Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die bring van die evangelie aan die siele in die hiernamaals. Liefde

B.D. 5901.-.13 Maart 1954

Hou die evangelie aan die siele in die hiernamaals voor.- Herinner hulle aan My gebooie van die liefde wat ook in die hiernamaals vervul moet word, as die siel opwaarts wil gaan. Onderrig hulle in die kennis van My wil, wat altyd `n oog gerig op My vereis en dat dit in ag geneem moet word, om dan deur My liefde gegryp te word.

Op aarde sowel as in die ryk hierna geld dieselfde: Die omvorming van die wil van die wese wat aanvanklik teen My gerig is en daarom ook verander moet word, wat steeds slegs deur die liefde kan geskied; want `n onselfsugtige werk van liefde is reeds die eerste tree tot My en gee krag aan die wese.

Die siele wat kragteloos is in die hiernamaals is arm aan liefde. En u moet dit vir hulle uitlê dat hulle eers dan hulp kan verwag as hulle bereid is om liefde uit te deel aan hulle wat, net soos hulle, arm en ongelukkig is. Sonder liefde is hulle denke verkeerd en net soos op die aarde kan hulle ook hier wesens benader en verkeerd onderrig sonder dat hulle die dwaling insien. Eers as `n siel hulpvaardig is, herken sy ook die waarheid. Daarom moet u in die eerste plek My gebooie van die liefde vir die siele voorhou, en hulle opmerksaam maak dat dit slegs gegee word sodat die mense die verbinding met My tot stand kan bring deur die vervulling van die gebooie van die liefde. Want `n werk wat uit liefde gedoen is, sal hulle die krag gee wat hulle steeds verder omhoog sal help.

U kan die siele keer op keer onderrig, maar hulle sal u nie glo of begryp, solank hulle nie bereid is om lief te hê nie. En wil u hulle nou help, dan moet u die grootste en ernstigste sorg toon om hulle aan te spoor tot liefdevolle hulpverlening aan ander siele wat in nood is en moet hulle hulleself tot hulle wend. Slegs hierdie bereidheid om lief te hê, sal hulle oë en ore open, en dan kan hulle alles begryp wat u hulle gegee het ter oorweging.

My evangelie is slegs die leer van die liefde, omdat al die ander vanself kom as hierdie leer van liefde opgevolg word. Die siel in die hiernamaals moet nie net kennis gegee word nie, want dit sal sy nog nie begryp, solank sy nie bereid is tot werke van liefde nie, wat in die ryk hierna net so moet en verrig kan word as op aarde, maar steeds is bereidwilligheid `n vereiste – waar die siel andersins sonder krag is.

Solank `n siel net bewus is van haarself en haar treurige lot nog nie tot haar deurgedring het nie, is daar geen moontlikheid tot hulpverlening of toevoer van krag nie. Sy moet eers haar blik op haar omgewing rig, of, as sy eensaam in `n woeste omgewing is, moet haar gedagtes op die mense op aarde gerig wees, wie sy kon gehelp het, maar dit agterweë gelaat het.

(13 Maart) Sy moet berou daaroor hê as sy haar gedane onreg wil goedmaak. Dan sal daar ook wesens by haar aansluit wat in groot nood is. En sodra sy gewillig is om hulle te help, kry sy dadelik die krag om haar voornemens uit te voer. Eers moet die liefde in haar ontvlam word, wat egter dikwels `n lang tyd kan duur, maar wat deur liefdevolle ondersteuning van die kant van `n mens moontlik is, wanneer hy die siel opheldering gee oor wat haar ontbreek, as hy probeer om haar te onderrig, steeds daartoe aangedryf deur `n liefhebbende wil tot hulp.

Die liefde bereik alles en die liefde oorwin alles. Die liefde self is die krag wat aan `n siel verlossing verskaf. Solank die siel slegs aan haarself dink, kan sy baie moeilik uit haar haglike toestand bevry word. Sy kan egter gevoelig word en bereid raak tot liefde, as sy deur klein ligstrale getref word, omdat dit steeds maar net vonke van liefde is wat haar hart moet tref om sukses te hê.

Elke siel wat die duisternis as `n kwelling ervaar, word weldadig deur sulke ligstrale getref, en by haar is daar ook hoop dat sy daardie lig kan volg - dat sy dus ook bereid sal wees om daardie lig aan ander siele te besorg. En aan hierdie siele moet die liefde steeds gepredik word wat haar bekroning in Jesus Christus se Verlossingswerk gevind het.

Ander kennis het hierdie siele voorlopig nie nodig nie; maar hulle moet die agtergrond van hulle ellendige posisie herken en ook weet hoe hulle die noodsituasie kan verhelp.

En eers as hulle daardie insig het, is hulle opgang verseker. Eers as hulle self aktief in die liefde wil wees, ontvang hulle krag. Hulle kan dan in liefde werk om steeds meer krag te ontvang en om in `n steeds helderder lig binne te gaan.

Daardie lig maak die siele buitengewoon gelukkig, en vanuit die blydskap word ook hulle wil tot liefde steeds groter en kan `n enkele siel in die hiernamaals verlossingswerk tot stand bring van die grootste moontlike omvang. Want sodra sy self die besef het, dra sy ook haar insig aan andere siele oor en probeer hulle tot dieselfde strewe in liefde aan te spoor.

Want net soos op aarde geld ook in die geestelike ryk alleen die gebod: "Wees vir God lief bo alles en u naaste soos uself!"

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205