Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Groot inspanning in die hiernamaals om verlossend besig te wees. Jesus Christus

B.D. 7386.-.5 Augustus 1959

`n Groot verlossingsaksie is aan die gang, want oral waar ligwesens hulleself mog beliggaam het op aarde, sit hulle hulleself ook uit om die evangelie onder hulle medemense te verkondig. En hulle inspanning word ondersteun deur die wesens uit die ligryk wat die gedagte van die mense op elke wyse beïnvloed, en hulle ontvanklik maak vir die Goddelike woord - sodra dit vir hulle aangebied word.

Eweso is daar in die hiernamaals `n groot inspanning op te merk, deurdat die ligwesens hulleself steeds dikwels in die uiterste diepte waag, en hulleself ook baie erg inspan om lig in die duisternis te bring. Wel kom dit altyd op die gewilligheid van die wesens neer of hulle lig aanneem of hulleself afwend, as daar steeds weer ligvonke opkom, wat hulle die weg wil wys na `n bron van lig. En volg hulle hierdie weg, dan kan die duisternis baie vinnig van hulle wyk en helder lig hulle teenstraal. Maar slaan hulle geen ag daarop nie, dan sal nog ewighede lange digte duisternis hulle omring en hulle sal opnuut gekluister word in die skeppings van die nuwe aarde.

Wat egter nog gedoen kan word om al hierdie siele te red, dit word waarlik gedoen van die kant van die wêreld vol van lig. En waar die moontlikheid op aarde nog bestaan dat die mense lig gebring kan word, daar gaan die ligdraers verseker nie verby nie. Want hulle is in hierdie laaste tyd oral op die aarde beliggaam om te midde van die mense tot hulle seën te werk, en om aan hulle die weg na verlossing te toon.

Maar dit is geen maklike onderneming nie, want die stem van die wêreld is harder. Waar die woord van God verkondig word, sal daar altyd maar weinig verskyn, terwyl die wêreld kan spog met talloos meer aanhangers, wat egter eerder die duisternis kies as die lig en daarom ook geen verlossing kan vind tydens hulle aardse lewe nie. Maar daar word geworstel oor alle siele, want ook van bo uit die ligryk word geen moeite agterweë gelaat om die gedagtes van die mense op daardie ryk te rig nie, wat nie van hierdie wêreld is nie. Die ligwêreld in die geestelike ryk is onvermoeid besig om die lig te laat neerstraal op die verduisterde mensdom. En so sal daar steeds weer verbindings aangeknoop word vanuit die geestelike ryk met die aarde, en die goeie mense sal gewillig nakom wat hulle deur die ligwesens aangeraai word, as noodsaaklik en dienstig vir die sieleheil van die medemense.

En hulle sal ook die aansporing van die ligwesens in ag neem, wat nou sigbaar word deur die ywerige arbeid in die wingerd van die Meester, deur die verkondiging van die evangelie - deur die verbreiding van die woord van God, deur geestelike gesprekke, opheldering en `n voortdurende verwysing na Jesus Christus, die Goddelike Verlosser. Van Sy Naam sal steeds weer melding gemaak word en die ywer sal nie verminder nie, maar toeneem, omdat `n saadkorrel ook oral op goeie bodem val. Omdat Jesus Christus Self die mense vasgryp wie die weg na Hom inslaan, wat hulle aangesig na Hom wend en dus die verlange het om deur Hom verlos te word.

Hierdie sal Hy nimmer verlaat, óf dit op aarde is, óf ook in die hiernamaals. `n Innige roep tot Hom sal gehoor word en die siel ook gee wat sy verlang. `n Innige roep is vir Hom die bewys dat Hy deur die siel erken word, en dan is haar lot vir ewig verseker. Daarom is elke werk om te verlos deur Hom geseën, en aan al hierdie werke neem Jesus Christus Self deel. Want Hy het slegs die vrye wil van die mens nodig om Sy verlossingswerk aan die siel te kan volbring, sodat sy vryword van sonde en dood en nou in hierdie vryheid die ewige saligheid kan binnegaan.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205