Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die gevolge van liefdeloosheid in die hiernamaals

B.D. 5322.-.23 Februarie 1952

Die liefdeloosheid het verreikende gevolge op aarde, sowel as in die hiernamaals, want dit omring die siel met die digste bedekking, sodat geen ligstraal haar kan binnedring nie en sy vir ewig in die donker bly. Lig is oral, maar waar dit die menslike siel nie kan binnedring nie, daar is duisternis. Die liefde straal egter lig uit en verlig so die siel van binne. Die omhulsel los homself op en die lig kan dan van buite af inwerk - die siel het insig.

Om op aarde insig te hê, beteken die ken van die ewige waarheid, van die sin en die doel van die aardse lewe en die besef van die voortdurend toenemende liefde tot God. In die ryk hierna egter, is die lig slegs verseker vir die siel wat deur die liefde op aarde tot insig gekom het. Die duisternis het vergoed verdwyn en vir die siel is alles duidelik. Vir haar is daar niks meer onseker nie, niks is onbegryplik nie en niks onmoontlik nie, want syself het vol van lig en krag geword deur die liefde.

Die liefdeloosheid is daarom die ewige ondergang van die siel, want `n siel wat nog in die diepste duisternis smag, is onsalig. Sy het aan hom ten prooi geval wat self heeltemal sonder liefde is en wat hierdie toestand ook vir die siele wil berei, wat hulleself deur hom laat beïnvloed; hy wat slegs vol eieliefde is en net liefdeloos teenoor die medemense optree, omdat Satan hom daartoe verlei het, want hy wil sy eie gevoelens op die mense oordra, sodat hulle hom onderdanig word.

Die liefdeloosheid is die dood van die siel. Dit vergiftig die denke van die mense, sodat die resultate van die denke leuens en boosaardigheid is, waaruit dade van haat voortkom, waaruit die kwade weer sal voortkom. Dit kan ook nie anders nie, want waar liefde heers, daar is God en waar liefdeloosheid en haat te voorskyn kom, daar is Satan. En hy voer so `n heerskappy dat hy waarlik te veroordeel is as die grootste vyand van die siele, wat die mense nie net op die aarde najaag en hulle vir homself probeer wen nie, maar in die hiernamaals met verhewe boosaardigheid werk en ook daar probeer om op die siele in te werk. Hy probeer hulle tot steeds groter hardvogtigheid aan te spoor, om hulle steeds dieper na benede in die afgrond te trek. En omdat liefdeloosheid so `n skrikwekkende uitwerking het in die hiernamaals, kan dit slegs met liefde teengegaan word.

Aan die siele in die hiernamaals moet baie liefde betoon word, wat as `n geneesmiddel op die siek siel inwerk, waardeur hulle gesond kan word, wanneer die skenk van liefde aan die siele, nie verminder word nie. Ook die mees verstokte siele van die duisternis word deur strale van liefde verander, al is hulle in die begin onwillig. Maar wat hulle eenmaal as `n weldaad aanvoel, gee hulle nie meer op nie.

Die liefde is die mees doeltreffendste wapen teen die teenstander, waarteen hy nie kan standhou nie en wat hy ontvlug. Hy sien liewer van sy slagoffers af, voordat hy homself deur strale van liefde sal laat aanraak.

Daarom, stry teen die liefdeloosheid, weet dat dit tot verderf lei, terwyl die werke in liefde die ligryk vir u open. Weet dat u deur liefde ook vir hulle die lig kan bring wat nog in die duisternis smag, as gevolg van hulle lewenswandel op die aarde, die wat arm aan liefde, of liefdeloos was. Slegs die liefde kan vir hulle hulp bring en hulle kettings losmaak, slegs die liefde kan u almal salig maak.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205