Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die waardeloosheid van aardse kennis in die hiernamaals

B.D.5801.-.4 November 1953

Slaan aardse kennis nie te hoog aan nie, want in die ewigheid kan u niks daarmee aanvang nie. Dit kan u wel vir die duur van u aardse lewe van nut wees, maar as u dit nie gebruik om vir u geestelike kennis te verskaf nie, deurdat u deur aardse kennis die insig verkry dat u `n skepsel van God is en dan moeite doen om die volle waarheid uit God te verwerf nie, dan sal u geen voordeel daarvan hê wanneer u die geestelike ryk binnegaan nie.

Maar ook die geestelike kennis wat suiwer verstandelik verkry word, word as aardse kennis beskou, wat dus wel geestelike probleme uitwys, maar net soos alle ander aardse kennis, deur studie verwerf was, met die doel om dit in `n beroep te gebruik.

En of u ook die boek van die vaders uit die kop leer, of u probeer om die goddelike woord uit te lê, wederom op grond van profetiese uitsprake, of u sin vir sin verstandelik beheer, dit alles kan tog nie hoër gewaardeer word as alle andere kennis wat nie- geestelike sake as inhoud het nie. Want ten slotte bly vir die siel net dit oor, wat haar deur onselfsugtige werk in liefde aan wysheid gegee is. Daar bly vir die siel slegs dit wat die gees in haar kon oordra. En dit vereis geen wêreldse studie nie, geen skerp verstandelike denke en geen buitengewone geheue nie, want die gees gee dit vir haar wanneer sy dit nodig het.

En watter nut het u aan `n rykdom wat u nie van kan gebruik nie? Dit is maar net dooie kennis, dit gee u geen helderheid nie en op aarde kan u nog nie eens die waarheid van die kennis bewys solank u gees u nie die ware insig en die oordeelskrag gee nie. U moet egter self vir hierdie gees in u daarvoor vra. U moet dit vir hom moontlik maak om homself teenoor u te uiter. Dan eers sal dit helder word in u en u sal ook `n helder stralende lig versprei by die ingaan in die geestelike ryk.

Geseënd is hy wat homself deur die gees laat onderrig en om gelyktydig sy aardse soeke na kennis te vermeerder. Na hom sal baie geestelike rykdom toevloei, vir hom sal aardse kennis ook ontsluit word, sodra sy strewe in die eerste plek die inwin van geestelike kennis is.

En hy sal al hierdie kennis waarlik seënryk gebruik wanneer hy sy aardse lewe afgesluit het. Hy sal alles wat hy besit kan uitdeel in die geestelike ryk, want hy sal ook weer leidinggewend en lerend op die mense kan inwerk, wat net soos hy soek en strewe in die verlange na God en na die waarheid.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205