Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Verlange na lig in die hiernamaals. Geestelike gesprekke

B.D. 5487.-.15 September 1952

Die verlange na lig is in die ryk hierna baie groot by diegene wat ingesien het dat die graad van saligheid afhang van `n sekere insig, wat hulle egter ontbreek. Dit is wesens by wie `n sekere goedheid op aarde nie te ontken was nie; wat moeite gedoen het om korrek en eerlik te handel, maar tog geen geloof besit het in `n Mag bo hulleself, aan `n voortlewe van die siel en aan `n geestelik ryk nie.

En hierdie gebrek aan geloof het hulle ook onontvanklik gemaak vir geestelike kennis op die aarde; die wil om te glo het ontbreek. Daarom het hulle alles as onwerklik en onwaar beskou wat, buite die normale lewe staan, en deur gelowige mense bely word. Die wil het hulle ontbreek om iets daarvan aan te neem, omdat hulle nie geglo het nie. En ook, omdat die aardse lewe hulle so buitengewoon toegeskyn het, dat hulle slegs daarvoor gewerk het en besig was. 

Maar nou - in die ryk hierna, sien hulle steeds meer en meer die realiteit van die geestelike ryk in, maar is tog nie in staat om duidelikheid te verkry oor hulle eie bestaan en hulle toestand nie. Hulle weet nie wat werklik en onwerklik is nie. Hulle sien onduidelike beelde wat hulle nie begryp nie, hulle word tot denke aangespoor en kom tog self nie daaruit nie. Hulle verlang na lig, na insig, en is dankbaar as dit vir hulle gegee word. Die werk van leermeesters in die geestelike ryk, om geloof te vind vir hulle onderrig, word egter bemoeilik deur die ontbreking van geloof, omdat alles vir die siele onaanvaarbaar lyk, deur die ingesteldheid wat hulle op die aarde gehad het. Maar hulle strewe onophoudelik na opheldering, hulle wil die waarheid weet en daarom word dit ook aan hulle gebring.

Die ryk hierna erken hulle nou as werklikheid, omdat die kennis van die aardse lewe hulle nie heeltemal ontneem is nie. Hulle is dus nou al oortuig van `n lewe ná die dood, en die oortuiging spoor hulle aan om ywerig te soek na wat hulle ontbreek, na lig. En hulle word ook nie moeg nie en vertoef daarom oral waar hulle opheldering gegee kan word. Maar tog kan die lig eers aan hulle gegee word, wanneer die wil om goed te doen, lewend in hulle geword het om daarmee te werk.

Daarom is so menige siele vir `n onuitspreeklike lang tyd sonder lig, sonder kennis, ondanks haar verlange, omdat sy nog geen meegevoel het met die geestelike wat soos sy ly nie. Omdat sy maar net uit egoïstiese motiewe na lig verlang en dit haar daarom ook nog nie gegee kan word nie. Maar mense wat reeds op aarde besig was om hulle medemense te dien, hetsy deur bedenksels, deur raadgewing of onderwysing, sal dit ook in die ryk hierna wil doen en kan daarom dikwels baie spoedig met die ware kennis vertroud gemaak word, omdat hulle dan ook dienend besig wil wees en daarom ook eweneens tot seën van onwetende siele mag werk. Dog onder dwang word hierdie kennis aan geen wese gebring nie, dit moet innig begeer en ywerig nagestreef word. Maar dit hang nog steeds van die siel af hoe sy haarself instel teenoor die tot haar gebringde lig; dit sal egter sy uitwerking nie mis sodra `n ernstige wil aanwesig is wat korrek gebruik word nie.

Die onderwysings van die kant van die mense op aarde kan daarom ook groot seëninge gee, as steeds daaraan gedink word dat talryke siele by elke geestelike gesprek aanwesig is en daaraan deelneem. Daarom moet leersame gesprekke ook in die gees van die liefde gevoer word, wat dan ook invloed het op hierdie siele en hulle gewillig maak om die waarheid aan te neem. Wie self geestelike rykdom, voortkomend uit die waarheid besit, moet dit ook oorbring aan almal wat `n gebrek daaraan het. Hy moet ook dikwels die siele in die hiernamaals gedenk, wat soms gewilliger is om die waarheid aan te neem as die mense op aarde, wat in hulle skynwêreld nog alles wil afwys wat op `n lewe in die hiernamaals betrekking het.

Goeie en bose gesprekke op aarde vind weerklank in die ryk hierna, dink steeds daaraan. Sorg daarom steeds daarvoor om so te dink en te praat dat die siele in die hiernamaals daarvan kan leer, dat hulle graag na u luister en vir hulleself altyd voordeel daaruit trek. Dan sal u steeds deur siele omring wees wat u ook sal wil dien, vir sover hulle krag dit toelaat. Op velerlei maniere kan u lig versprei, u sal in die siele wat begerig is na lig, steeds dankbare leerlinge vind - en u arbeid vir die ryk van God sal geseënd wees.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205