Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die salige lot van die ryp siele en die toestand van onvolmaaktheid in die hiernamaals

B.D. 4801.-.24 Desember 1949

Daar sal `n salige lot u ten deel val in die huis van My Vader. U sal daar alles aantref wat u vreugde sal gee, wanneer u siel suiwer en vry van aardse verlangens sal wees, as sy ryp is vir die geestelike ryk. Maar waaruit hierdie salighede bestaan, naamlik die vreugde van `n suiwer vergeestelike siel, dit sal u mense eers kan begryp wanneer u strewe op aarde al op geestelike goedere gerig sal wees - as die aarde met haar besittings, nie meer in staat is om u te bekoor nie.

Dit is geestelike genietinge wat vir die siel verruklike vreugde berei. Dit is genietinge wat die gevoel van die siel net so ontroer as aardse genietinge die liggaam, sodat sy dus bomate gelukkig is omdat sy geen enkele aardse verlange meer het nie.

Net soos op aarde, ervaar die siel in die hiernamaals ook die skone en net soos op die aarde ken hulle ook die geluksgevoel, maar in `n mate wat met niks meer te vergeleke is nie. Want haar verlange gaan dadelik uit na `n vermeerdering van geestelike besittings en die verlange word ook aan die siel vervul. Sy kan onvoorstelbare skeppinge aanskou en hoor en sy skep gedurig wysheid en krag daaruit. Sy verkeer in die bekoorlikste omgewing waar niks op die aarde mee te vergeleke is nie, omdat aardse skeppings, daarmee vergeleke, maar arm en gebrekkig is. En daarom ontbreek die krag die mense om die wondere van God se liefde wat Hy Sy kinders laat aanskou, vir hulleself voor te stel. En omdat iedere wese met gelykgesinde siel verbinding het, word hierdie saligheid aanmerklik verhoog en die lig voortdurend sterker.

Die toestand van die onvolkome wesens in die hiernamaals kan wel beskryf word, omdat dit nie veel anders is as op die aarde nie, sodat die siele hulleself dikwels vir `n lang tyd nog lewend op aarde waan. Soos die mense op aarde in die materie lewe en nie kan begryp hoe geestelike strewende mense hulleself van die wêreld kan terugtrek en tog gelukkig is nie, so lewe die eerstes in die geestelike ryk ook met dieselfde verlange na die materie, waaraan vir hulle in soverre voldaan word, dat die vervulling daarvan hulle self nie kan gelukkig maak nie, totdat hulle hulleself na `n lang tyd self daarvan begin losmaak wanneer hulle die waardeloosheid daarvan begin insien. Maar die geestelike ryk van die lig met sy bewoners is vir hierdie wesens gesluit, want dit is `n ander wêreld waarvoor hulle nog geen begrip het nie. Hulle sou ook nie daarin kan bestaan nie, omdat die volheid van die lig hulle sou verteer.

Daar is egter altyd ligwesens onder hulle, wat sonder om herken te word, hulle onderrig en probeer om hulle wil te beïnvloed, om hulle los te maak van aardse begeertes en om na iets hoër te strewe, om na `n dikwels baie lang tyd, ook in die ligryk te kan ingaan. Daar kan in die hiernamaals siele met dieselfde graad van onvolmaaktheid kom, wat tog tye van verskillende duur nodig het om tot rypheid te kom, na gelang van die vermoë van hulle hart om lief te hê, wat soms in die geestelike ryk vinniger verander as op aarde. Maar dan is daar ook die wat `n baie lang tyd nodig het om hulle gebreke en ondeugde af te lê. Maar steeds is dit vir hierdie onryp siele heel bekende beelde wat hulle te siene kry, terwyl die siel in die ligryk heeltemal onbekende dinge onder oë kry en die aanskouing en hoor daarvan, onverwagse saligheid teweegbring - en waar die wonders geen einde het nie. Want die belofte van Jesus word vervul: "Wat geen menslike oog ooit gesien het nie en geen menslike oor ooit gehoor het nie, dit het Ek berei vir hulle wat My liefhet!"

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205