Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Arme siele - Berou - liefdevolle hulp

B.D. 3256.-.5 September 1944

As u mense die aardse lewe beëindig het en in die geestelike ryk ingegaan het, dan voel die tyd van u bestaan op aarde, slegs as `n oomblik vir u, sodra u die herinnering aan vroeër gegee word, van die oneindige lang tyd vòòr u beliggaming as mens.

Dan besef u ook die groot barmhartigheid wat die laaste stadium van u ontwikkeling vir u siel was, en geseënd is hy wat dit benut het en aan wie dit die ingaan in die lig ryk moontlik maak, wat homself geen verwyte hoef te maak dat hy die barmhartigheid van die aardse lewe onbenut laat verbygaan het nie. Want die berou in die hiernamaals is dubbel pynlik, omdat die siel insien dat sy niks meer kan goedmaak van wat sy op aarde nagelaat of versuim het nie. As die siel sien welke onvoorstelbare kwellinge die onbenutte aardse lewe haar opgelewer het en hoe maklik die korte lewe as mens daarenteen was, wat sy in die opsig nie gewaardeer het nie.

Die berou oor `n verkeerd geleefde lewe op aarde is so pynlik en neerdrukkend vir die siel, dat sy alleen daardeur al ontsaglik boet en haar pynlike toestand vererger. Maar die lewe op aarde, met sy vele moontlikhede om haarself te vervolmaak, is nou verby, en die siel moet die gevolge wat in ooreenstemming is met haar lewe op aarde, op haarself neem. Sy moet nou haar ontwikkelingsgang in die hiernamaals voortsit, maar met veel groter probleme as op die aarde - sodra die toegang tot die ligryk nog vir haar ontsê is.

U mense weet nie hoe arm so `n siel is wat nog in die duisternis verwyl nie en dat sy elkeen met medelydende liefde nodig het om haar te help, en u almal moet uself oor sulke siele erbarm. U moet hulle liefde gee, anders sou hulle ewig nie verlos kan word nie, omdat hulle alleen te swak is, omdat slegs die liefde vir hulle krag gee en die siele hierdie liefde verwag van die mense en daarvoor smeek.

Want die geestelike vol van lig kan dan eers hierdie siele bystaan, as hulle hulleself bereid verklaar het om ook ander siele te help. Om egter hierdie wil tot help in hulle op te wek, moet hulle wil eerstens versterk word, en dit word slegs bewerkstellig deur die krag wat die liefde van die mense op aarde hulle laat toekom.

Onverloste siele, dus sulkes wat die aardse lewe nie benut het, of heeltemal sonder geestelike strewe op aarde geleef het, is in die grootste nood, omdat hulle totaal kragteloos is en `n volledig verswakte wil het. Om hierdie siele by te staan, is een van die grootste liefdeswerke wat die mens kan verrig. Hy moet voortdurend vir hierdie siele bid en moet hulle in gedagte voorhou dat hulle liefhebbend werksaam moet wees, ook in die hiernamaals. Hy moet hulle steeds en steeds weer die liefde verkondig en met hulle spreek in gedagte, hy moet hulle krag gee deur liefde, wat deur hierdie siele as weldadig ervaar word, omdat dit hulle toestand van lyding versag. En hierdie siele sal die mense, wat hulle uit hulle ellendige toestand verlos het deur hulle liefdevolle hulp, ewig daarvoor bedank.

Sodra sy self kan deelneem aan die verlossingswerk, sodra sy andere siele se leed kan versag deur die bring van geestelike kennis, wat sy eers vir haarself moet verwerf deur haar wil tot hulp, is ook haar grootste nood opgehef en haar berou verminder in dieselfde mate as wat haar wil om te help, vergroot. Want nou sien die siel in dat sy in die geestelike ryk nodig is en haar ywer laat haar die ewige leed vergeet. Sy streef daarna om geestelike goedere te versamel om dit weer te kan uitdeel. Sy het vir haarself `n nuwe werkkring geskep en probeer nou in te haal wat sy op aarde versuim het, naamlik om liefde te gee. En nou sit die siel haar ontwikkelingsgang in die geestelike ryk voort, danksy die hulp wat die liefderyke gedagtes van die mense op aarde vir haar opgelewer het, waarvoor hulle ewig dankbaar is.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205