`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Eva en Adam staan op van hulle bed en word deur Henog oor die aangekome gaste op die hoogte gebring. Muthaël met sy vrou Purista en die twee hemelse gaste. Die diepsinnige woorde van die Heer tot Adam

(6 September 1843)

113  Eva het weliswaar probeer om Adam ook hierdie keer teen te hou; maar Adam het aan haar gesê: “Luister na my, vrou! As ek nou hier bly, en dit sou wees dat die Heer Self na die kinders gekom het, wat dan? Moet ons ook dan rus?”

2. En Eva het gepraat: “Ja, as die Heer by die kinders is, dan is dit geen tyd om te rus nie, nóg oordag, nóg in die nag; dan sal ook ek nie eers in die oggend opstaan nie, maar nou saam met jou!”

3. En Adam het dit `n goeie idee van Eva gevind, en so het hulle beide opgestaan van hulle bed en het hulle na die geselskap begewe, wat hulle baie opgewek en lewendig met mekaar besiggehou het.

4. Maar toe Henog Adam opgemerk het, gaan hy dadelik na hom toe en het gesê: “Vader Adam, ons gee jou geen rus nie! Dit sien ek wel, maar hierdie keer is dit nie anders moontlik nie!

5. Sien, daar op die voorgrond sit Muthaël al met sy vrou Purista, deur die Heer Self met haar verbind!

6. Wat kan ons dan beter doen as om ons te verheug oor die vreugde van `n kind, ja, in die gees van `n broer, wie deur die Vader van alle heiligheid en liefde Self besoek word, om die regte vrou vir hom te bring, die oomblik toe hy sy hart volledig van haar afgewend het, en haar aan Hom, die Vader van die ewigheid, opgeoffer het?!”

7. Deur hierdie woorde van Henog en deur hierdie aanblik word Adam tot trane geroer. Hy kyk dan ook byna onafgewend na die eerste gehude paar en het die in stilte in sy hart geseën.

8. En toe hy so na hulle kyk, het hy ook twee vreemde gaste in hulle midde gesien waar die nuwe egpaar hulle bevind het en hy weet nie waar hulle vandaan gekom het nie.

9. Henog het egter gesien waarna Adam in sy hart gesoek het; en daarom het hy dadelik ongevraagd aan Adam gesê:

10. “Vader, jy soek in jouself of die vreemdes aan jou bekend is en sou graag weet wie dit is en waarvandaan hulle gekom het? En, omdat ek nou hoogs opgewek is, wil ek jou dit ook dadelik meedeel, sodat ook jou hart in alle vreugde kan oorgaan!

11. Sien, vader, die Een Wie aan die sy van Purista sit, is die Heer Self! En wie aan die sy van Muthaël sit, is die gees van Zuriël, die vader van Ghemela, wie aan die linkersy van die Heer sit en haar Lameg naas haar.

12. En so sien jy nou twee egpare wie se kinders met hulle kinders `n nuwe aarde sal betree!”

13. Hierdie woorde van Henog het Adam en Eva se harte gebreek, sodat hulle beide geween en van vreugdevolle weemoed nie in staat was om te praat nie.

14. Nou het die Heer opgestaan en gepraat: “Adam, kom nader en staan by My!”

15. En Adam het na die Heer toe gegaan .

16. En die Heer het gepraat: “Adam, as jy alleen sal wees en Ek deur die duisternis van die grafte van die dood na jou toe sal kom, sal jy My dan wel herken in die nag?

17. Sal jy My herken as Ek jou uit jou diepe slaap sal wek en aan jou sal sê: “Adam, staan op, kom en leef!”

18. Sal jy My wel herken op `n nuwe aarde, in `n nuwe hemel, as hierdie aarde en hierdie hemel sal vergaan soos `n ou kleed?”

19. Diep bewoë het Adam gevra: “O Heer en Vader, wat is dit? Wanneer sal dit gebeur?”

20. En die Heer het gesê: “Kyk hier, kyk daar gunter; dit lê reeds voor jou! Die ewigheid bewe, en die oneindigheid sidder vir My; want nou plaas Ek `n wagter, en sy swaard sal stry met diegene wat dood is!”

21. Hierop het Adam hom na die grond gebuig en gepraat: “Heer, watter woorde praat U? Wie kan die betekenis daarvan begryp?”

22. En die Heer het gesê: “Die tye van die tye sal dit begryp en diegene wie uit jou is; maar jy sal rus en dit nie eerder begryp en herken nie, totdat Ek aan jou sal sê: “Adam, staan op, kom en leef!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205