Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die eiemagtige beëindiging van die lewe

B.D. 6005.- 19 Julie 1954 

Daar is `n tyd vir u mense toegeken om die laaste verlossing uit u boeie, om die uiteindelike vrywording uit die vorm, te bereik. Maar hierdie tyd is verskillend volgens sy lengte vasgestel, soos Ek dit vir u siel as goed ingesien het. U aardse lewe word nie willekeurig vanuit My beëindig nie. Die rypheid van die siel van elke persoon is aan My bekend en so ken Ek ook die gevaar van `n terugval, of die moontlikheid van `n verdere vooruitgaan op aarde. En My liefde en barmhartigheid maak ook vroegtydig `n einde aan `n menselewe, om die siel te belet om agteruit te gaan. Of, Ek sien die moontlikheid van `n verandering in die laaste uur en verleng daarom die lewensduur steeds volgens wyse raadsbesluit, want vir My is alles bekend wat `n siel tot heil strek.

En nou sal u begryp wat `n swaarwigtige vergryp `n eiemagtige beëindiging van die aardse lewe is. Wat `n sonde u begaan het dat u op My liefde en barmhartigheid vooruitloop en nie die geleentheid benut wat vir u siel gebied word om tot voltooiing te kom nie. U gryp in My heilsplan in en u berokken `n skade aan u siel wat eenmaal `n oorgrote berou en selfverwyt in u sal teweegbring, maar wat nie meer in die hiernamaals goed te maak is nie. Want die voordele wat u op aarde sou moes en kon benut het, kan nimmermeer in die ryk hierna vir u gebied word nie. U het vir onherroeplik iets vir uself verspeel, selfs al slaag u om u sieletoestand ietwat te verbeter - as u nou u weg opwaarts soek.

Dog bestaan daar `n groot gevaar dat die siel sal wegsink, dat sy haarself sal verset soos wat haar eiemagtige beëindiging van die lewe `n verset was, en dat sy in hierdie afwending sal volhard. Sulke siele het vreeslik baie hulp nodig, sodat hulle nie verlore gaan vir ewig lang tye nie, maar dit geskied vir hulle ook maar net volgens hulle wil.

Ek staan almal waarlik by - ook in die grootste nood, wat dadelik sal verminder as die mens maar aan My sal dink, as hy My sal aanroep om hulp. Want die nood is maar net die middel om u gedagte op My te rig, sodat u nou ook`n sukses van u aardse lewe sou kan maak. En die nood tref die mens nie sonder rede nie, want sy siel is in gevaar en deur hierdie nood moet sy `n uitweg vind. En hoe meer sy haarself verhard teen My, des te meer bring sy haarself in gevaar, om laastens My wil te trotseer en die lewe wat My liefde en barmhartigheid haar geskenk het vir die uiteindelike verlossing - weg te gooi. 

Want die beliggaming as mens is `n barmhartigheid vir die siel - `n geskenk van My liefde ~ dit is die laaste tree opwaarts wat sy hoef te gaan, om dan vir ewig vry en salig te kan word. Die siel het vlak by haar doel aangekom en is daarom vir haar dade verantwoordelik, as sy nie gebruik maak van hierdie barmhartigheidsgeskenk nie, maar dit weggooi in `n verblindende denke.

Vir My is elke opwelling van die hart bekend en Ek oordeel waarlik regverdig. Ek hou rekening met die swakheid van My skepsels, maar dit is nie onverdiend nie en die vrye wil van die mens sal hom terneerdruk, sodra die wil verkeerd gerig was en dus misbruik word. Die mens kan geen einde aan sy nood maak deur self in te gryp nie, hy moet verder daarmee, hy sal geen uitweg vind uit sy nood nie. En daarom sal die siel ontsaglik ly in die ryk hierna, totdat sy op dieselfde wyse meester daarvan word, soos wat sy dit ook op die aarde kon gedoen het. Totdat sy haar toevlug tot Hom sal neem, wat Meester is oor lyding en nood - omdat Hy oorwinnaar is van sonde en dood. 

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205