Boek 44 - Die siel in die hiernamaals: Deel 1-3
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

 

Die versameling van geestelike goedere op aarde. Berou in die hiernamaals

B.D.4455.-.9 Oktober 1948

Wie vir homself op aarde geen geestelike skatte versamel het nie, sal tot die armstes behoort in die geestelike ryk, en ook heeltemal leeg ingaan deur die poort van die hiernamaals. En Ek wil u teen daardie lot behoed, omdat u die bitterste berou sal voel as u, terug kykend, die vele geleenthede sou besef wat u onbenut gelaat het.

Die armoede in die geestelike ryk is so hartseer en hopeloos dat dit u sal kwel en u heeltemal sal wil verlam, sodat u uself baie moeilik uit hierdie toestand van ellende sal kan bevry. En dit is tog op aarde so maklik om in die besit van geestelike goedere te kom, as u maar net aan My sal dink en verlang om met My te praat.

Want hierdie verlange verseker u reeds die toevoer van My woord in verskillende vorme. U sal daarheen gelei word waar u My woord kan ontvang, as u dit nie van My deur u gedagte kan ontvang nie, dit wil sê, My stem in u gedagte herken nie. Dit is egter verseker dat u uself innerlik geroepe sal voel om te werk in die liefde, sodra u in gedagte met My in verbinding tree - My dus probeer bereik, want Ek laat My hoor deur tot liefde aan te spoor, dan eers kan Ek heeltemal met u in verbinding tree.

Ten eerste probeer Ek u tot werke in liefde aanspoor en doen dit direk deur die innerlike stem, of deur aanwysings en aansporings van buite af, deur verkondigers van My woord - wat slegs die liefde predik. Luister na hulle en gee gehoor aan die woord wat van My uitgegaan het, dan versamel u vir uself ook geestelike skatte en verwerf so `n rykdom, wat by u bly tot in ewigheid, wat nóg op aarde, nóg in die hiernamaals van u afgeneem sal kan word nie, wat steeds maar weer sal toeneem, selfs wanneer u voortdurend daarvan uitdeel.

Om met hierdie goedere geseënd die ewige ryk binne te gaan, moet waarlik die meeste nagestreef word, want dit verseker u `n ewige lewe, `n lewe van werk in die geestelike ryk wat slegs gelukkig genoem kan word - en deur u as bomatig weldadig ondervind sal word.Wie egter heeltemal ledig ingaan, kan vir homself baie moeilik geestelike besittings in die hiernamaals verwerf, hoewel die nie heeltemal hopeloos is nie. Want ook daar word die evangelie aan siele gepredik. Maar op aarde staan dit hulle vry om dit aan te neem; net soos op aarde die aanneem slegs afhang van die wil, wat egter buitengewoon verswak is en sonder hulp deur aanvoer van krag ook nie korrek beslis nie.

En ook hierdie toevoer van krag is afhanklik van die wil van die siel om dit te benut om in liefde te werk, of van die liefdevolle voorbede van `n mens, om welke rede u mense uself nie genoeg oor hierdie arme siele kan ontferm nie, wat u hulp so dringend nodig het, omdat hulle op aarde versuim het om vir hulleself geestelike skatte te versamel wat hulle toestand in die hiernamaals tot `n salige maak. Hulle nood is groot, maar die mense luister nie na My woord nie, hulle glo nie en gaan daarom arm en met `n verduisterde gees die ryk hierna binne.

AMEN


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205