Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Verskillende sfere in die geestelike ryk

B.D.3316.-.3 November 1944

Onmiddellik na die liggaamlike dood verlaat die siel die liggaam en sweef weg na die geestelike ryk, wat na mate van haar staat van rypheid, baie naby, of ver van die aarde verwyderd kan wees. Dit is nie ruimtelik te verstaan nie, maar die afstand ontstaan deur die verskille tussen die sfere, ofskoon elkeen van hulle tot die geestelike ryk behoort, omdat hulle tersyde van en buite die aardse stoflike wêreld lê. En die siel wat nog onryp is, het wat die tyd betref, nog `n baie lang weg om te gaan voordat sy in die ligsfere aankom.

`n Voltooide siel daarenteen word bliksemsnel na haar liggaamlike dood in hierdie sfere oorgeplaas. Want sy het geen tyd of ruimte nodig om die afstand van die aarde tot in die ligsfere te oorwin nie. Sleg die krag, wat die siel deur haar staat van rypheid opgelewer het, is voldoende. Die onvolkome siele daarenteen kan nie so vinnig van die aarde skei nie, omdat hulle nou eenmaal kragteloos is om hulleself opwaarts te verhef en terselfdertyd nog met hulle sinne aan aardse dinge gebonde is. Hulle wil nie van die aarde weg nie en bly sodoende nog `n lang tyd in die nabyheid van die aarde, meestal in die omgewing van dit wat hulle tydens die lewe, hulle eiendom genoem het.

Derhalwe ervaar hulle ook nie dadelik die oorgang van die aardse na die geestelike ryk nie, want hulle blyplek lyk vir hulle nog aards - en daarom is die siele dikwels self nie bewus dat hulle geen liggaamlike lewe meer het nie. Maar dit verbaas hulle dat hulle geen kontak meer met die mense op die aarde kan maak nie, dat hulle self geen gehoor kan verskaf nie en daar deur die mense geen aandag aan hulle bestee word nie. En hierdie situasie bring hulle langsamerhand tot die besef van hulle toestand, waardeur hulle insien dat hulle nie meer op die aarde is nie, maar aan die ander kant daarvan in die geestelike ryk.

Solank die siel nog wêreldsgesind is, kan sy haarself egter nie uit hierdie omgewing verwyder nie. Sy is nog aan die aarde gebonde en dit is vir haar `n pynlike toestand, want alles wat sy begeer of dink om te besit, is onbereikbaar vir haar. Sy moet nou stadigaan haar verlange na aardse goedere oorwin en slegs as dit haar wens is, verwyderd sy haarself meer en meer van die aarde. Die sfere neem ander vorme aan en die oog sien geen aardse nie, maar geestelike skeppinge, volgens die staat van rypheid van die siel. Die geestelike oog van die siel is in staat om geestelike dinge te aanskou wat die onvolkome wese nie kan sien nie, ofskoon dit tog aanwesig is.

Sterf `n ryper siel egter op aarde, dan is sy dadelik in staat om haar omgewing in die geestelike ryk te onderskei, omdat die geestelike oog hierdie bekwaamheid het, ingevolge die rypheid van haar siel. So `n siel sal ook siele herken wat haar ontmoet in die hiernamaals, terwyl omgekeerd, die onrype siele dit nie kan nie. Sy herken slegs siele wat net so in die duisternis verkeer, die wat hulle dus in dieselfde onvolkome toestand bevind. Maar ligvolle wesens is vir hulle onsigbaar en selfs as die hulle nader en hulle lig onthul - herken hulle hierdie nie.

Die geestelike oog open hom eers by `n bepaalde graad van rypheid, dan egter is daar ook lig om die siele, terwyl geestelike duisternis die siele omring wat niks kan aanskou nie omdat by hulle die geestelike gesigsvermoë nog geslote is. Maar aardse dinge staan hulle nog sigbaar voor die oë, dit is egter maar hersenskimme wat in werklikheid nie bestaan nie, maar wat deur die siel se verlange verskyn en net as skadubeelde vergaan sodra die siel dit wil neem en gebruik. Want deur haar verganklikheid moet die siel insien dat sy iets hoër moet nastreef as aardse verganklike goedere. Solank die siel dus nog sulke dinge begeer sal die ligwesens haar ook nie benader nie, want materieel gesinde siele skenk aan die woorde van die ligwesens geen gehoor nie, as hierdie hulle die evangelie wil bring. Aan hulle kan in hierdie toestand alleen deur die gebed van `n mens hulp gebring word, 'dan eers wend hulle hulleself van die materie af en soek in die geestelike ryk na iets anders in die plek daarvan.

En dan kom hulle ook hulpvaardige wesens tegemoet wat hulle onderrig en hulle die weg na Bo wys. En hoe gewilliger hulle die onderrig van die ligwesens aanneem, des te vroeër word hulle geestelike oog geopen en word hulle aan die duisternis ontruk. Hulle het dan in sfere binne gegaan waar hulle lig mag uitstraal.

Hulle het dan die weg afgelê wat `n kort, maar ook `n baie lang tyd kan duur, volgens die hardnekkigheid waarmee die siel die stoflike goedere nastreef en wat haar solank aan die aarde bind, totdat hierdie begeertes oorwin is. Eers dan sal hulle deur die ligwesens vertroud gemaak word met die suiwere waarheid om dan in die hiernamaals te kan werk vir die ryk van God, waarin die siel haar kennis nou deurgee aan behoeftige siele wat nog in die duisternis van gees verkeer.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205