`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die eerste kerk en die latere verval van die mense. Adam se afskeidswoorde, testament en dood

(11 September 1843)

115 En so was die mense van die aarde nou volkome onderrig en verryk met alle kennis. Die kloof tussen die hoogte en die laagte was opgehef, sodat elkeen ongehinderd vanuit `n volkome vrye wil kon handel.

2. En so was die erkenning van God ook volkome lewendig en die eerste kerk sodanig gegrondves, dat elke mens die innerlike wêreld van die gees in die suiwer liefde tot God daarin kon vind.

3. En so was alles volkome goed solank as wat die eerste oervaders geleef het; maar toe hulle weggeroep was en dus die een na die ander sterf, het dit helaas weldra anders geword. 

4. Die wêreld het steeds meer begin om die oorhand te kry, die geestelike het verlore geraak, en ons het baie spoedig heeltemal materialisties geworde mense gesien wie van die gees nie veel meer geweet het as die mense van die huidige tyd nie, en hulle derhalwe ook nie meer deur My gees laat lei en bestraf het nie. 

5. Want die slang het geweet om die natuur van die aardbodem soseer te seën met haar vloek, dat dit alles in so `n oorvloed voortgebring het, dat die mense daardeur weldra verslap en tot luiaards en leeglopers geword het.

6. Die verdere verloop sal dit nog duideliker onder elkeen se oë bring.

7. Adam het negehonderd-en-dertig jaar oud geword, en het al sy hoofstamkinders byeengeroep en aan hulle gesê:

8. “Kinders, nou het ek negehonderd-en-dertig jaar op die aarde geleef en het baie moeg en swak geword!

9. Ek het daarom my God en julle God gebid of Hy my sou versterk of van die aarde wegneem, soos Hy in die tyd van die groot openbaring vir Zuriël, Sehel en Pura na Hom toe geneem het.

10. En toe ek so gebid het, sien, toe het die Heer met my gepraat:

11. “Luister Adam. Ek het jou tyd gemeet en die maat vol bevind; daarom sal Ek jou gebed ook verhoor en jou wegneem van die aarde, wat jou voete reeds geweldig vermoei het.

12. Maar soos die drie wat jy genoem het, kan jy die aarde nie verlaat nie, omdat jy in jou vlees gesondig het!

13. Daarom sal jou liggaam aan die aarde, vanwaar dit geneem was, teruggegee word, sodat die slang haar deel van jou kan kry!

14. Maar jou siel met die gees uit My, sal Ek van jou liggaam losmaak en haar na die regte plek lei, waar jy My erbarming in alle rus van jou hart sal aanskou.

15. En Ek sal `n engel na jou toe stuur; die sal jou van jou liggaam verlos en wel op hierdie dag.

16. En soos jy die tydelike sal verlaat, sal almal dit moet verlaat wat in hulle liggaam gesondig het.

17. Want soos wat die sonde deur jou in die wêreld van jou kinders gekom het, so sal ook die dood van die vlees kom. Amen.”

18. So het die Heer gepraat en so is dit vandag die laaste dag van my aardse bestaan in julle midde; want dit is die wil van die Heer!

19. Eva, julle moeder, sal nog enige tyd lewe; hou haar in ere en sorg vir haar totdat die Heer haar ook sal roep!

20. Aan jou, Henog, dra ek my woning oor en alles wat daarin is; en die eerste sorg vir julle moeder is aan jou toevertrou!

21. Aan jou, Set, gee ek al die grond en alles wat dit opbring! Daarom moet jy sorg vir almal wat in my huis sal woon; want dit sal voortaan die eiendom van die hoëpriester bly, en hy sal lewe van die tiende deel van alle opbrengste van die land.

22. So wil God, die Heer dit voortaan hê! My liggaam moet Henog, Jared, Metusalag en Lameg heimlik begrawe op `n plek wat, behalwe hierdie vier, niemand mag weet nie, sodat die kinders nie daarheen sal gaan om hierdie plek goddelik te vereer nie. Dit alles is die wil van my en van die Heer! Handel daarvolgens! Amen.”

23. Daarop het Adam alle hoofstamkinders en langs hulle alle mense van die aarde geseën, toe sy hoof gebuig en gesterf.

24. En alle kinders het hulle kleed geskeur en geween en gerou, vir ongeveer `n jaar lank.

25. Adam was op `n hoë berg begrawe, en niemand, behalwe die vier, het van die plek geweet nie.

26. En Henog het die huis van Adam betrek met sy vrou en sy kinders en het gesorg vir Eva, wat nog dertig jaar na die dood van Adam geleef het.

27. So was in alles die testament van Adam in ag geneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205