Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die nood van die ongelowiges by die binnegaan in die hiernamaals

B.D.5076.-.2 Maart1951

U almal moet saam help aan die verlossing van die dwalende siele. Elkeen wat in My glo, dus ook aan `n lewe van die siel na die dood, sal ook probeer om hierdie geloof aan sy medemense oor te dra. En dan doen hy ook `n werk van barmhartige naasteliefde, want hy red sulke siele van die dood.

As u net geweet het hoeveel makliker die lot van die siele is wat maar `n vonkie van geloof in hulleself dra, by die verlaat van hierdie aarde, dan sou u alles doen om daardie vonkie in u te laat ontbrand. En hoe groter die vonk is, des te helderder is dit in u siel by die ingaan in die ryk hierna. Wie egter self reeds glo, mag nie ophou voordat hy sy medemense vir daardie geloof gewen het nie. Hy moet met alle ywer arbei en sal `n groot loon vir homself daarvoor verwerf, want die siele wat hy gewen het, sal hom duisendvoudig daarvoor bedank.

Om die geestelike nood te versag, is waarlik `n werk van liefde, en die gevolge werk deur tot in alle ewigheid. En alle mense wat nie geloof het nie, bevind hulle in geestelike nood; wat nie oortuig is van `n Wese wat bomate volmaak is nie, wat nie glo om verantwoording voor `n regterstoel te moet aflê, aan die einde van hulle aardse lewe nie; wat daar op die wêreld los lewe en nie dink aan hulle opdrag om die siel ten goede te ontwikkel nie; wat hulle sondeskuld, wat die oorsaak van hierdie lewe op aarde is, nie verminder het nie, maar vergroot het, omdat hulle die slagoffer geword het van My teenstander, wat hulle vir ewig wil verderf.

Hierdie mense verkeer in groot probleme, maar die liefde van die medemens kan hulle help: Neem deel aan die verlossingswerk van Christus en probeer om u medemens te onderrig, omdat u self die groot liefde en barmhartigheid ken van Hom, WIE u geskep het. Stel My aan hulle voor, nie as `n straffende God nie, maar as `n liefdevolle Vader, wie Sy kinders terugroep na die Vaderhuis, wat hulle vrywillig verlaat het. En help hulle om weer te glo, dan verwerf u `n groot loon vir uself. Want dan verrig u `n werk in My wingerd wat Ek nie onbeloon laat nie. Want daardeur win Ek My kinders, na wie Ek verlang, weer terug en wie se liefde Ek ononderbroke probeer te wen. Help My om hierdie kinders vir My te wen, sodat Ek hulle vir ewig met My liefde kan gelukkig maak.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205