Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Hou die dood voor oë

B. D. 2912.-.6 Oktober 1943

Hou die uur van die dood voor u gees en vra uself af hoe gereed u is vir die ewigheid. Gee vir uself rekenskap hoe u verhouding met God is en hoe u die talent gebruik het, wat Hy u gegee het vir u tyd op aarde. Ondersoek uself of u uself staande sal kan hou voor die regterstoel van God, of u aardse lewenswandel reg is voor God, of u die liefde beoefen het en of u elke uur bereid was om hierdie aarde te verlaat - sonder vrees dat u uself voor God sal moet verantwoord.

Bedink, dat met die dood ook u krag ten einde is. Dat u uit eie krag niks meer kan vermag as u siel in `n onvoltooide staat van die aarde heengaan nie. Vra uself af of u tevrede is en gerus van die wêreld kan heengaan. Oefen streng kritiek op uself uit en probeer uself dan te vervolmaak. Gebruik elke dag wat u nog gegee is, want solank u nog op die aarde vertoef, kan u nog veel bereik. U het nog die moontlikheid om uself te louter, omdat u die krag daartoe het en dit nog kan vergroot deur werke van liefde.

Hou die dood vir uself voor oë en besef dat u `n swak skepsel is. Dat u dit vir geen uur sal kan uitstel as God die uur van sterwe vasgestel het nie. En bid innig tot God vir erbarming, om Sy barmhartigheid en Sy bystand, dat Hy Sy liefde vir u sal skenk en saam met Sy liefde, ook die krag wat u opstyg (na die ligryk) sal verseker.

Hou steeds net hierdie doel voor oë, dat u moet ontwaak om dan ewig te lewe - as die aardse lewe geëindig het, en leef dan volgens daardie doel. Vervul die wil van God en bedink steeds dat elke dag op aarde vir u die laaste kan wees, dan sal u uself voorberei en bewustelik lewe. En u sal dan sonder vrees ontslaap en binnegaan in die ryk van vrede - in u ware Vaderland.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205