Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die reinigingsproses van die siele in die hiernamaals

B.D.3627.-.15 Desember 1945

Die reinigingsproses van die siel van `n gestorwe mens in die hiernamaals begin dadelik na die aflê van die liggaam (dood), maar in ooreenstemming met die wil van die siel. Die siele wie se gees nog heeltemal in duisternis verkeer, ervaar hierdie duisternis as `n groot kwelling. En hierdie kwellings is reeds die begin van `n proses - omdat dit daartoe bydra om die wil van die siel te verander, wat weer verskillende lang tye duur, maar altyd as prinsiep van die reinigingsproses bedoel is.

Voortdurend gee die liefde van God haar die geleentheid om haar wil te verander, maar die middele daartoe is in die hiernamaals vir die siel dikwels nie as `n daad van liefde van God te herken nie. En tog kan dit binne `n kort tydjie tot die doel lei, as die siel nie al te weerspannig is nie. Sy moet haarself heeltemal ontdoen van lae substansies, voordat sy lig kan deurlaat. Daarom sal haar toestand totdat sy lig ontvang, ook `n toestand van ellende wees. En daarom is die lot van onrype siele betreurenswaardig, omdat hulle van menslike kant nie genoeg hulp gebring kan word deur liefdevolle voorspraak nie, of deur die onderrig deur middel van gedagtes en die aanspoor om in liefde besig te wees nie.

En as die siel nie heeltemal verstok is nie, sal sy stadig opwaarts gaan in haar ontwikkeling. Elke leed sal die harde omhulsels laat smelt, sy sal toeganklik word vir hulp en probeer om haarself vry te maak, ook as daar dalk `n lang tyd daarvoor nodig is voordat die reinigingsproses beëindig is en die siel, as ontvanger van lig, in liefde kan werk. Maar ook reeds ryper siele moet hulleself nog ontwikkel, om heeltemal ligdeurlatend te wees. Want die lig kan `n siel, verskillend van sterkte, beroer, na gelang van haar toestand van volmaaktheid, wat tot `n steeds hoër graad kan styg.

Die siel kan reeds soveel kennis opgedoen het by haar ingaan in die geestelike ryk, dat sy nie meer in `n donker omgewing hoef te vertoef nie. Dat sy alles kan insien en begryp terwyl sy haarself bevind in `n kring met swak of sterker lig, en as gevolg daarvan ook selfstandig werksaam kan wees. En tog moet sy haarself nog vorm om meer lig te kan ontvang. Ook sy moet nog uitkristalliseer tot die hoogste helderheid, en dit weer deur werk in liefde, ten bate van die hulpbe­hoewende siele. Want die opofferende liefde teenoor die ongelukkige siele louter die siel en maak haar steeds ontvankliker vir lig. En in gelyke mate styg ook haar eie blydskap, omdat daar met haar verlossing besig is.

Sodra `n siel hoër op wil gaan, doen sy haar bes daarvoor en is sy ononderbroke daarmee besig, omdat sy deur haar wil, ander lydende siele wil help om ook steeds weer krag aangevoer te kry wat haar gelukkig maak en haar naarstig besig laat. Maar steeds stel dit voorop dat sy bo haar swak wil uitgegroei het, dat die ondeurdringbare duisternis om haar heen oopgebreek het, dat sy vir die ligstrale wat die erbarmende liefde van God haar in die donkerte stuur, toeganklik is en dat sy haar duistere staat wil ontvlug.

Haar worsteling om opwaarts te gaan, haar kwellings en die donkerte van haar omgewing, word as reinigingswater beskou. Haar omhulsel los op, sy word ligdeurlatend en nou is haar opgang na Bo, tot die lig, verseker. Want as haar eie wil dit beslis het, help God haar voortdurend om opwaarts te gaan totdat sy, deurstraal van lig, kan werk in die geestelike ryk - soos wat dit haar bestemming is.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205