`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Uranion as herbergier van die herberg. Purista word na die heuwel by Muthaël geroep. Adam se nuuskierigheid en heilsame skrik

(29 Augustus 1843)

106 Toe die hele geselskap hom buite bevind het, word hulle ontvang deur die kinders van die môre, wie gewoonweg onder mekaar gewedywer het hoe hulle die vaders die voortreflikste kon onthaal.

2. Maar die vaders wou dit nie en het hulle te kenne gegee dat hulle hierdie nag in hulle midde wou deurbring en wel in die woning van Uranion.

3. En Uranion het sy kinders dadelik beveel om alles op sy allerbeste gereed te maak en vir `n goeie aandete te sorg, en dit word toe stiptelik uitgevoer.

4. Nadat Purista alles in haar kombuis georden en God die eer en die ware lof van haar hart gegee het, gaan sy ook die geselskap agterna, om te hoor of hulle vanweë die op hande synde Sabbat `n offer in die kombuis moes voorberei, of dat die vaders sou terugkeer na die hoogte om die offer daar te verrig. 

5. Maar nog voor sy haar mond geopen het om die vraag aan die vaders voor te lê, het sy uit die rigting van die môre `n roep verneem wat so geklink het:

6. “Purista, geliefde van my hart, kom hierheen op hierdie hoogte wat hom ongeveer sewentig vadem agter Uranion se woning soos jou bors so sag verhef! Ek het belangrike dinge om jou mee te deel!

7. Vra egter nie wie die een is wie jou geroep het nie, maar kom! En alleen! Niemand moet jou begelei of volg nie, want ek moet alleen met jou praat. Wees maar nie bang nie, want daar sal van jou geen haar gekrenk word nie!”

8. Aangesien ook alle ander van die geselskap hierdie roep verneem het en dus ook Adam, gaan hy dadelik na Henog en sê:

9. “Wel aan die Heer alle lof! Dit is `n las van my hart! Want dit is Muthaël se stem, en sodoende is dit duidelik dat hy nog leef en geen ongeluk gehad het nie!

10. Maar wat se belangrike dinge het hy nou so laat in die aand om nog alleen te bespreek met Purista?!

11. Dit kom my werklik ietwat verdag voor; want kyk, die meisie het daarheen gegaan nadat sy die roep gehoor het, sonder om ook maar verder na ons om te draai, en wel soos `n jakkals wat `n hoender roof!

12. Daarom kom die saak ietwat verdag vir my voor en moet ons tog `n bietjie voor oë hou wat my goeie Muthaël so heel alleen met Purista wil doen en bespreek!”

13. Maar Henog antwoord Adam: “Vader Adam, daar is maar al te veel tye en omstandighede waarin dit vir die vaders `n heilige plig moet wees om baie sorgvuldig, veral op hulle dogters te let, as hulle in hulle eerste jare van geslagsrypheid kom en baie sinlik is, en hulle verborge dinge doen en heimlik of onder sleg versinde voorwendsels na afgeleë velde en heuwels gaan. Want daarvan het ons genoeg treurige voorbeelde en die gevolge van sulke heimlike dinge, en die wandelinge van die jong vrouens in velde en heuwels is nie onbekend vir ons nie, en die kinders in die streek van die middernag het grotendeels so `n oorsprong! Ek dink dat jy begryp wat ek bedoel?!

14. Maar hier is dit `n heel ander geval; laat ons Purista maar heeltemal onbesorg aan Muthaël toevertrou en hom met haar laat doen wat hy wil, dan sal alles wel goed gaan! Laat ons onsself intussen met Lameg en sy metgeselle besighou!”

15. Maar Adam was hierdie keer nie tevrede met die woorde van Henog nie en het daarom aan hom gesê: “My seun Henog, ek is dit nie heeltemal eens met jou woorde nie, want Muthaël en Purista is nog geen onfeilbare engele van God nie, en die slang is nog nie gedood nie! Dit is al genoeg dat hulle nog hulle vrye wil het! Sy kan verlei word en baie maklik ten val kom as ons hulle alleen laat! Daarom is ek van mening dat ons tog ten minste heimlik, baie goed in die oog moet hou wat daar gebeur !”

16. En Henog het gesê: “Vader, as jy so besorg is daaroor, gaan spioeneer dan; maar kyk dat jy nie `n geweldige skrik daardeur sal moet deurstaan nie!”

17. Maar Adam het hom nie laat weerhou nie en gaan op die hoogte kyk wat Purista met Muthaël maak.

18. Maar hy het nog maar nouliks agter die woning van Uranion gekom, of hy het die hele heuwel in vlamme gesien en om die vlamme aan die voet van die hoogtetjie hele kuddes grimmige tiers, wat, toe hulle Adam gesien het, aanstaltes gemaak het om orent te kom.

19. Hierop het Adam hewig verskrik teruggespring, het uitasem by die geselskap aangekom en hakkelend vertel wat hy gesien het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205