Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die uur van die dood. Verklaring van die lyding

 B.D. 4033.-.30 April 1947

U sal nooit weet wanneer u einde sal wees nie en daarom moet u die barmhartigheid van God elke dag aanroep, sodat Hy homself na u toe mag wend in die uur van die dood; selfs wanneer u volgens die wil van God leef, kan u einde moeilik wees as dit daartoe moet dien om u heeltemal te ontdoen van afvalsubstansies en om vir ewig vry te maak. God se wysheid en liefde gaan na u toe uit, tot in die laaste uur op hierdie aarde, en as u siel nog vatbaar is vir verandering, word u nog geleentheid daartoe gegee tydens die uur van die dood. Daarom moet God toegewyde mense gereeld liggaamlik laat ly, waarvoor die mens geen verklaring vind nie, omdat hulle nie die liefde van God daarin kan sien nie.

En tog is dit die liefde van God wat daardie leed oor mense laat kom, omdat leed die beste middel is om ryp te word en nog vir die siel binne `n kort tyd die graad op te lewer - wat nou in die hiernamaals toegelaat word om met lig deurstraal te word. En die siel dank haar Skepper as syself vry geword het, en God se liefde en erbarming besef.

En so moet alle lyding as `n bewys van liefde van God aangesien word en selfs die einde is geluksalig wanneer dit met leed gepaard gegaan het, ook al lyk dit nie so nie. Die siel maak haarself dan wel met pyn van die liggaam los, styg egter dadelik op in die ryk van die salige geeste. Sy verlaat nie alleen liggaamlik nie, maar ook geestelik die aarde en neem die uitgeryste substansies van die liggaam ook saam, want elke graad van lyding op aarde los die omhulsel op wat die siel nog omsluit. En salig is die mens wat homself nog op aarde totaal kan vrymaak van die onrype geestelike, want hy het die aardse lewe tot verlossing benut en hy sal homself ook nie meer teen die wil van God verset nie. Hy sal wel in die doodsuur worstel oor vrede van sy siel, maar die liggaamlike lyding egter nooit as onregverdig ervaar nie. Sy siel weet dat sy afloop, dat daar ook aan die liggaamlike leed `n einde sal kom en dat die siel uit die leed haar voordeel sal trek, ook al is sy nie meer in staat om hierdie insig aan die liggaam oor te bring nie.  

Die liggaam laat egter die siel los, sodra hy die byna berypte volmaaktheid van die siel voel, omdat sy opdrag, om hierdie siel `n blyplek te verskaf, dan vervul is. Die uur van die dood kan vir u almal moeilik wees, dit kan egter ook `n sagte inslaap vir u wees en u sal dan in die ligryk ontwaak - wanneer u geen leed meer nodig het nie; wanneer die siel haarself reeds op aarde met God verbind het en Hy haar nou tuis bring na Sy ryk - na u Vaderhuis - om u salig te maak. U weet egter nie hoe u einde sal wees nie, bid daarom tot God om erbarming. Bid tot Hom vir Sy barmhartigheid en krag, wanneer God nog lyding vir u nodig ag, en u sal ook die uur van die dood verdra. Slegs u liggaam sal ly, die siel sal egter die liggaam vol vreugde verlaat en opwaarts vlieg na die sfere van die lig. 

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205