`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg se kalmerende woorde tot Adam. Oor die mag van die gewoonheid en oor die seën van die geestelike uitbranders. Die doel van ons swakhede

(2 September 1843)

110 Toe Lameg hierdie wens van Adam verneem het, wie inmiddels weer tot bedaring gekom het, gaan hy na hom toe en het gesê: “Verhewe vader van die mense van die aarde! Jy is regverdig voor God en voor ons, jou kinders, en waar op aarde leef die mens wat die liefde in jou sou misken, waarmee jy al jou kinders opgevoed het tot eer en lof van Hom Wie hulle aan jou gegee het?!

2. Maar soos ek nou wel opgemerk het, oorheers die goeie van al jou kinders weliswaar in jou; maar die swakhede van jou kinders in jou lyk ook langsaan hulle oorsprong in jou te hê, en jou op die proef gestelde gemoed is beslis nog nie heeltemal bevry van menige vooroordeel nie!

3. Daarom sal jy my wel vergewe as ek my die vryheid veroorloof, om jou in alle opregtheid duidelik te maak dat die woorde van Kenan ten eerste op my gemik was. En ten tweede dat Henog, toe hy deur sy kort uitlating vir Kenan teenoor jou verdedig het, my nog veel duideliker as Kenan self deur woord, oog en hand aangegee, dat ek myself moes ondersoek om te sien hoeveel van sodanige onsuiwere Wysheid nog in my skuil!

4. Ek het die wyse raad ook onmiddellik opgevolg en ontdek hoe, gedurende die hele gesingde toespraak van Kenan, my gemoed presies ooreengestem het met sy woorde, maar het toe ook by die opmerking van Henog ontdek, dat `n ou gewoonte `n egte ystergewaad is wat mens nie in staat is om uit te trek, as dit werklik op iemand se liggaam vasgesmee is nie.

5. Sien, dit is baie getrou die inhoud van Kenan se woorde en Henog se opmerking, en ek sou met my lewe vir die waarheid van my uitspraak instaan as `n mens dit van my sou verlang het!

6. Dat sommige ander ook hierby die gevoel gehad het dat dit `n bietjie op hulle gemik is, dit vind ek baie natuurlik en ook volkome korrek; want ons almal is immers tog op bepaalde punte min of meer swak te noem, en daarom vind ek so `n algemene teregwysing gladnie oorbodig nie. Want daardeur word menigeen self van sy swakhede gewaar en kan dit dan op `n goeie manier loslaat, terwyl `n mens dit andersins tot aan die einde van sy lewe in hom kan hê.

7. Daarmee wil ek nie alleen Henog nie, maar ook jou, o vader, en ook al jou kinders verontskuldig het; want die Heer het die swakhede aan die mens gegee, ter selfstandige beproewing, en slegs deur die swakhede is alle geestelike vryheid vir ons moontlik, en ons kan juis deur die erkenning en die oorwinning daarvan eers volkome vry word in die gees.

8. Want die swakheid in ons, is `n onvoltooide deel van ons wese wat met opset deur die Heer gegee is, wat onsself moet voltooi om daardeur die goddelike gelykenis van ons gees in onsself te bekragtig en te regverdig en daardeur `n waaragtige vry lewe vir ewig midde in onsself te grondves.

9. Maar as ons ons swakhede eerder verberg as blootgelê in ons wil dra, dan benadeel ons immers maar net onsself en dan is dit ons eie skuld as ons ten slotte deur die swakhede ten gronde gaan!

10. Daarom, vader Adam, kan jy vir Henog, Kenan en myself wel vergewe as ons jou te na gekom het?!”

11. Hierdie woorde van Lameg het Adam weer so volledig versoen dat hy nou ook weer na Henog wou luister.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205