Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die barmhartigheid van die eindtyd. Die voortydige sterwe. Die hiernamaals

B.D.3135.-.28 Mei 1944

God sal elkeen barmhartig wees wat tans nog sy onreg insien en afstand daarvan doen. Maar sonder erbarming sal die swaarste straf opgelê word aan hulle, van wie die hardheid nie wyk nie; wat met hulle medemense geen medelye het en hulleself dus deur hulle liefdeloosheid veroordeel.

En die komende tyd sal getuienis aflê van die verdorwenheid van die mense. Daar sal middele wat heeltemal ondenkbaar is uitgevind word, wat alles in diens sal staan van die vernietiging. Die mense sal nie daarvoor terugdeins om hulle planne ten uitvoer te bring deur van hierdie middele gebruik te maak nie - en die onderdrukking van die mense sal toeneem. En vir dit alles moet die medepligtiges en ook almal wat met hulle saamstem en hulle in hulle planne ondersteun, hulleself verantwoord. Want God is regverdig en Hy oordeel volgens gedagte, woorde en werke.

Vir Hom is niks verborge nie. Hy kyk in die hart van die mens en elke opwelling van die hart bepaal die mate van barmhartigheid wat vir hom ter beskikking staan, en wat hom ook gegee word as die einde in aantog is - want die einde kom onherroeplik. Die gedrag van die mense verhaas dit, en daarom word daar `n periode, wat geen beter mensegeslag kon voortbring nie, ten einde gebring. Ook al mog God nog lange barmhartigheid beoefen en al sou die mense nog dikwels geleenthede aangebied word om te verander, dan sou hulle tog geen gebruik meer daarvan maak nie, en daarom word die aardse lewe vanuit God beëindig.

Hierdie tydperk van ontwikkeling was vir die mensdom besonder ryk aan barmhartigheid en sou sekerlik meer as voldoende gewees het, om hulle verlossing te bring. Nog tot die einde staan God die mense by met buitengewone barmhartigheidsgawes, maar daar word meestal geen ag daarop geslaan nie, soos in die algemeen nêrens meer aandag daaraan geskenk word wat met God of die eie sieleheil verband hou nie.

En daarom is `n langer verblyf op hierdie aarde heeltemal misplaas, dit wil sê, slegs die liggaam vaar goed daarby, egter nie die siel wat onverganklik is nie. Daarom word die siel elke verdere moontlikheid tot `n aardse lewe ontneem, wat haar in die hiernamaals nog `n verdere ontwikkeling verseker, as sy tenminste daar ook nie afwysend teenoor die woord van God staan nie. Aangenome, dat hulle nog vòòr die laaste oordeel, voor die einde van hierdie aarde, die liggaamlike lewe verloor en opgeneem word in die ryk hierna.

Dan is ook die dood voor die einde, nog `n besondere barmhartigheid vir die mens, as hy op aarde nog `n beslissing geneem het. Hy vind dan in die hiernamaals nog ryklik geleenthede om hulpvaardig te wees en in liefde te dien. En daardeur kan hy tog nog die onderbroke ontwikkeling voortsit, ja selfs nog begin, as sy weerstand nie so groot is dat hy die siele wat hom wil help, geen gehoor skenk nie.

In daardie geval kan hy ook steeds meer wegkwyn en weer tot die hardste materie terugkeer, en dan moet ook hy nogmaals die lang weg oor die aarde aflê, totdat hy homself weer as mens kan beliggaam.

Hierdie barmhartigheid het God nog vir vele berei voordat Hy die ou aarde sal laat vergaan, maar die vrye wil van die mense dwing Hy nie. En soos hulle hulleself oopstel vir Sy barmhartigheid, so ook trek hulle self voordeel daaruit vir hulle siele.

Op aarde, sowel as in die hiernamaals, kan hulle leeg en kragteloos wees, as hulle hulleself van alle barmhartigheid nie aantrek nie en hulleself daarvoor afsluit. Of hulleself nog ook ongelooflik vinnig positief ontwikkel as hulle deur hulle wil elke barmhartigheidsgawe op hulleself laat inwerk en daardeur in groot mate van krag voorsien word.

Want God is besonder genadig en barmhartig - maar ook regverdig, en Hy bedeel die mense volgens hulle wil.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205