Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die siele in die hiernamaals moet gewys word op Jesus Christus

B.D.7839.-.22 Maart 1961

Wie My in die ryk hierna bely, die is ook vir alle ewigheid gered. Want sodra die siele wat nog in duisternis of in die skemering vertoef, hulleself nie meer teësit teen My Naam wanneer hulle deur ligbodes van My en My verlossingswerk getuienis afgelê word, wyk die duisternis ook van hulle. Die krag van My Naam sal op hulle inwerk en hulle na My toe dryf. Hulle sal my gaan soek en Ek sal My ook laat vind.

Maar die wil van die siele is en bly vry. En daarom kan daar ook `n lang tyd verbygaan, voordat hulle My sal aanneem, voordat die krag van die voorspraak deur mense werksaam word - of die ligbodes wat hulle vergesel sukses het, sonder om herken te word as hulle My evangelie bring.

Maar die inspanning vir hierdie siele word nie opgegee nie, en dit is daarom tot grote seën as siele daar opsetlik byeengeroep word, daar waar geestelike gesprekke plaasvind. Waar van die verlossingswerk melding gemaak word, sodat ook hierdie siele steeds weer op Jesus Christus gewys kan word, sodat hulle tog vrywillig die weg kan neem tot My en My om vergewing van hulle skuld smeek.

Want solank hulle nog onsalig is, is hulle skuld ook nog nie afgelê nie. En hulle onsaligheid kan hulle aanspoor om `n verbetering in hulle toestand na te strewe en na te dink oor hulleself, oor hulle lewe op die aarde en hulle verhouding tot My - hulle God en Skepper van ewigheid.

Hulle weerstand word verminder wanneer hulle liefderike voorspraak van die kant van die mense ondervind, as daar met liefde aan hulle gedink word en hulle die wil om te help bespeur. Dan word hulle weerstand teen die hulp wat steeds weer vir hulle in die hiernamaals gebied word ook minder, en die opgee van die weerstand is reeds die begin van `n opwaartse gang. Want met elke opwelling van so `n siel word rekening gehou en word daar `n klein lig vir haar geskenk, wat haar verbly en haar verlange daarna vergroot.

Die siele moet in die hiernamaals die weg tot My vind, as hulle My nog nie op aarde gevind het nie. En u mense kan baie daartoe bydra as u meer dikwels dink aan die siele wat in nood is. As u elke siel wat in u gedagte binnekom, steeds weer daarop wys om haar aan My toe te vertrou, aan die Goddelike Verlosser Jesus Christus, WIE alleen vir haar tot saligheid kan bring.

U liefdevolle gedagte wat vir hierdie siele bestem is, is as ligvonke wat vreugde in hulle opwek en waarop hulle altyd ag slaan en waarop hulle toestroom. Op aarde het hulle hulleself ver van alle geestelik onderrig gehou, hulle het slegs hulle aardse lewe geleef en so het hulle heeltemal sonder geestelike goedere die ryk hierna ingegaan na hulle dood. Nou moet hulle eers uit vrye wil geestelike goedere vir hulleself verwerf, hulle mag geen weerstand bied wanneer die evangelie uit liefde vir hulle uiteengesit word nie. En hulle moet dit ook in liefde deurgee aan hulle, wat net soos hulle is, en die hulle toestand sou wil verbeter.

Sodra u mense u oor hierdie siele ontferm, is hulle nie verlore nie. U gedagtes sal hulle altyd na u toe trek, en hulle sal deur u in ontvangs kan neem wat hulle tot nog toe afgewys het - maar nou as `n weldaad ervaar, omdat u liefde dit gedoen het; want die liefde is `n krag wat nie sonder uitwerking bly nie.

Dink dikwels aan hierdie siele wat nog in die duisternis smag, wat nog nie die weg na My in Jesus gevind het nie. Toon hulle die weg en maak hulle vertroud met die evangelie en u sal `n seënryke verlossingswerk verrig wat verskriklik belangrik is. In die besonder gedurende die eindtyd, omdat baie siele hulleself dan nog sal moet bevry uit die diepte, sodat hulle nie aan `n hernude kluistering ten offer val nie - wanneer die einde gekom het.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205