Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Kragteloosheid in die hiernamaals. Goddelike wet

B.D.3206.-.30 Julie 1944

Die siel wat geen krag ontvang nie, bly werkloos. En hierdie werklose toestand kan nie anders verhelp word, as deur dade van liefde nie, waarvoor egter die wil by die siel ontbreek wanneer sy haarself in die hiernamaals in hierdie kragtelose toestand bevind. Op aarde kan hierdie wil aangespoor word deur die woord van God. Dit kan aan die mens voorgestel word dat liefdadigheid vir hom tot seën is. En hy kan nou die woord van God ter harte neem, hy kan daaroor nadink en uit eie beweging besluit om werke van liefde te verrig - want op aarde ontbreek dit hom nie aan krag om dit wat hy wil, tot uitvoering te bring nie. En dan word geestelike krag aan die siel gestuur en dit onder­steun haar in die ontwikkeling.

Maar anders is dit in die hiernamaals, waar die kragtelose siel niks anders kan doen as net wil nie. En dit hang daarvan af hoe hierdie wil is, of die wese toegevoerde krag kry. Die siel is dus in die hiernamaals afhanklik van die hulp van ryper wesens, terwyl die mens op aarde onafhanklik van geestelike kragte kan handel volgens eie goeddunke. Daarom mag die mens nie sorgeloos leef in die mening dat, as hy nie sy doel op aarde bereik het nie, hy in die hiernamaals kan inhaal wat hy op aarde versuim het aan sy ontwikkeling. Dit is `n valse hoop wat hom eens bitter sal berou, ofskoon die toestand in die hiernamaals nie heeltemal hopeloos bly nie. Dit is onuitspreeklike kwellings wat die siel moet deurmaak, en wat sy op die aarde maklik kon voorkom het, deur ernstig opwaarts te strewe.

Kragteloosheid is van onbeskryflike troosteloosheid, dit is `n toestand wat die siel nie na wense kan ophef nie – aangesien sy op die liefde van andere wesens aangewese is. En hierdie liefde is soms maar vaag te herken vir die siel, en in ooreenstemming met haar eie liefde vir die siele wat soos sy ly.

Sodoende kan `n liefdelose siel ewighede in haar toestand van kragteloosheid deurbring, sonder dat `n weldenkende wese haar nader, as sy gestadig in eie liefde volhard; wanneer sy slegs aan haarself en aan haar lot dink, en vir die lot van die siele om haar heen geen meegevoel het nie. Aan haar kan volgens Goddelike wet nie anders geskenk word, as wat sy self aan andere siele gee nie, en haar eie liefde is belemmerd vir die ligwesens om haar te nader en verligting aan haar te bring.

En omdat sy self nie bereid is om te gee of om te help nie, kan ook nie aan haar gegee word nie, nóg kan sy gehelp word. En dit is die bitterste, dat die woord van God nou ook nie aan die siel oorgedra kan word nie, wat haar uit haar geestelike blindheid sou kon voer. Want die woord van God is lig en deur haar liefdeloosheid is die siel nog nie ontvanklik vir lig nie. Op aarde daarenteen, word die woord van God ook vir die liefdelose mense aangebied - want dit is die barmhartigheid wat God aan die onverloste op aarde gee, wat dit kan aanneem, of ook afwys volgens eie goeddunke; terwyl in die hiernamaals, die barmhartigheid van God alleen in sover daardie wese beroer, waar die keuse aan hom gelaat word om te wil en liefdevolle gedagtes in homself op te wek, waarna hy dan ook krag gegee word.

Menige siel is egter so verhard, dat sy nie in staat is om liefdevolle gedagtes te hê nie, dan is dit vir haar `n ondraaglike toestand wat sy nie vanuit haarself kan beëindig nie. Hierdie siele is egter deur ander lotgenote omgewe aan wie se lot hulle liefde hulleself kan ontsteek - en daardeur kan hulle vir hulleself steeds `n verbetering in hulle eie toestand tot stand bring, sodra hulle die liefde in hulleself laat ontluik. Want reeds die swakste wil om hierdie lotgenote te help, besorg hulle krag. En sodra hulle aandag skenk aan hierdie krag word hulle ook aktiewer in die verrigting van liefdesdade, en die hulpverlening aan andere siele gee hulle `n innerlike gevoel van blydskap.

En dan is ook die toestand van kragteloosheid, die toestand van volledige werkloosheid oorwin. Dan kan die woord van God ook aan hulle gebring word, dit wil sê, wesens wat onderrig kan word deur in hulle nabyheid te kom en hulle te vertel welke gebooie God gegee het en waarom hierdie vervul moet word. Die onderwysende werksaam wees van die ligwesens moet nou begin, sodat die onwetende siele lig en krag kan ontvang, dit wil sê, kennis wat hulle nou kan deurgee in liefderyke sorg vir die lot van die lydende siele.

Maar ewighede lank kan sulke kragtelose siele gebrek ly. En tog is hierdie toestand maklik om te voorkom as die mens op aarde die geleentheid gebruik, om die hiernamaals in `n sekere rypheid in te gaan. Want dit verskaf hom lig en krag en stel hom in staat om ook andere in die geestelike ryk gelukkig te maak.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205