Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Vroeë dood - Hoë ouderdom. Die barmhartigheid van God

B.D. 3260.-.18 September 1944

Dit hang van die wil van God af, in welke graad van geestelike rypheid die mens uit die aardse lewe na die geestelike ryk teruggeroep word. Dit is ook `n skynbare onregverdigheid wat die opvatting van die mense kan versterk dat God bepaalde mense sou uitgekies het om salig te word, terwyl andere weer deur Sy wil moet wegkwyn in `n toestand wat van God verwyder is. En tog is hierdie mening heeltemal verkeerd, want ook hier is die goddelike liefde en wysheid aan die werk, wat altyd die wil van die mens ken en daarom die lewe dan beëindig wanneer `n hoër ontwikkeling op aarde twyfelagtig is.

In die gebonde toestand, vóór die beliggaming as mens, was daar slegs `n ononderbroke opwaartse ontwikkeling - tot die wese die graad van rypheid bereik het wat hierdie laaste beliggaming toelaat. Nou egter bepaal die vrye wil van die mens self en dan kan die opwaartse ontwikkeling ook verder gaan, maar eweso kan `n stilstand of agteruitgang intree. En weer kom dit daarop neer of die mens sy aanvanklike graad van geestelike rypheid reeds as sodanig verhoog het en dan eers in gevaar kom dat hy in sy ontwikkeling bly vassteek, of dat hy op `n gelyke vlak bly staan soos in die begin van sy beliggaming en daar dan `n agteruitgang te vrees is.

Dan is dit steeds `n werk van God se barmhartigheid wanneer die mens sterf as hy op die hoogtepunt van sy ontwikkeling op aarde gekom het, dit wil sê, wanneer die liefde van God hom daarvoor bewaar om nog verder af te gly of `n verdere lewe vir sy siel onbenut te laat. Want des te groter word sy skuld, hoe meer hy die tyd van barmhartigheid van sy beliggaming in beslag neem sonder om dit te benut. `n Mens kan in sy jeug sy weg omhoog gaan en dan sy strewe beëindig, en sy tot nou toe verkreë ontwikkeling gaan dan nie verder nie. Dan roep God hom op en gee hom in die hiernamaals verdere moontlikhede om te voltooi.

Die mens kan egter ook eers in latere jare sy wil verander en sy nog gebrekkige ontwikkeling kan dan `n skielike hoë vlug neem, en sodoende kan hy `n hoër graad van rypheid bereik, ofskoon hy voorheen `n lang tyd laat verbygaan het, sonder om aan sy siel te dink. Dan word `n lang lewe deur God aan hom geskenk, want God sien die wil van die mens al van ewigheid af en Hy het sy lewensloop daarmee ooreenstemmend bepaal, want elke menselot word goed deur die liefde en wysheid van God oorweeg, maar is nooit afhanklik van God se willekeur nie. 

God sou geen mens die moontlikheid tot rypwording op aarde ontneem nie, as hy bereid sou wees om dit te benut. Dog word baie weinig ag geslaan op Sy barmhartigheid en die mense is ook nie bereid om aanwysings, wat in verband staan daarmee, aan te neem nie. En omdat God vanaf ewigheid weet welke mense besonder afwysend teenoor Hom staan, omdat Hy ook weet wanneer die mens die hoogste graad in sy ontwikkeling op aarde bereik het, is ook die duur van sy aardse lewe vanaf ewigheid vasgelê. En hierdie tye is heeltemal verskillend van duur, soos wat die Goddelike wysheid dit as doeltreffend en suksesvol sien.  

Maar nooit sal God `n lewe op aarde, wat die mens nog `n hoër rypheid belowe, voortydig beëindig nie. Want altyd is God se liefde maar weer besorg dat die mens die hoogste moontlike voltooiing op aarde bereik en nooit sou Hy die mens `n moontlikheid weerhou, wat nog `n rypwording tot gevolg sou kan hê nie. Dog ken Hy van ewigheid af elke opwelling van die menslike wil en Hy behoed die siel dikwels vir `n totale teruggang, dit wil sê, vir `n wegkwyn, wat sou plaasgevind het as Hy daardie aardse lewe nie beëindig het nie.

Daarom sal diegene wat voortdurend opwaarts streef `n hoë leeftyd bereik, soos omgekeerd `n hoë ouderdom steeds nog van `n langsame ontwikkeling omhoog blyke gee, ook al is dit nie sigbaar vir die mense nie. Altyd is `n lang lewe op aarde `n barmhartigheid, maar ook `n lewe van korte duur is `n blyk van die liefde van God, wat steeds aan die werk is - ook al kan die mens dit nie altyd herken nie. 

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205