Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Hulp vir arme siele - liefde verlos

B.D .5203.-.4 September 1951

In die ryk hierna word alles gewaardeer wat die siele opwaarts help. Die liefde wat die nog onrype geestelike toegestuur word, is die enigste verlossingsmiddel, solank hierdie geestelike nie uit eie krag kan opstaan nie, dit wil sê, solank hulle nog nie in liefde kan werk nie, omdat hulle sonder krag is. Alles wat nou aan hierdie wesens krag besorg, het My seën, omdat dit voortkom uit die beginsel van die liefde. Want die liefde wat deur die mense aan die onrype geestelike bewys word, moet op die een of ander wyse haar verlossende uitwerking hê, hetsy op aarde, of ook in die hiernamaals. Want geen vonk van liefde is sonder krag nie, dus beteken liefdadigheid steeds die toevoer van krag.

U mense op aarde sou daarom ontsaglik baie hulp kan verleen, as die liefde u daartoe sou aanspoor om aan die siele in die hiernamaals, wat heeltemal kragteloos is om te dink - en daarom op hulpverlening aangewese is. En alles wat u doen om hulle krag te verskaf, alles wat u doen om verlossend te werk sal vir My welgevallig wees - en nooit nutteloos nie.

Daar is al so weinig liefde te vind onder die mense op aarde, en nog minder dink hulle aan die siele in die hiernamaals - omdat die geloof aan `n voortlewe ná die dood hulle ontbreek. En bomate bitter is die uitwerking van hierdie ongeloof op die siele in die hiernamaals, wat onverlos en kragteloos in `n donker omgewing vertoef, en hulleself nie alleen kan help nie. Elke goeie gedagte aan hulle, elke liefdevolle wens vir hulle welsyn, is vir hulle `n verligting van hulle kwelling - en word dankbaar deur hulle ervaar.

Dog juis die siele wat in die duisternis smag, word deur weinig van sulke goeie en liefdevolle gedagtes vergesel, en hierdie siele is daarom in uiterste nood. Daarom sal u ook begryp dat die mense wat hulle wil help deur talryke siele omgeef is, wat probeer om hulleself almal smekend kenbaar te maak, sodat hulle gehelp word.

U mense is almal deur sulke siele omring, maar slegs weinige skenk gehoor aan hulle, slegs weinige het die bereidheid en die geloof in hulleself om te kan help deur gebed en liefdevolle gedagtes. Dog ontelbare vind geen bemiddelaar op aarde nie, en probeer daarom ook in sodanige kringe te kom waar kragstroming merkbaar is. Ook hierdie siele smeek u om hulp, verskaf dit aan hulle en doen alles wat u liefde u ingee. Weet dat My seën steeds met u is, as alleen al die wil om te bemin, u dryf om hulle te help.

Trag na niks anders as maar net om hulp te bring, dan kan u baie kettings losmaak, dan kan u die gekwelde siele die vryheid gee. U help hulle voorlopig deur die toestuur van krag, wat hulle dan volgens u voorbeeld self gebruik - dat hulle ook wil help soos u hulle gehelp het. Vergeet nooit dat hulle op u hulp aangewese is nie, al verdoem My genade en barmhartigheid ook geen wese vir ewig nie. Dog eers moet hulle verharde harte aangeraak word deur `n liefdestraal, alvorens hulle My genadegawe sal opneem.

En Ekself lei hierdie siele, wat nog maar `n aansporing nodig het na u mense toe, om hulle ontwikkelingsgang in die hiernamaals te begin. Maar sonder liefderike hulp smag hulle nog eindelose tye in dieselfde toestand en vind nie die weg na omhoog nie. Bid vir hulle en vergeet hulle nie, want die leed is onmeetlik wat hulle liefdeloosheid en ongeloof hulle besorg het. Maar as u hulle wil help, is ook Ek met My genade en barmhartigheid altyd bereid om hulle omhoog te trek uit die nag van die dood - na die lig van die lewe. Want Ek kan dan nie u liefde weerstaan nie, wat u vir die ongelukkige siele in die hiernamaals toestuur - en Ek vergeef hulle die skuld, terwille van u liefde.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205