`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die wyse en manlike edele woorde van Muthaël tot Purista

(22 Augustus 1843)

100 Maar Muthaël het hom tot Purista gewend en aan haar gesê: “Purista, waarom kla jy nou duidelik teen die goddelike orde?

2. Ek was gloeiend, en jy kla oor my gloed; nou is ek koud, en jy kla oor my koelheid! Sê my, hoe moet ek dan wees dat jy nie oor my sal kla nie? Moet ek in die middel wandel tussen gloed en koud, moet ek lou wees?

3. Sien, hierop het jy geen antwoord nie! Maar ek sal jou `n korrekte antwoord gee voor God en alle vaders, en dit lui as volg:

4. Wanneer ek so teenoor jou optree soos wat die Heer dit wil, dan dink ek dat my gedrag korrek sal wees!

5. Is ek gloeiend van liefde, dan is dit die wil van die Heer dat ek gloeiend is; en is ek koud, dan is dit ook die wil van die Heer dat ek koud is; en as ek lou sou wees, sal ek dit ook nie wees sonder die wil van die Heer nie, ofskoon ek goed weet dat die louheid nêrens in die orde van die goddelike dinge opgeteken staan nie, waarom die Heer my ook beslis nooit in die toestand van louheid sal laat beland nie!

6. Het jy egter `n korrekte vertroue in die Heer en Vader van alle mense, hoe kan jy dan skroom en wenend na my toe kom asof ek jou een of ander belediging moet vergewe?!

7. Sal die Heer nie slegs dit doen wat Hy werklik wil nie en ons te gelegener tyd, of wel verbind of skei nie?! Of dink jy dat dit miskien tog heimlik in ons mag gelê het?

8. O sien, ek, nóg jy, nóg Henog en al die ander vaders kan dit na eie behore deursien nie, maar dit kom slegs op die Heer neer!

9. Of ons mekaar nou met alle gloed bemin, en of dat ons mekaar wedersyds vermy, dit is dieselfde; as ons die belofte het, dan sal die Heer ons tog verenig, vooropgestel dat die belofte geen belofte ter beproewing is, waardeur ons aan onsself moet ervaar of ons wedersydse liefde nie miskien heimlik sterker is as ons liefde tot Hom nie!

10. En as die belofte so gedoen is, wat ek nie één oomblik wil betwyfel nie, dan moet ek die Heer nou uit alle mag dank dat Hy my dwase gloed getemper het, wat opgewek was deur Sy heilige belofte ter beproewing en deur die son in jou oë, en ek dink dat jy, omdat jy `n suiwer uitverkore maagd van die Heer is, wie Hy op Sy allerheiligste hande gedra het, my gegronde opvatting in jou hart tog sekerlik hoogs billik sal vind en dit ook met my sal deel!

11. Daarom verklaar ek hier ten opsigte van God en alle vaders dat ek, solank die Heer my nie duidelik sal laat weet om jou tot my vrou te neem nie, my so ten opsigte van jou sal gedra, as teenoor elke ander jong vrou, wie die Heer my nie beloof het nie!

12. En ook vir jou wens ek, as jou broer, dieselfde gesindheid toe welke alleen jy vir ewig allergetrou met die Vader sal verbind !

13. Hou jou aan die Heer en sit alles op Hom, en jou hart sal dadelik die korrekte afkoeling en die soetste troos kry! Dit is egter alles wat my nou geheel aan God toegewyde hart jou kan wens. Doen dit, en jy sal in die heilige belofte die korrekte Lig aanskou! Amen.”

14. Hierop het Purista haar gesig bedek en gaan geheel gegryp deur die Wysheid van Muthaël na haar herd en het begin om intens oor die woorde van Muthaël na te dink, en sy het dit steeds beter gevind.

15. Maar Henog het aan Lameg gesê: “Broer, hou jou gereed; want nou kom jy weldra aan die beurt om woorde te praat vanuit die diepte van God se liefde in die mens!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205