Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die siel wissel van blyplek. Die dood

B.D. 6817.-.29 April 1957

Die siel is u eintlike ek wat onverganklik is en sy kan slegs van blyplek wissel, met die dood van die liggaam, wat die gang oor die aarde beëindig het om weer in `n andere sfeer verder ryp te word - as die siel nie volhard in verset teen My nie, omdat sy andersins in die diepte sal sink.

Hierdie gedagte moet u dus verbly, dat u geen dood te vrees het nie, dat u sal voortleef, ofskoon u die aarde moet verlaat - en dat hierdie lewe heelwat mooier en verblydender is as wat die aardse lewe ooit vir u kon gewees het. U moet die dag vol goeie hoop tegemoet gaan waarop u uiterlike omhulsel van u eintlike ek afgeneem sal word, waarop al die laste van u sal afval en u uself maklik en onbekommerd kan beweeg en kan opgaan in u ware Vaderland, wat u waarlik heerlikhede bied wat u geen voorstelling van het nie.

U moet jubel en juig dat daar geen dood meer vir u is nie, omdat u siel maar net `n verandering van blyplek ervaar wat haar oneindig kan verbly.

Waarom vrees u die dood, of gaan u met `n gevoel van onbehae die einde van u aardse lewe tegemoet? Waarom het die dood vir u mense `n verskrikking geword? Waarom roep dit `n angsgevoel by u op, terwyl dit tog in der waarheid slegs `n oorgang na `n andere sfeer is? Dit is omdat u onbewustelik voel dat u nie korrek leef op aarde nie, omdat u siel nie daardie lig vir haarself verskaf het, wat elke vrees van haar sou weggeneem het nie. 

Want `n mens wat My gebooie van die liefde vervul, wat dus volgens My wil op die aarde leef, ervaar geen vrees vir die dood nie. Hy verlang om van sy aardse omhulling ontslae te raak, omdat hy `n verlange het na sy ware Vaderland. Want die liefde het `n helder lig in hom ontsteek, sodat hy nou al sien dat hy homself later ook in My nabyheid sal bevind waar geen leed en geen pyn, geen droefheid hom meer kan oorkom nie, waar hy veilig sal voel in My liefde.

En hierdie geluksalige sekerheid kan alle mense hê, dat hulle `n moeilike bestaan vol leed, by hulle sterwe verwissel met die geborgenheid. As hulle maar met daardie doel voor oë, hulle aardse lewe sou kon aflê, as hulle steeds die innerlike stem sou volg wat hulle My wil duidelik te kenne gee. As hulle al op aarde die ware verhouding sou gevind het met My, hulle God en Vader van ewigheid.

Die gedagte dat met die liggaamlike dood alles afgehandel is, is reeds die beste bewys dat die lewenswandel van die mens nie volgens My wil is nie. Want hierdie gedagte word ingegee deur die vyandige gees wat die mense wil verhinder om tot die ware insig te kom, en dit daarom ook die verlange na `n bestaan vol van aardse genietinge steeds weer vergroot.

Die mense glo nie aan die onverganklikheid van hulle ek nie, hulle stel dieselfde begrensing wat ook vir die uiterlike omhulsel bestaan. Daarom probeer hulle volop van die aardse lewe op elke moontlike manier te geniet, steeds maar denkend aan hulle liggaam, maar nie aan hulle siel nie, wat dan na die liggaamlike dood `n baie twyfelagtige lot op haarself moet neem en niks van die heerlikhede van haar ware Vaderland kan belewe nie. Want vanweë haar gebrekkige groei, kan sy nie in sulke sfere, waar onvermoede salighede op haar wag, opgeneem word nie. 

Wel is dit dan ook nog vir haar moontlik om haarself uit die diepte los te maak en hoër sfere binne te gaan, maar dit vereis veel meer oorwinning en inspanning as op die aarde en kan nie sonder hulp geskied nie. Maar ook dan moet die siel self die wil daartoe ophaal, wat op aarde heelwat makliker is.

Die ek kan nie vergaan nie, maar sy skep vir haarself die lot in geluksaligheid of ellende. En eers wanneer die mense hulle liggaam nie as die lewend beskou nie, maar die siel wat in die liggaam ingestort is, as die eintlike ek leer sien, sal hulle meer bewus van hulle verantwoordelikheid op aarde lewe en dan ook die dood nie meer vrees nie, wat slegs die aardse liggaam, maar nie die in hulle wonende siel betref nie.

Dan sal hulle volgens My wil lewe en na die uur verlang waarin die siel haarself mag losmaak van haar uiterlik omhulsel, om te kan ingaan in die ryk wat hulle ware Vaderland is.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205