`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se afwysende antwoord en goeie raad, om hom tot die Heer te wend. Oor die verskil tussen die woord van God en die woord van mense

(26 Augustus 1843)

104 En toe Lameg hierdie wens van Muthaël verneem het, antwoord hy: “Ja, geliefde broer Muthaël, vir sover my geringe kragte dit toelaat, sal ek aan jou versoek gehoor gee!

2. Jy sou die wese van die liefde tot die vrou graag wil ken en wat dit nou eintlik is, en jy sou wil weet waar jy staan met Purista, met betrekking tot die belofte van die Heer?

3. Dit, beste broer, is voorwaar geen gewone wens nie, want ek sien immers die goeie doel wat jy met die korrekte kennis wil verbind; maar voordat ek vir jou ook maar `n enkele woord daaroor sal sê, moet ek jou op iets baie belangrik toon, wat ons by ons voorgenome uiteensetting, tog nie buite rekening mag laat nie, en dit is na my helder mening die volgende:

4. Aan my en jou is alles geleë aan die eindelose liefde en erbarming van God, Wie nou ons allerheilige Vader is; ons weet dat Hy Hom op die korrekte tyd aan elkeen openbaar wat Hom in alle liefde van sy hart tot Hom wend en vas daarop vertrou dat die Heer hom sekerlik sal hoor in alles wat hy Hom in waaragtige liefde en vertroue sal voorlê. Dit weet ons dus.

5. Maar nou vra ek jou of jy self aan hierdie belangrike omstandigheid in jou hart gedink het! Ek sou jou graag met my kennis en ervarings wil dien as ek nie weet dat ek, sowel as jy, ons sou besondig voor die Heer as ons nie eers op Sy eindelose goedheid, barmhartigheid, liefde en erbarming vertrou nie!

6. My mening is daarom as volg: Jy moet jou in hierdie saak egter eers vol liefde en vertroue tot die Heer wend as ons heiligste, mees liefdevolle Vader, en Hom vra wat jy van my sou wou weet, en ek is van geen enkele saak so buitengewoon seker oortuig as juis van die feit dat die Heer jou nie lank sal laat wag op `n duidelike antwoord en `n getroue openbaring van Sy allerheiligste wil nie!

7. Nou sê jy weliswaar in jou hart dat ook my woord, net soos dié van Henog, immers suiwer goddelik is, omdat ons nie anders praat as dit alles wat ons deur God se Gees ingegee word om te praat nie!

8. Dit, liefste broer, is op sigself wel absoluut waar, en ek en Henog sou beslis tot die grootste sondaars gereken kan word as ons sou beweer: “Dit alles praat ons vanuit onsself!”

9. Maar sien, liefste broer, daar buite, nouliks honderd treë hiervandaan, stroom nog dieselfde stroompie wat, volgens my waarneming, sy oorsprong het in die mees wonderbaarlike, heerlike grot op die hoogte; gaan proe dieselfde water daar, en jy sal `n geweldige verskil vind! Een druppel by die fontein sal jou meer versterk en verkwikking gee as wanneer jy hier, waar die oerkrag van die water meer vervlugtig is, vinnig `n vat vol sou leegdrink!

10. Sien, presies so is dit ook met die Woord van die Heer, want dit het in my ook reeds die meeste lewende krag afgegee en stroom dan van my na jou soos `n baie gewone ander woord en klink asof dit van my was, sodat dit vir `n tweede toehoorder ook nie meer die magtig oortuigende, lewende krag het as vir my nie, omdat ek uit die oerbron put!

11. Daarom raai ek die volgende vir jou aan: Gaan na die oerbron terwyl dit vir elkeen net so toeganklik is, en één druppel sal jou meer baat as duisend druppels uit die stroom van my mond!

12. En as jy die oerbron nie kan vind nie, dan sal ek jou graag help soek! My raad en my les in jou aangeleentheid moet egter hierdie laaste woorde wees!

13. Volg daarom, beste broer, my raad op! Ek dink dat dit korrek sal wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205