl die siel op aarde trag om haarself te bedwelm deur wêreldse vreugde waardeur sy veel moeiliker besluit om God om hulp te vra. Maar die geestelike nood is ewe groot en het dan in die hiernamaals `n waarneembare uitwerking. Op die aarde sou die siele wel maklik opwaarts kan kom, omdat die mens sy lewenskrag kan gebruik om God welgevallige dade te doen, terwyl die siel in die hiernamaals kragteloos is en aangewese is op die hulp van ligwesens of van mense.

Op die aarde ontbreek die wil tot goeie handelinge egter veel meer. By die siel in die hiernamaals is die wil net vir solank swak as wat sy aan krag ontbreek, maar neem steeds toe wanneer die krag eenmaal aan haar verskaf word. Die kwellinge in die hiernamaals kan `n verandering van wil teweegbring en dan is die opwaartse gang verseker.

Geen geestelike vooruitgang is egter sonder `n verandering van wil op aarde moontlik nie. En omdat die wêreld steeds bedwelmend op die mens inwerk, moet hy ook soms in `n noodtoestand geplaas word wat dan `n wilsverandering moet teweegbring. Maar dan is die helpende hand van Jesus Christus, die Goddelike Liefde, ook steeds bereid om uit die diepte omhoog te trek, en is die hoop vir alle siele op verlossing daar. Maar die tydstip bepaal die siel self, deur haar wil wat onvoorwaardelik na Bo gerig moet wees.

Eenmaal sal die sterkste versteende wil ook gebreek word, maar nie deur dwang nie, veeleer sal die Goddelike Liefde dit teweegbring, Wie Haarself steeds weer tot die wese sal wend, totdat die liefde besef en beantwoord word; totdat die wil in die wese so sterk geword het om haarself aan God te skenk.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205