Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die vryheid van wil. Die afbreek van die ontwikkeling

B.D.3794.-.8 Junie 1946

Ek laat die menslike wil sy vryheid. Wat dit beteken en waarom dit so toegelaat word, sal u eers begryp wanneer u wedergebore sal wees in die gees, as u bekend sal wees met My verlossingsplan van ewigheid af en met die verlossing van die geestelike wat gebind is. Dan eers sal u die noodsaak insien dat die mense hulleself eers moet verander, as hulle `n verandering in hulle lewensituasie wil bereik. Want Ek is Meester oor Hemel en aarde, en alles is net deur My wil of My toelating moontlik.

Hoe die mens homself teenoor My ewige wette instel, hoe hy homself volgens My ewige ordening voeg of homself daarteen verweer, so is sy lot ook op aarde en in die geestelike ryk wat hy vir homself berei. Ek sal nooit of te nimmer die wil van die mense met geweld breek nie, maar net My skepsels deur allerlei middele probeer te beweeg om hulle wil self te verander. 

En so `n middel is ook die groot nood wat oor die aarde gaan, wat egter deur mense self veroorsaak is, juis deur hulle verkeerde wil. Ek moet hulle laat uitmasel terwille van hulleself, as Ek nie die moontlikheid wil verhinder dat hulle as vrye skepsels hierdie wil in die regte rigting sal gebruik en volmaak sal word. 

Wat uit My krag voortgekom het, was en bly goddelik. Dit kan nimmermeer in `n gebonde toestand bly nie, selfs al het hy homself uit eie wil in hierdie toestand gebring. Ontneem Ek egter die mens die vryheid van wil, dan bly die skepsel vir ewig onvry, hy kan nie meer na sy oertoestand terugkeer nie, wat hy slegs in vrye wil kan bereik. Of, Ek moet die uit My voortgekome skepsel alle kennis oor sy bestemming ontneem en hom dan rig volgens My wil, dan egter is hy `n wese wat homself moet skik, wat nog ver van die Goddelikheid verwyderd is. Wil hy egter nader aan sy oertoestand kom, dan moet hy die vryheid van wil gegee word en hy moet dan die wil op die regte manier gebruik. Want daartoe het Ek hom die lewe as mens gegee. Ek het hom die bekwaamheid om te dink en te handel gegee, en Ek sal sy vrye wil nie uitskakel voordat sy proeftyd op aarde afgeloop het nie. Dog moet Ek `n verkeerde gebruikte wil opnuut vir lang tye bind, hom dan eers weer die vryheid teruggee as hy weer die barmhartigheid verkry het om as mens beliggaam oor die aarde te gaan en die laaste wilsbeproewing opnuut af te lê.

Dit is sinds ewigheid vasgestel en Ek kan dit nie ongedaan maak nie, want dit sou My wet van ewigheid teenspreek en die wesenlike heeltemal van sy Goddelikheid beroof. Want wat van My uitgegaan het, bly altyd en ewig `n deel van My, wat as uiteindelike doel op die bereiking van die oertoestand gesteld is - waartoe die vrye wil onvermydelik noodsaaklik is.

En al bring hierdie vrye wil dade van die grofste liefdeloosheid voort, sal Ek hom nie voor die tyd bind nie. Ek sal alleen deur My wil weer die orde daar tot stand bring, waar die vrye wil van die mense gebruik word om nader aan My te kom. Maar as die uur gekom het, wat Ek as die einde bestem het sinds ewigheid, breek My wil die ontwikkeling af. Dan word daar eers weer `n toestand van orde geskep wat die bind van die totaal verkeerde wil vereis, sodat die verlossing van die onvrye geestelike weer opnuut kan begin. Want Ek hou nie op om te sorg vir die uit My voortgekome en uit vrye wil van My afgevalle geestelike nie, dat hulle weer hul vryheid terugkry, dat die hy sy oertoestand bereik en eens salig word.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205