Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die groot nood van die siele in die hiernamaals

B.D. 5767.-.11 September 1953

Oorgroot is die nood van die siele in die hiernamaals wat aan lig ontbreek. Om hulle toestand aan u mense op aarde te beskryf sou waarlik voldoende wees om u lewe in ander bane te lei, maar dan sou dit gedoen gewees het met u wilsvryheid. U sou uself dan, gedryf deur die vrees vir dieselfde lot, op `n ander lewenswandel toelê, dit dus wel doen wat van u gevra word - maar nie uit uself, uit vrye wil, daartoe aangespoor nie. Tog moet u die lot van die siele ken, dit moet aan u oorgebring word en dit staan u dan nog steeds vry om te glo, en om u eie gevolgtrekkings daaruit te maak.

Hierdie siele het by die binnegaan in die ryk hierna, alles waaraan hulle harte gehang het op aarde, verloor. Hulle besit niks meer nie, want alleen dit wat geestelik verwerf word kan hulle saamneem, en daaraan het hulle die meeste gebrek. Hulle is deur totale duisternis omring, omdat hulle `n lewe sonder God lei en is daardeur heeltemal kragteloos, maar nie gevoelloos nie. Vir hulle beteken hulle omgewing nou `n verskrikking en ellende, en hierdie kwellings en verskrikkings sal ook die siel ondergaan wat op aarde alles sonder vrees en vasberade uitgevoer het, wat haar nou in die duisternis laat stort het. Dit is pyn van `n onbeskryflike aard, wat nou die verlange in die siel opwek om hierdie toestand te ontvlug, of maar net alle slegte neigings te versterk en ook in daardie ryk bevrediging te soek - wat beteken `n totale ten prooi val aan die kragte van die duisternis. 

Maar ook die siele wat die aardse lewe onmondig verlaat het, wie se lewe egter sonder liefde was en onverskillig was ten opsigte van al die geestelike, is in buitengewone benoude omstandighede. Want ook vir hulle kwel die duisternis onuitspreeklik, wat wel somtyds vir `n skemerige toestand wyk, as die siel nog nie heeltemal verhard is nie, sodat ook hulle na lig verlang - want alleen die verlange kan haar daardie lig laat bereik. Al hierdie siele ontbreek egter aan die krag om die goeie te wil, en daar kan aan hulle, volgens die wet van ewigheid, geen hulp gebring word as hulle dit nie self begeer nie.

Die werk van God se barmhartigheid is nou wel nie ten einde wanneer die siel die aardse liggaam verlaat nie, maar wat hulle op aarde nie benut het nie, terwyl hulle dit in oorvloed besit het, moet hulle in die hiernamaals eers vir hulleself verwerf - en hulle is dikwels te swak daarvoor. Stel vir uself altyd maar uiters verswakte en hulpelose wesens voor wat onuitspreeklik ly en wat op hulp aangewese is, om van hulle lyding bevry te word. En as u `n blik kon werp op hulle nood, dan sou u met erbarming vervul word.

Elkeen het siele daarbo van wie hy nie weet in welke toestand hulle die geestelike ryk binnegegaan het nie. U almal het mense wat u na `n tyd deur die dood verloor het, dink tenminste aan die siele met wie u noue bande gehad het en help hulle. Want selfs die kleinste verlossingswerk wat aan sulke siele volbring word, het `n verdere verlossing tot gevolg en u het dan veel daartoe bygedra.

En u kan hulle alleen help deur liefdevolle gedagtes en gebed, en deur ten gunste van hierdie siele te bid. Dit sal hulle weliswaar nie uit hulle kwelling bevry nie, maar hulle tog krag laat toekom deur middel waarvan die siel dan haar wil verander en op die lig kan afstuur.

Sy kan nie teen haar wil uit haar ellendige staat verlos word nie. Om egter die goeie te kan wil, is u voorspraak nodig, `n gebed, wat in liefde aan haar geskenk word, sodra sy haarself in u gedagte dring. Want u moet weet dat die siel u om hulp smeek as sy haarself in u gedagte meng. En dat die siele wat op u hulp hoop, u voortdurend omring, en dat u die gedagte aan gestorwenes uit onwil mag terugdring, as u hulle kwellings nie nog wil vererger nie.

Om u en u vrye wil nie te benadeel nie, bly die lot van hierdie siele vir u verborge. Dit is twee wêrelde waarin u en die gestorwe siele hulleself bevind. Daar is `n grens getrek en `n blik in hulle wêreld is u ontsê. Maar tog bestaan hulle en u kan aan hulle uit u wêreld veel liefde toestuur, wat haar uitwerking het op `n sodanige manier en van so `n grote omvang, dat tallose siele hulle toestand kan ontvlug. Dink dikwels aan hierdie arme siele en skenk aandag aan hulle nood. Want wat u vir hulle doen in medelydende liefde, sal u ryklik vergoed word, deurdat u op aarde reeds geestelike hulp ten deel sal val, deur al die siele wat al uit die duisternis tot die lig gekom het.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205